Lê-Jou-Eier: Skryf-Safari Skryf die storie klaar

Dis ‘n groot vreugde en voorreg om julle tweede gasvrou op ons skryf-safari te wees. Welkom.

Ek het ‘n kortverhaal, waarvan die einde makeer (kortkom).

Ons klomp Bloglanders is so verbeeldingryk, ek reken elkeen van ons uit eie perspektief elk op ‘n ander einde sal uitkom en natuurlik ander storielyne in die kommentare sal aan die gang sit.

Dis Ekke se Hester het soos destyds met ons byskrif-uitdaging die skakels op elke inskrywing so gemaak dat julle vir die gunsteling voltooide storie kan stem.

Dus werk ons week so:

  1. Die uitdaging open op Donderdag 26 April 2018 om 12:00

  2. Die inskrywings moet klaar geskakel wees voor Woensdag 2 Mei 2018 om 12:00, want dan begin die stemmery

  3. Die uitdaging sluit op Donderdag 3 Mei 2018 om 12:00 en dan sal InLinkz die wenner aanwys op die InLinkz bladsy waar die skakels geplaas was.

Kom ons skryf.

So maak mens:

Spoeg en plak die volgende storie oor na jou blog. Gebruik dan kursief en ‘n ander kleur ink om jou gekose einde te skryf. Slegs 500 woorde

WomanAloneWithSuitcase1

Betyds

Saar Minnaar kners op haar tande. Braam se vrolike gefluit irriteer haar. Waar sy kalmte geanker is, sal sy nie weet nie. Die droogte is allesverterend – veld, vee, water, selfs menswees verskrompel tot niks.

“Ons het ‘n wonderwerk nodig,” sê Saar mistroostig.

“Nee, my lief, ons het geloof en vasbyt nodig, en miskien ‘n bietjie toevallige geluk,” sê Braam terwyl hy die possleutels en sy loterykaartjie in sy hempsak druk. Hy sluk sy koffie en soen haar voorkop.

“Ek gaan gou dorp toe. Daar kom vandag lusern van die Hoëveld. Ons sal maar swaar trek as die land se mense nie so hulpvaardig is nie.”

“Gmmf, gekkebelasting. Dis al wat daai loterykaartjie van jou is. Die kanse dat die hemel val en ons blou mussies gaan dra is meer waarskynlik. So van hulpvaardig gepraat. Hier is my dorpslysie. Asseblief, moenie vergeet om by Tannie Malie by Dokter Soois aan te gaan nie. Sy het laat weet ons moet daar draai,” vra Saar.

Braam kla: “Ag Saar, Tant Malie praat so baie, kom saam.”

“Ek het goed wat ek moet doen, en ek sien nie kans vir die rit in die lorrie nie. Wie is nou hulpvaardig?” kom dit snipperig.

Braam haal sy skouers op en glimlag skeef.

Gou is die lorrie se gedreun ‘n herinnering, en die stilte sak soos die versengende hitte op die werf neer. Saar begin met haar dag se sleurwerk.

Die hoenders kry kos, eiers word uitgehaal. Die stoof voel koud, en sy gooi hout op die vuur. Saar pieker oor aandete, Braam gaan rasend wees van die honger na die dag op die dorp.

Sy begin water tap om wasgoed te was. Die kraan drup enkele druppels water in die wasbak.

Die tenk is leeg. Saar stap uit na die windpomp by die sementdam. Sy trek die handpomphefboom op en af sodat die watertenk kan vol word. Die boorgatpomp het die gees gegee en daar is nie geld vir herstel nie.

Die waterpomp se handvatsel hang opeens swaar in haar hand. Morsaf gebreek. Daar is geen manier om water te pomp nie. Moedeloosheid stroop haar van alle rede.

“Nou is ek klaar,” snik Saar en storm die huis in. Sy haal haar kerkpakkie en hakskoene uit die hangkas en verklee. Sy smyt haar tandeborsel, pajamas, smuktas, ‘n skoon stel klere en haar handsak in ‘n tas.

Met ferm tred stap sy eetkamer toe en haal die Familiebybel uit die buffet en haak die trouportret van die muur af. Braam glimlag uit die foto asof hy net goeie dinge in hulle toekoms sien.

Sy draai die kleinnode in ‘n blou kombersie toe. Die kombers wat bedoel was vir die seuntjie wat hulle nie het nie.

Sonder om terug te kyk, stap sy, tas in die hand en kosbaarhede styf teen haar bors geklem, by die plaashek uit.

“Klaar,klaar, klaar,” knars die klippers onder haar sole in ‘n koor.

Dit gaan sukkel op die hoë hakke, en gou loop sweet in riviere teen haar slape af. Sy sit een voet voor die ander. Omdraai is nie ‘n opsie nie. Genoeg is genoeg.

Die plaashuis word al hoe kleiner tussen die verskrompelde mielielande – soos ‘n bedremmelde geliefde in onvermoë om Saar tot inkeer te roep.

Skielik, asof in ‘n droom, voel Saar hoe die horison kantel toe haar voet swik en die tas uit haar hand vlieg. Sy klou verbete aan die kombers met sy kosbare inhoud. Glas splinter en haar arms en knieë brand soos vuur. Sy bly in die rooi stof lê.

“Ek gaan nou net hier bly lê. Iemand kan oor my ry, of die aasvoëls kan maar my kom oë uit pik. Ek verstaan nou vir Job wat sommer so in sak en as kon sit en sy sere krap!”

Saar hoor nie die donkiekar nader kom nie. Moos, haar skoonpa se bejaarde regterhand, kry haar plat op die grond, trane in leivore oor haar stofbesmeerde gesig, onbedaarlik aan die snik.

“En as Saar nou hier in die middel van die pad sit en grens?” vra Moos besorg.

“Ek wil hier weg, Moos. Ek kan nie meer nie.”

“Kom ek help jou op. Bella en Koos sal ons gou daar onder daai doringboom se koelte staanmaak. Kry nou al jou seer bymekaar en vee af die huil. Mens is nie sommer net so klaar nie. Almal kry swaar. Dit is nou tyd om geduldig te wees. Net soos Vader Abram in die Bybel. Hy was oud voor die Jirre se woord waar geword het en daar ‘n kjênd vir hom en Sara gebore is. En later toe hy Isak moes gaan offer, het hy bly glo, en die Jirre se voorsienigheid het hom gespaar. Die Jirre se tyd is Sy tyd,” raas Moos.

Saar sit kop onderstebo. Moos is reg. Wat is anders op ‘n ander plek. Stadig kom sy tot haar sinne. Sy kyk af na haar verkreukelde romp, nerfaf knieë en haar hakskoene. Wat het sy gedink?

“Ag, Moos, ek is sommer simpel. Dis net alles te veel…”

Sy kry nie kans om klaar te praat nie. Rooi stof slaan om hulle op. Dis Braam. Hy slaan remme aan toe hy hulle sien….

Gebruik kursief en ‘n ander kleur ink om jou gekose einde te skryf.
Slegs 500 woorde

Vir Una

En onthou om hierdie paragraaf ook te spoeg en plak en dan jou skryfsel op die Inlinkz skakelblad te plaas:

______________________________________________________________________________________

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=777222

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

29 Comments on “Lê-Jou-Eier: Skryf-Safari Skryf die storie klaar

  1. Skryf kan ek nie juis nie, maar ek weet darem van iemand wat kan sing. Ek het spesiaal vir hom gevra om vir julle die stemming te skep terwyl julle skryf.

    Liked by 1 person

  2. Oee hier gaan weer allerhande goed uitbroei, ek sien dit sommer aankom soos ‘n bui reën oor die see! Ek het al 12 uur kom loer, maar het sowaar niks gesê nie!

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Kameel : Betyds – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  4. Terug pieng: Skryf-Safari: Skryf die storie klaar – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  5. Kan jou storie nie nog ‘n week hardloop nie. Dit is so goed geskryf en ek dink hierdie langnaweek maak dat minder mense deelneem.
    Hoe gaan dit nou met jou?

    Like

    • Liefste Kameel, alles het sy tyd. Ek het so twee jaar gelede, naief die storie vir ‘n kursus geskryf, en lui die lotto kaartjie einde geskryf. Ek is uitgedaag om ander eindes te skrywe. Ek kon tot nou nog nie. En kyk, tussen my towerinne is daar al vier eindes, en ek het myne gekry. Sal more publiseer. Ek is deur my moeg se moeg en besef dis van pure verligting, ek skrik altyd lank na die krisis verby is. Ons ken nie die wit vsn mekaar se oë nie, maar ek weet julle is daar waar my gedagtes loop. Dit beteken baie.

      Liked by 1 person

  6. Ek sien jy antwoord Una se vraag mooi so antwoord myne ook mooi…

    Ek weet hoe om in ‘n ander kleur te skryf, maar hoe skryf mens ‘n storie klaar… (met ‘n einde wat erkenning gee aan die kwalteit van die storie wat dit vooruitloop)

    Nie-fiksie is mos maar eintlik my ding. Skertsende skets-agtige weergawes van my eie belewenisse en nie die uitdink van stories nie. Met die eier leery het fiksie wel makliker geraak. Maar jammer ek gaan die boot mis op hierdie spesifieke een a.g.v. kruie: thyme

    Like

    • O Baron Room, jy laat die muse van skryf jou lei, want sien, skertsend sketsagtige weergawes van eie belewenisse vorm die oergrondstof waaruit fiksie gespin word. Hoop jy hou van jou antwoord. Hoop jy kan stem vir jou gunsteling Betyds…groetnis

      Liked by 1 person

      • 🙂 Volgende keer gaan ek net vra en minder kommentaar lewer sodat jy nie my kommentare teen my gebruik nie! Maar as ek die kommentare lees op ander blogs lyk dit of jy (en ek!) reg is

        Like

  7. Terug pieng: betyds of laat agter 3? | Seegogga se Bloggie

  8. Terug pieng: Lê-Jou-Eier Skryf-Safari: Skryf die storie klaar - Dis Ekke

  9. Terug pieng: Lê-Jou-Eier: Afrikaanse #bloguitdaging - Hoe neem ek deel? - Dis Ekke

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: