

You’ve written 40,735 words of your novel—congratulations! You’re in the home stretch.
Wat ‘n uitdaging en ervaring.
So op die herdenking van my ma se selfmoord op Maandag 19 November 1979 bereik ek vandag op 19 November 2018 ‘n besondere persoonlike doelwit deur die 40 000 woord grens oor te steek in die #NaNoWriMo 1028 uitdaging, en daar is nog etlike dae in November oor om by die 50 000 perk uit te kom!
Ek is erg rou aan my binnekant en die aura bietjie swart hierdie jaar, want sien, die skryf uitdaging is nie sommer net nie. Dit is om baie persoonlike redes aangepak. Dit is aangepak om my eie onthalwe, om na my lewe te kyk en goed ongedaan en ongesê ten minste vir myself af te handel en uit te skryf. So het ek einas en twyfel en drome een woord op ‘n slag uit geskrywe, bekyk en bedink.
Ek besef so met die uitskrywery dat eina sal altyd eina wees, maar met die jare leer mens beter daarmee saamleef. Mens kan dit so kies. Drome is nooit te versaak nie en die hoop beskaam nooit.
Dis waar ek nou trek. Nog 9 265 woord oor tot 30 November 2018. Wat ek wel weet is daar is nog woorde om te string, nuwe stringe, nuwe stories, droom stories, verbeel stories wat ek miskien eendag sal deel.
Oor en uit.
Jammer om te hoor van jou seer. Dit klink tog of hierdie skrywery soos salf is, al neem dit nie die seer weg nie. Ek is trots op jou!
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon vandag ñ koppie koffie daar op jou stoep saam met jou drink, al praat ons nie. Geluk met die woorde, Erna.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk met die woorde! Skryf is salf, al dink mens nie so voor jy dit doen nie.
LikeLiked by 2 people
Amper klaar en jy is beslis voor. Ek hoop regtig dat hierdie skrywe vir jou gied is. Om jou na aan selfmoord te moet verloor kan iemand anders nie indink nie. Dit moes verskriklik wees.
My broer het probeer selfmoord pleeg, was onsuksesvol, maar is later wel oorlede. Ek verstaan ietsie van die verslaentheid. Baue sterkte vir jou.
LikeLiked by 1 person
Joegaai! Mooi man! Myne gaan ek nou ook gou inteken dan is ek saam met jou by die 40000!
Hierdie skrywe is vir my ook n ontlading. Dis die eerste keer wat ek werklik net skryf wat in my kop opkom sonder omaan my naasts te dink. Dis net myne en hoe ek dit beleef het. My Selfmoord deel is nog steeds weggebere. Ek het al n bietjie daaraan gewerk maar gaan dit nie in hierdei skryfsessies verder ophaal nie. Dis vir my ook al 25 jaar gelede wat dit gebeur het en dit is steeds maar traumaties en hartseer om daaraan te dink. Jy is dapper en dis goed om dit nou vas te pen. Maak nie saak as jy dit nooit gaan opstel nie dis salf vir jou eie gemoed om dit net te doen.
LikeLiked by 1 person
🤗🤗
LikeLike
Jy en Scrapy is ‘n voorbeeld vir die res van ons. Ek is bly as die skrywery die pyn wat daarmee saamgaan meer draaglik maak.
LikeLiked by 1 person
Mens bere goed so diep, sluit dit toe en moer die sleutels weg. Hierdie is wraggies laaie oopbreek en goed goed bekyk, en dis dan dat jy agterkom van die bêregoed is bliksempies wat pad af gejaag moet word… 😉
LikeLiked by 1 person
Jy is ‘n ystervrou!!! En ‘n aansporing vir ons ander skrywers wat nog BAIE ver het om te stap!
LikeLike
Liewe Woordnoot, jy is gaaf, maar hierdie proses is uit my onthou self skryf, sodat ek nuut kan skryf! My begin tree, so ek sluit nou eers by julle
LikeLike
My beskeie opinie is dat mens eintlik daar moet begin…uit jou onthou skryf…die hele projek klink so interessant
LikeLike
As ek alles wat ek uitskryf moes publiseer, gaan ek moet emigreer en plastiese chirurgie kry.
LikeLike
Iemand het my saterdag uitgedaag om my storie te skryf…dit sal goed wees tot op n punt, dan sal ek ook dalk jou roete moet volg!!!! Genadiglik is daar skuilname!
LikeLiked by 1 person
Nou ja toe, beste plek om te begin is die begin!
LikeLiked by 1 person