Buiten die gemeente se 50 jaar geskiedenis, pak ek ‘n ander groot lekkerte in 2011 aan. Ek help die kategese tannies by die kerk in ons 50 ste bestaansjaar om na iets uniek te soek vir die kinders om ook feestelik die mylpaal van die gemeente te vier.
Ek kom af op ‘n verhoogstuk van Nieu-Seelandse oorsprong . Rots en ek vertel toe ‘n soortgelyke storie in ons mooie Afrikaans, en met ‘n Polokwane geurtjie (nee, niks met polonie te make nie, maar wel landmerke in die stad.)
Ons het ure se pret gehad om die storie aan mekaar te sit en toe dialoog te skrywe. Die uiteinde ‘n toneelstuk met vyf tonele. Onse dominee het ons gehelp om die musiek te kies. Dit was te lekker om Drie Wyse Ouens soek na Jesus – ‘n Toneelstuk vir Kersfees saam met Rots te skrywe.
Drie Wyse Ouens Soek na Jesus poog om die vraag te beantwoord : As Jesus vandag in Polokwane (Of enige plek in Suid-Afrika) gebore sou word, waar sal ons die baba vind?
Die konsert was ‘n treffer. Geseënd voel ek nog na al die jare dat ons op so ‘n manier God se grootheid en liefde in woorde kon uitleef.
Ons Kersgeskenk aan onsself is om dit in e-boek vorm te publiseer. Die opbrengs, as daar sou wees, gaan ons skenk aan ‘n spesiale plek waar ons gesin al amper tien jaar betrokke is.
Die Letlanthene Drop In Centre op Perskebult, net buite Polokwane. Waar die armste van die armes van ons stad oorleef. (Meer oor die wonderwerk plek in ‘n aparte blog volg weldra.)

Die e-boek is binnekort op Amazon vir Kindle beskikbaar.
Drie Wyse Ouens soek na Jesus – ‘n Toneelstuk vir Kersfees deur John McNeil. Vertaal deur Pieter en Erna Maré 2011.
Die weergawe is in Suid-Afrika beskikbaar en bevat ook die oorspronklike Kiwi verhaal deur John McNeil.

‘n Engelse weergawe met ons Afrikaanse vertaling agterin, is wêreldwyd beskikbaar.
Alle opbrengste uit die verkope van beide e-boeke, met toestemming en seën van John McNeil sal aan Letlanthene Drop In Centre geskenk word! God is groot!
Mmmmm lekker om ‘n storie van my dorp te hoor.
LikeLike
🤗
LikeLiked by 1 person
Erna jy doen Koninkrykswerk. Ek sal dit beslis koop sodra dit beskikbaar is op Amazon.
Amazon is nog ‘n bultjie wat ek moet oorsteek. Ek sou mos aftree al verlede jaar, en dan sou ek al hierdie goedjies navors. Nouja, die aftree het nog nie gebeur nie. 😁
LikeLike
Dankie Toorts. Aftree…watwou. Ons het te veel om te doen.🤗
LikeLike
Dis juis daarom wat ek wil aftree, om my goed gedoen te kry! My werk meng in, man.
LikeLike
Jy is ‘n towerin man 😉 ons multitask. 🌻
LikeLiked by 1 person
Jajaaa ons doen. 😁
LikeLike
Jy verstom my elke dag meer en meer met die energie waarmee jy leef en die dinge wat jy aanpak. Ek sal uitkyk vir die boek.
LikeLike