Die foto van ‘n Rooi Uil kuiken sit my aan die google na skaars diere en gevogeltes. Ek lees dat die uile beperk tot Madagaskar is en as bedreigde spesie gelys is.

So kom ek af op die sneeuluiperd, en skaars apies en bokke en varkies. Ag ek sien hartseer in die ogies – kan jy?

Van almal het  dié gevogelte sommer in my hart ingekruip. Ontmoet die kakapo.

Die gevogelte wat lyk soos ‘n kruising tussen ‘n papegaai en ‘n uil is inheems aan Nieu-Seeland, en drie eilande word spesiaal aan net meer as 1600 van hulle gewy. Hulle word ook uilpapegaaie genoem. Hulle is slim, elkeen sy eie persoonlikheid! Hulle vere was gesog onder die Maori.

Die arme goed kan nie vlieg nie. Dis moeilik om te glo! Maar die reine waarheid. Hulle vlerke word gebruik om te balanseer as hulle moet klim en klouter.  Hulle ken stadig lewe en kan tot 100 jaar oud word.

Hulle is ook moeilike liefdesmaats. Die mannetjies  maak ‘n holtetjie kilometers ver van die wyfies en die dames moet hule loop ken om in paartyd by die liefdesnessie uit te kom. En dan is die bevrugting van al die eiers nie eers gewaarborg nie!

Hulle geveg om oorlewing – mense en hulle troeteldiere. Eish! Die mensdom weet hoe om  ons Godgegewe wêreld op te foes. Ek dink vanoggned aan aal die laastes, en die wonderlikem ense wat hulle daaraan wy om uitsterwing van spesies te voorkom.

Kyk self en leer hulle van nader by ken.