
Waar kom digitalis – die beste hart medikasie vandaan? En Kinien vir malaria behandeling? Penisilien? Het Fleming dit rêrig per ongeluk ontdek in 1928? Aikona.
Hierdie moderne wondermiddels het hulle beslag in volksgeneeskunde, of wat ons hier aan die suippunt (oeps – suidpunt) van Afrika sommer boererate noem. ‘n Interessante oorsprong het elkeen van die drie geneesmiddels wat vandag algemeen is.
‘n Tannie in Shropshire, Engeland het aan watersug (edeem) gely. Vergeefs het haar arts probeer om haar te help. Op ‘n dag doen hy huisbesoek, en tot sy verstomming is die tante afgeblaas aan die oormat liggaamsvog! By navraag gaan wys sy vir hom ‘n blomplant in haar tuin. Sy het elke dag ‘n aftreksel van die plant se blare gemaak en gedrink. Die plant Digitalis purperea.
Maar, nou wil ek ook sê dat ‘n regte, egte boereraat wat ek raakgelees het, goddank nie die mediese wêreld gaande gekry het nie: “Slag twee varke tegelyk, maak die blase leeg; die pasiënt water dan in die twee blase, draai die kroppe van die blase aan mekaar vas, hang hulle in ‘n koelteboom, net soos die water in die blase opdroog, so neem die water in die pasiënt af.”
Bid jou aan!
Eeue gelede het ‘n Suid-Amerikaanse prinses ernstig soek geword. ‘n Onderdaan het op ‘n dag by die paleis aangekom met die bas van ‘n oerwoudboom. ‘n Tee van die bas is getrek en die prinses het wonderbaarlik herstel. Haar naam Cinchona, haar siekete malaria.
Van die boombas is aan Europese wetenskaplikes op hulle ontdekkingsreise na Suid-Amerika gegee. Vandag is die kinienboom se bas bekend as Cortex cinchonae en grondbestanddeel vir kinien wat ons in malaria moetie kry.
Ek lees op in die boererate boek dat ene Me. Aletta van den Berg aanbeveel dat jy kruienaeltjies in ‘n bottel jenewer trek. Drink drie maal per dag, is die raat se instruksie. Hoeveel sê hulle nie. Jy sal seker van die koors vergeet as jy genoeg drink….
Dis eintlik die kinien in tonikum water wat saam met jenewer bedien word, wat die ware moetie is.
Lank voor Fleming penisilien per ongeluk ontdek het, het ons kaalvoet oor die berge vooroumas geweet die kim op die appelkooskonfyt help om besmette wonde en sere te genees.
Ek is nog altyd verwonder oor ons voormense, deur die eeue heen, en genesing. Die medisyne tannies en omies met hulle treksels en kruie het ‘n waardige plek in die samelewing beklee. Volksgeneeskunde het ‘n plek en het waarde. Want die mensdom moes maar so met middels tot hul beskikking oorleef. Hoeveel maar placebo en troos was, sal ons nou nie kan weet nie. Ek het al self wondere verrig met suikerwater, omdat wat saam met die suikerwater, jou basiese omgee is. Dikwels is empatie die ware medisyne.
Antoinette Pienaar en haar omie daar in die Karoo se kennis oor die geneesmiddels uit die veld is verstommend. Ek lees haar skryfsels nie net omdat die kruiekennis my interesseer nie, sy bedryf Afrikaans so mooi!
Aan eie bas, was Vrydagaande as kind in Ouma se huis, nagmerrie tyd. As daai bloubottel kasterolie uitgehaal word en ons klomp kleinkinders moet in ‘n ry ons eetlepel vol afwag. Eish. Daai blougeverfde badkamer en die kleinhuisie onder die bloekomboom was Saterdag-oggende gewilder as ons speelplekke in die boord en by die watervore!
Self, plant ek stink afrikaners om goggas weg te hou van groentetjies, wilde als en roosmaryn en laventel en malvas hou goggas en kruipende en vlieënde peste buite.
In die huis – seldery help vir tandesny se jeuk, naeltjies is goeie noodhulp as daai tand in die middel van die nag begin pyn, as jy nie oordruppels het nie, bietjie olyfolie louwarm op ‘n watte gedrup en die pluisie in die oor bring verligting. Tot jy by die geleerde medisyneman kan uitkom.
Asynlap op die kop, aartappel vir seer voete en varkblase in bome – daai kaait vlieg nie by my nie!
Bron: Volksgeneeskuns in Suid-Afrika. ‘n Uitgebreide versameling boererate/ Saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Tweede druk 2010. Protea Boekhuis
Ons InLinkz-skakel vir hierdie week se uitdaging: https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994 Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
The post Lê-Jou-Eier: Ons gesels oor kwale en boererate appeared first on Dis Ekke.
Baie interessant. En moenie die Khoi-San se veldmedisyne vergeet nie. Ek het darem bietjie binnepret gehad met jou lapsus digitalis (nie die purpurea een nie, maar die “glips van die vinger ” soos ons die Latynse frase in Afr sou vertaal, of te wel “tikfout”) die “suippunt van Afrika” en net daarna wei jy breedvoerig uit oor die medisinale waarde van jenewer! Wag, ek moet loop, dis tyd vir ‘n jenewer en tonikum water!
LikeLiked by 2 people
🙈🤣🤣🤣
LikeLike
Interessant Vuurvliegie. Jy kan darem ‘n ding lekker navors en uitlê. Dis seker ‘n onderwerp waaroor ‘n mens dae lank kan debat voer, maar daar moet tog ‘n rede wees waarom mense soveel geloof in die ou medisynes gehad het. Soos jy nou tereg uitgewys het – baie moderne medisynes het hulle oorsprong in die ou kruierate.
LikeLiked by 2 people
Baie interessant. Twee varke, nogal. Sjoe, hulle gaan darem eet hoor!
LikeLike
Jinne, kan jy dink wat die aanvraag na varkblase kon veroorsaak, soos die na renosterhoring…
LikeLiked by 1 person
Ek wil nie eers daaraan dink nie! 😳😱
LikeLike
🙊🙈🙉
LikeLiked by 1 person
Sejoe, haal jy n hele ensiklopedie hier tevoorskyn!! Janee ek weet ook nie so mooi van vark derms en blase en goete nie..
LikeLike
Ag as Adam en Eva net nie van daardie boom geeët het nie was al die rate en navorsing onnodig. Maar dit is heel interessant…behalwe die varkblase. Ek het op ‘n stadium vodka en “iets” getrek (kannie die iets onthou nie) en op nugter maag ‘n eetlepel vol gedrink vir my maag. Toe kom my pa met sy kondensmelk en Turlington raat wat makliker was om aan te maak.
LikeLiked by 1 person
Ouma en Oupa het ook in die Turlington geglo..sommer in suiker. Daar was ook altyd ‘n rytjie Lennon botteltjie – Witdulsies, Balsemkopifa of soeits en vele ander. Ouma was die baas daarvan en het dit na behoefte doseer, maaar helaas die kennis is nie oorgedra nie.
LikeLiked by 2 people
Turlington werk baie goed. My dogter het eenkeer by Augrabies haar voet redelik diep gesny. Moes haar eintlik dokter toe vat, maar het die voet ontsmet en van my kondensmelk turlington daarop gesit. Volgende oggend was sny toegetrek. l
LikeLiked by 2 people
Jy het darem nou vir ons ‘n heerlike stuk interessanthede opgedis. Ek het dit baie geniet, dankie!
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees hier by jou. Antoinette Pienaar het darem n wereld se wysheid as dit by kruie en kwale kom. Gelukkig het ek haar boek gekoop en saamgebring. Ek het voor ek getrek het altyd na haar program oor die radio geluister.
LikeLike
Ma glo ook aan haar plantmedisyne en toevallig ken sy digitalis wat gemaak word van die foxglove plant want pa drink dit vir sy vergrote hart. Hy was ook net so opgeblaas soos daai tannie en daai blomme het hul werk goed gedoen. Ons het nou lekker gelag vir die varkeraat. Arme otjies. 😀
Daar is baie boererate en selfs speserye wat goed help vir baie kwale. Ma is lief vir haar Turmeric (borrie) en pa vir sy rooipeper sout (Cayenne) en soos Kameel genoem het, is Turlington en selfs Staaldruppels baie goed vir seerplekke en wonde. Ma drink weer peppermintolie as haar dikderm bietjie seer is.
Ma se ouma het geglo aan asynlap op verstuite enkel of gewrig soos die keer wat Ma haar kleinpinkie gebreek het en ouma toe asynlappie opgesit het, maar die pinkie het gebreek gebly. Ek dink nie dit help vir breke nie.😅
Ek hou van aartappels maar nie op my voete nie. Ek sal eerder dat Ma vir my chips maak daarvan. Dis lekkerder. 😀
LikeLike
Rambo, daar is rate en dan is daar rate met slangolie, sommer net placebo twak. My ma is deur haar groot griep en ouma se turlington, borsdrupprls, peperment, kaneel, heuning en gemmerbrandewyn het haar gered. Sjoe sy het ons uit ons blaf gehoes. Groeye. Ons is jaloers dat jy by die see kon sien jou ma en pa is lief. Hier by ons kry ons te koud om op te let. Groete van die Watervalbende.
LikeLike