Emmerskoplys nuus

Van kleintyd het my ouers my en Swartjie  bederf met comics – Dennis the Menace, Casper, Huey, Archie, Sylvester en Tweety, en ook Classics – so het ek van Shakespear en ander klassieke werke geleer. (Ek wil nog daaroor skrywe, nie nou nie)

Op hoërskool was dit tweede natuur om na die ingevoerde tydskrif rak in die skryfbehoeftewinkel op Barberton te loop en te blaai. Metterwyl is comics verruil vir tienertydkskrifte: Jackie, Poswop, Pink en Fabulous. Nuwes is by die toonbank vir my gebêre.

Ag jinne, eers was dit Donny Osmond. Toe David Cassidy – plakboeke vol het ek gemaak van die gevreetjie. David Essex, die Bay City Rollers en Slade met hulle platformskoene, pullovertjies, uitklokbroeke en lang hare. My pa het dikwels die koors wou kry en geterg, maar nooit my tienergedrag bespot of kleineer nie. My laat begaan. Ag ek het lirieke van liedjies wat ons hier in Suid-Afrika gehoor het nie, geken en ook al die sterre se stories geweet.

Toe kom Marc Bolan, David Bowie, Queen en Roxy Music. My tienerhart. Bryan Ferry is my hartklop van toe af. Ek weet, hy het ‘n ou oliekuifie en muisgevreetjie, maar o, daai stem en lyf en hande wat so een met die musiek word. Ek treiter Rots gereeld as hy te veel pruim oor sy Dubbel-D gunsteling, Sarah Theron, dat ek hom sal inruil vir Bryan Ferry!

Ek word oujaarsdag 2018, 60. Verlede week kom Rots so ewe en vra of ek weet wie kom na Suid-Afrika vroeg in Februarie 2019. Hoe sal ek nou weet, die Pous? Prins Harry en Meghan? “Nee, raai nog. Jou hart gaan dit nie hou nie,” hou hy aan terg.

Wel, ek gil soos ‘n tiener toe ek uitvind dis Bryan Ferry – my crush sedert 1972 toe ek hom ‘Virginia Plain’ saam met Roxy Music op LM Radio hoor sing het. Daai stem, daai saxofoon. Ek terg Rots en sê ek wil net die konsert bywoon – dis al present wat ek vir my mylpaalverjaardag wil hê.

Vanoggend vroeg is Rots op die tablet en raai, op 16 Februarie 2019 het ek en hy date night. In Menlyn. Ons sit DV in blok A, voor die verhoog as Bryan Ferry kom konsert hou. ‘n hele 90 minute, en ek sal die wit van sy oë kan sien. En nee, moenie kommer nie, ek sal nie my buustelyfie of Bridget Jones op die verhoog gooi nie, ek gaan wel vir hom waai en ‘n soentjie blaas.

Dis lekker om na iets uit te sien! Dit maak op vir al die verjaaardae sonder makietie, met kersfeeskoek en halfmaswense wat tot middernag uitgestel word om sommer gelukkige Nuwejaar ook te hoor!

My groot persent kaartjies is reeds uitgedruk en saam met oornag in die grênd hotel reeds betaal in ‘n koevert in die kluis.

Wie se oud word is nie lekker nie. En ja, dis goed om geduldig te wag, wense word oor tyd waar.   My emmerskoplysie groei mooi. Die ander goed op die lys – dis nie vir die grootklok nie….hierdie wat volg is met regmerkies op die lys.

Besit sonder die bank  se inset ‘n Karoohuisie

Besoek Ulurhu, raak aan daai stuk oerklip

Ontmoet Imran Khan – toe hy nog krieket gespeel het

Bryan Ferry in konsert -hy kan nog, kyk:

 

 

 

 

 

21 Comments on “Emmerskoplys nuus

  1. Dit klink awesome en wat ‘n stunning ding dat Rots dit raaksien en doen. Hy het so stunning stem. Hoop jy kyk na meer as die wit van sy oë hoor😉. Gaan jy darem lekker party vir die groot birthday💃💃💃

    Liked by 1 person

    • Jong, hy is oulik, maar vanoggend wil ek weer hom met messe deurboor, ek was ‘n week nie by die winkel nie – vanjaar se griep het in ‘n liederlikheid ontaard. My Maandag ekstra erg omdat my vennoot-liefie frieken veeleisend is. Hy sê so ewe netnou vir my of ek reken ons gaan 16 Februarie 2019 haal! 😉

      Like

  2. Wraggies… nou het ek vir Oom Bobby D laat rus om jou Brian te luister!!
    Net so by the way… by voorbaat Happy Happy! Jy beat my met ‘n paar maande… jy sal lekker terug droom oor die konsert wanneer my groot ses-nul verby draf!
    So… ons is boesim maatjies… saam met die musiek saam!
    Ek belowe… ek sal vir jou op ‘n kol ‘n BF “Tuesday Tunes” doen! Promise!! 😉

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: