Ek kyk nie gereeld saam met Rots sport op die teevee nie. Dis sy ding. Saans en naweke is die afstandbeheer sy eiendom. Hy pleeg harder as ek ekonomie en laat my soveel vryheid toe. Dis die minste wat mens kan doen. Sielgeluksalige Rots, baie gelukkige huis. Soveel boeke om te lees. Hehe.

Gisteraand kom hy en Bab flou tuis, lang dag, baie spanning – Bab se operasie Vrydag oggend eerste in die ry vir die knope in ons mae. Ander oorlewingsgoed kort op die hakke, maar daar is ook rede om vrolik te wees.

Ek moes al 17h00 die tweede keer die ou kragopwekkertjie aanskakel, verlengkoorde aanlei en sorg dat yskaste, wifi en so aan die gang bly. Hier by ons op die plaas tree Eskom getrou om 09h00, 17h00 en 01h00 aan om vir twee-en-‘n-halwe uur per keer in die 24-uur silkus ons ons duisternis beurt te gee. Sewe en ‘n halwe uur per dag . Ek het geen idee hoe mense sonder kragopwekkers oorleef nie, ek is waarlik gelukkig dat ons plan kon maak om sonder Eishkom te kan oorleef, ook maar seker solank brandstof hou…maar dis nie my relaas nie

Ons besluit om Fish Friday en tjippies te maak as die krag weer aangaan. Plaas kitskos. So maak ons drie ons tuis om die T20 krieket wedstryd te kyk, Bab en ek so met een oog op die spel, die ander met ons tablette, maar ons is bymekaar, dit tel vir Rots. Ek sit nog lekker en lees, toe gil die twee huisgenote van my. Skrik my amper in ongeloof in!

Dadelik moet ons kyk-weer. Reeza Hendriks het ‘n briljante keer- en vangskoot briljant hanteer. Het my aan klomp positiewe dinge wat wenners, wenners maak laat dink:

  • Gary Player se wysheid: “The more I practice, the luckier I get.”
  • Follow your gut instinct
  • Follow through once you commit
  • Cricket is battle and service and sport and art – Douglas JArdine
  • Bliksem, dit was goed (ek weet nie wie dit eerste gesê het nie. 😉 )

Kyk self die kiekies. Hy sien ‘n vangskoot raak, en besef op die nippertjie dat as hy oor die grens trap is dit ‘n ses vir Sri-Lanka. Hy gooi die bal veld se kant weer die lug in, trap uit, spring terug. Sy oog nimmer van die bal nie. Daar vang hy wrintie die bal. Ses gekeer en Sri-lanka ‘n kolwer kwyt.

Dankie jong man, dat jy my weer laat besef het mens moet fokus, mens moet towegewyd wees, en as jy iets besluit, dan doen jy! Heita, knap gedaan, jongman! Die tannie voel sommer begeesterd.