‘n Skildery van Jean-Léon Gérôme, (1824 – 1904) “Truth Coming Out of Her Well,” 1896 kruis my pad die afgelope vakansie.

Die skilder het met die kunswerk ten doel gehad om die “transparency of an illusion” te beskrywe. Hy was entoesiasties oor fotografie se verskyning, en hy sê so ewe in 1902: “Thanks to photography, Truth has at last left her well.”

Ag, jinne, as hy in 2019 geleef het sou so stelling nooit uit sy mond gekom het nie. So naïef oor nuwe wondere en uitvindings was die mensdom net meer as ‘n eeu gelede. Nou is ons ‘n klomp liegbekke, wegkruiperds agter sosiale media, makers van ons eie waarheid, verkondigers van verdraaide werklikhede, verspreiders van vals nuus.

Wie leef werklik outentiek, wie se waarheid loop naak deur die wêreld? Nie een van ons nie, al bely ons ons sondes by die Vader se voete en verkondig ons is Sy kinders.

Ons sit almal daai vals gesiggie op al kook dit binne jou! Komaan, hoeveel keer het jy al vir Liefie gesê alles is reg en mooi, maar binne breek jy in duisend stukke. Jou vriendin vra of sy mooi lyk, jy glimlag en sê ja, al dink jy sy lyk eintlik vreeslik na die Michelin-mannetjie. Liewe Waarheid sak elke dag dieper in ‘n bodemlose put in.

Ons keur nie die naakte waarheid goed nie – dis te ongemaklik vir woorde, ons gaan nie feite na nie, ons konfronteer nie leuenaars nie, ons vermy konflik, want dis “nie lekker nie.” Waarheid gly dieper in die donker slyk af.

Dit wat jy dink ander is, die is hulle nie – want ons kan ons werklikheid verdraai en uitsoek wat publiek is. Die dat soveel mense in winkels by mekaar verbyloop, al is hulle in daaglikse kontak op Vuisboek, Whatsapp en Twitter. Ons weet nie wie die regte persoon is nie. Gesigte word jonger, gladder, maerder getoor met toeps. Foto’s van vyf jaar gelede word gebruik sodat die gang van die tyd en seer en ouer word nie sigbaar is nie. Waarheid is nou moer diep, wegkruipend in ‘n bodemlose put. Om nimmer weer gesien te word nie.

Lees die storie, en dink bietjie na…

So lees ek oral oor Waarheid en haar dilemma en kry die interessante scenarios op Storytelling.co.za

“Setup: The naked Truth dwells in the well, ashamed at how she was seen and treated by the villagers. But 200 years is a long time to dwell in a well for anything, especially the truth. Surely the truth has a purpose? Hiding in a well isn’t really meaningful and there’s not much entertainment down here, reflected the truth. Maybe, she thought, an up-welling is necessary. Because the Lie has travelled the world so long in my garments now everyone has come to believe that it is I who am the liar.  And anyway, it’s so rude of the lie as it should know by now that it couldn’t exist without me, though the truth.

TimeLine1: Truth realises that the Lie has left it’s garments behind next to the well. The truth knows that in order not to be hated, the only way she can be accepted by the village and the world is to be covered in the garb of the Lie. And to this day, the Truth and the Lie have been indistinguishable to all except those who have seen them unclothed.

TimeLine2: The Truth stays in the well. Sometimes people come to sit by the well knowing that the Truth is in there. If they’re really sincere, the truth will out and talk with them. They’re OK with seeing her naked and she’s OK since they don’t hate her. Many seekers come looking for The Truth but she sonly sees them one at a time because The Truth is a very personal experience.

TimeLine3: Truth searches and finds the web pages, twitter and instagram accounts that plainly showed the lie had infected most everyone. There are literally hundreds of billions and billions of lies. Lies everywhere. But from time to time, truth finds allies – they Love the Truth and have created so many stories about her but none of these are trending and, in fact, many of them are being deleted and down-voted and ignored. The truth suddenly, with a great sigh realised that there is a war being conducted on her by the one who took her garments; the Lie himself.”

Hierdie stryd tussen waarheid en leuen kom van altyd af, ek reken daar by Eva en die slang. So blikslaer. Sy leuen het vir waarheid toe reeds in die put laat val. Die herkoms van waarheid in die put spoor ek op in ou ingelse geskrifte circa 1560-1580. Lees self:

1562 J. WIGAND De Neutralibus G6v The truth lyeth yet still drowned in the depe.

1578 H. WOTTON tr. J. Iver’s Courtly Controversy 90 I shall conduct you..vnto the Mansion where the truth so longhidden dothe inhabite, the which sage Democritus searched in the bottom of a well.a

So Waarheid het lank gelede haarself die duisternis in begewe, skaam vir haar naaktheid en verskrik dat die Leuen so maklik haar plek oortuigend kon inneem. Ag ja, die mensdom!

Nou is daar die deel wat my rasend bekommer: Die veldbrand verspreiding van vals nuus en dat ieder mens nou joernalis en regter en laksman is.

Kyk net wat het nou net  op Schweizer-Reneke gebeur. Flippit.

As ek Waarheid is, klim ek nou wragtig ook met daai sweep uit, vergeet van naaktheid en bliksem links en regs tot die klappe van almal se oë val en die waks uit hulle ore spring!

Die ding van vals nuus is dat dit sirkulêr is. Iemand dit iets as die waarheid op, dit word deur al wat kamtige en regte media huise, Vuisboek verbruiker en kwetsers op TwotterTwitter as evangelie versprei.

Siedaar, die bron van die vals nuus verdwyn, want vingers kan nou na ander gewys word, en so word die Leuen die waarskynlike waarheid en vure van venyn, vrees, haat, agressie en gekose narratief sirkel soos aasvoëls om onskuldige slagoffers. Kyk gerus die video van Ted-Ed onderaan hierdie blog inskrywing.

Die wat die waarheid najaag weet al dis ‘n eensame pad. Die waarheid word slegs in stilte en kalmte gevind. Dit word slegs met wysheid en omsigtigheid bekom. Dit word by God se voete gevind. Sela

“Lies are a little fortress; inside them you feel safe and powerful. Through your little fortress of lies you try to run your life and manipulate others. But the fortress needs walls, so you build some. These are justifications for your lies.” 
― William P. Young, 
The Shack

“Truth does not need publicity, lies do.” 
― Abhijit Naskar, 
Human Making is Our Mission: A Treatise on Parenting

“You have a choice,” she told the class. “The whorish emptiness of lies or the straightlaced horrors of truth.” 
― Lorrie Moore, 
Anagrams

Flannery O’Connor sê: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vreemd maak.” Dis die reine waarheid, glo my!

Ter afsluiting, hou ek vas aan hierdie woorde van Hubert von Zeller: “As ons nie fyn luister nie, sal ons nie die waarheid ontdek nie. As ons nie bid nie, kom ons nie eens so ver om te luister nie.” Waar né?