Klein dingetjies met groot liefde

‘n Vrou moet doen wat ‘n vrou moet doen. Feëland se feng shui werk nie, iets makeer. Rots is ongelukkig, ek is seer van nerf. Bab en Mielie wil gillend die winkel uit,  en die vlaktes inhol oor hulle grootmense se iesegrimmigheid .

Na aanleiding van my hoogs emosionele reaksie gister op drukkies en liefde teenoor my betoon, besluit ek, hierdie monsters in my en my geliefde se binnestes gaan met klein-dingetjies-gedoen-met-groot-liefde, beveg word.

Ek begin sommer al gisteraand met die hernude fokus. Rots voel knieserig en snotterig, ek dokter met Corenza C en Norflex vir sy nek pyn. Sien, die koue weer laat die nek met die fusieprostese knies. Ag, ek is simpel om nie te onthou nie, my rug maak al vir twee jaar dieselfde.

Rots het blykbaar toe ook sy eie strategie. Knies en al word ons bederf met boontjiekoekies en picana steak in die gietysterpan.  Die vrede sprei saam met die Goya kaggel se hitte deur die huis. Die honde hou op grom, ons ook.

Nogal ‘n kouewater op die gevreet oomblik, né. Klein jakkalsies moet altyd dopgehou en verjaag word, anders verander hulle gou in monsters wat alles om hulle verwoes.

Vanoggend moet Rots en ons kaggelmanne vroeg en ver ry om ‘n kaggel te gaan diens en ook by ‘n oord waar ons kaggels installeer het, die personeel gaan touwys maak om die eenhede ordentlik te gebruik. (Julle kan nie glo wat mense met ‘n kaggel kan aanvang nie!)

Terwyl hy gaan stort, hol ek kombuis toe. Rots vrek oor padkosbroodjies – katjiebotter met stroop en Bovril. Ek staan en smeer die margarien op die snytjies brood, rustig tot elke hoekie ook ‘n smeersel het.

Net soos my pa my soveel jare gelede geleer het: “Botter al vier hoeke van die snytjie brood, my kind. Dis hoe jy liefde wys.” Dis al meer as veertig jaar, maar ek onthou daardie oomblik saam met my pa in die kombuis soos gister. Die grootheid en die eenvoud het my bygebly. Dit glip net so partykeer terug in die onthouboks pleks om op my hart se elke-dag-nodig rak te bly!

Behalwe die liedfebroodjie, skryf ek vir hom ‘n liefienota. Dis tradisie wat onderbreek is sedert Oktober verlede jaar. Sy stywenekkie-episode en daaropvolgende operasie en lang herstel, die onderbreking. Sjoe, ek sal mal word as bykans ‘n halwe jaar nie my elke dag soos ek daarvan hou kan bedryf nie!

Lekker val die skille van my oë af, en besef ek hoekom ek so kort-kort soos die dinges in die drinkwater voel nie. Waar sal my man dan nou heen met sy frustrasie en seer?

Hoe lekker toe hy my netnou bel en sê die broodjies was lekker en die briefie, dankie vir die briefie.

 

23 Comments on “Klein dingetjies met groot liefde

  1. Jou skrywe het my hart ook nou laat vermurwe. So bly dit gaan goed na die rowwe tyd wat julle deur is. Hierdie klein goedjies waarvan jy praat, dit het ons ook nou onlangs gehelp.

    Liked by 2 people

  2. Jou skrywe is die beste huweliksberading in ‘n lang tyd. Ons kabouterhuisie is ook byna deur die groot reus van lelike woorde en gewoontes, platgetrap. Dankie vir SY GENADE wat nuut is in die more.

    Liked by 2 people

  3. Ag dis so lekker warm gevoel so in die winter!

    Ek smeer ook al vier hoekies botter. Behalwe as ek suur is. Dan los ek sommer die botter 😆

    Liked by 1 person

  4. Pragtig. Dankie dat jy my herinner aan klein bietjies liefde.Het darem self in laaste tyd gedink ek moet bietjie meer tyd maak daarvoor. Die lewe is si kort en ons us so onnodig besig.

    Liked by 1 person

  5. Pragtig. Dankie dat jy my herinner aan klein bietjies liefde.Het darem self in laaste tyd gedink ek moet bietjie meer tyd maak daarvoor. Die lewe is so kort en ons is so onnodig besig.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: