
Gedurende hierdie 40 dae (Lent) besluit ek om Jesus se 40 woestyndae te betree saam met NG Graaff-Reinet en * Mosaiek Lent 2019. So eenkant ver, alleen op die plaas buite Polokwane, maar ook daar in my geliefde sielsplek.
Soveel gewaarwording en seëninge net die afgelope paar dae op die reis.
Ek leer dusver
…in hierdie herfstyd, waar bome hulle blare afskud, om die winter se rus af te lê, oppad na die lentebloeityd, moet ons ook so voorberei. Dinge aflê, laat los en laat gaan. Nuwe groei en genade lê voor.
…stilword is wanneer ons beter leer luister, sien en hoor.
…om in die woestyn in te gaan met God se Woord , leer ek saam met Malcolm Guite ” the Book you open, always opens you!”
…dra nooit die woestyn binne jou nie. Woestyne van binne groei tot alles koud en dood is.
…om vol te wees aan goeters, soveel soos die sandkorrels van die woestyn, maak jou leeg aan God en Sy Liefde. In die woestyn maak ek leeg aan goeters, en word vol van wat God wil hê – liefde, geloof en hoop.
…in stilte en kyk en luister, leer ek ons alledaagse lewe is God se megafoon. In elke dag se liefhê, vreugde, seer, lyding, stress, kommer, selfs in die seepbelle van die skottelgoed- en waswater se reënboë, praat God in alledaagse taal met ons.
…stilte is ‘n oase. ‘n Poel water waar, as jy lankgenoeg vertoef – sien jy die bodem, en as jy mooi kyk sien jy die hemel ook terugspieël soos my foto hierbo!
…ons moet in ons reis deur die woestyn, nie soos ‘n steeks perd net staatmaak op die oogklappe wat ons daagliks aansit en ons kyk belemmer en keer dat ons groot prentjies sien nie. Ons oogklappe moet af, dat ons ver en wyd kan kyk en verstaan en beter begrip en genade kan ontvang.
…dis beter om treetjie vir treetjie in beskerming te loop soos die skilpad. In stilte en stadig kom wysheid en deurleefde ervaring.
…ons moet ons reis op die lang manier aanpak, nie soos Rooikappie die kortpad vat nie. Die lewe is nie ‘n kortpad nie, die jou eie unieke pad. Loop hom voluit, asem uit, end uit. Die eindbestemming ‘n ewige beloning.
…wees weerloos in jou ervaringe – jou weerloosheid is nie ‘n refleksie op God nie. Weerloos, maar nie breekbaar nie. Om soos ‘n omgekeerde glas op te kyk, oop te wees, om vol van Sy liefde en genade te word.
Waarom deel ek hierdie?
Wel, op persoonlike vlak is die lewe taai – kommer, rande rek, my kind moet opereer word, my man lop krom aan laste, beurtkrag beduiwel daaglikse ekonomiepleeg en ons huishouding, Oom SARS en salarisse kleim elke gerekte rand, ons drome lê in die verskiet, maar nie aan skerwe nie.
Ek kan bitter min aan een van hierdie dinge doen. Ek kan stil wees, sterk wees, op my Pa se skoot klim, maar dis ‘n kortpad vir die tyd. Ek kies om woestyn te gaan loop, soos Jesus. Ons is nou eers halfpad. Kom loop saam, en glo saam op hierdie Lentreis.
Word vervolg
*As jy op die skakel Mosaiek Lent 2019 kliek, kan jy jou eie PDF weergawe aflaai!
Dis spesiaal! Dankie.
LikeLike
Vuurvliegie… soveel mooi en positief wat ons besef terwyl ons deur die dal van doodskaduwee stap. Want bokant ons is daar tog blou lug, as ons opkyk.
LikeLiked by 1 person
…en as ons stil in die diep water afkyk.
LikeLiked by 1 person
🌹
LikeLike
Drukkies xxxx
LikeLike
❤️
LikeLike
Woestyne van binne groei tot alles koud en dood is…..dis die raakste beskrywing wat ek in n lang tyd gelees het. maar ek glo dat net voor als finaal dooi, sal daar iewers n bietjie watertjies kom en dir lewe aanblaas…dankie hiervoor. Ek het dit gaan aanvra. Dalk is die die regte medisyne vir my…
LikeLiked by 1 person
Dis werklik sielsverrykend en hoe stiller ek raak, hoe mooier hoor ek God se influister in my lewe. Sterkte maat.
LikeLike
😘
LikeLike
Dankie Vuurvliegie, selfs ek wat die wilde weghol kry rondom die christenleer, kan wyshede hier uithaal en toepas.
LikeLiked by 1 person
Jong, ek gaan seker verguis word, maar ek sukkel self met christen – daai kom met ‘n reputasie vol teenstellings is en ek reken dis wat mense wilde weghol gee. Ek wil liewer sê Jesus volgeling. Dit is deut Hom wat ons genade ontvang. Geen ander manier nie. Sy voorbeeld vol wysheid en voorbeeld. Ek is bly as jy gemaklik hiermee voel. Die reeks is puik om te bestudeer hier voor die Pase.
LikeLiked by 2 people
Ek sit en staar na die skerm….het nie woorde vir al die emosies binne my nie. Ek wil so graag uit die woestyn…. wag laat ek weer lees, miskien kry ek klarigheid (is daar so ‘n woord?)
LikeLike
Kom stap saam. 🤗
LikeLiked by 1 person
Ek soek nie simpatie nie, en praat nie uit selfbejammering nie…maar ek is in ‘n maalkolk van pyn. Indien daar nie ‘n wonderwerk plaasvind nie is hierdie 45 jaar huwelik op rotse. Vanoggend stuur my oudste seun vir my die lied “Ek Wonder” (Kevin Leo) Timothy is een van my twee “verlore” seuns. Daar is ‘n groot storie rondom hom…en hy het in sy tienerjare na my begin soek. Ons is al deur diep waters in sy soeke na waarheid. Ons het nie ‘n intieme oor en weer kuier verhouding nie. Ek het ‘n ontsettende spesiale liefde vir hom omrede die storie rondom my swangerskap, sy geboorte ens. My eks het hom as wapen gebruik om my by te kom. Die lied het my vanoggend in die diepste pyn gedompel. Ek het die woorde probeer afskryf….nie seker van een woord nie. Volgens wat ek hier gelees het i.v.m woestyn…omhels ek al hierdie pyn? Ek wil daarvan wegkom…het dit deur jare met God uitgeworstel…kry ruskans, dan vat dit my weer opnuut. Indien jy lied nie ken nie sit ek lirieke by. Dankie dat ek my hart bietjie kon uitpraat. Sterkte vir jou dogter se operasie!!!!
Middernag, dis amper middernag
Môre is my verjaarsdag
Weggeekind, ek was jou weggeekind
Ek het jou nooit leer ken nie
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
En ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ma se kind word ma en pa se kind
My lewe gevul met liefde
Bittergal tot in die potter…?
My lewe is net genade
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
En ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ek dra geen wrok of wrewel nie
Ek bid jou lot is soet
Moeder van my asem
Moeder van my bloed
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
Ja ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ek wonder wat lê onder in jou diepste hart verskuil
Daar slaan die kerk se klok nou en ek wonder of jy huil.
LikeLiked by 1 person
😥
LikeLike
Kameel. Ek bid hier waar ek sit vir jou vir vrede, uitkoms en oplossings. 💝
LikeLiked by 1 person
Kameel. Daai seun van jou is lief vir jou as hy die mooi woorde stuur. Hou daaraan vas.
LikeLiked by 1 person
Het dit afgelaai, baie, baie dankie Vuurvliegie.
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Om een of ander rede gooi WP my elke keer uit as ek die kommentare wil lees. Sterkte met jou woestynpad. Met God aan jou sy sal jy sterker anderkant uit. Oor die term, Christen, verkies ek deesdae die term, gelowige. Hierdie term het ek in Egipte raakgeloop. ‘Christen’ het vir baie mense ‘n vloekwoord geword.
LikeLike
Soooo kosbaar. Ek is ook daar iewers in die woestyn, kyk uit vir jou xxx
LikeLiked by 1 person