Verander jou deuntjie assefokkieblieftog

losed-ears-with-fingers

 

Liewe Juju Malema

Rerig, ek reken jy het te min pak slae gekry as kind. My bloeddruk bliksem die hoogtes is as jy so tekere gaan. Kan jy nie ‘n nuwe deuntjie kry om te sing nie, of is jou rol in CR se bewind maar dieselle as as toe jy die hofnar en lawaaimaker was om ons aandag van die ware toedrag van sake te trek tydens ons Zumafikasie? Ek het so spesmaas jou kontrak is verleng, want ons skaakspelende president het asemhaal spasie nodig, en nou word jy op ons losgelaat. Juju maak vir Witjie bang.

Vertel my – jy en jou volgers wat so wil skiet…gaan julle vir die wat gaan oorbly sorg – vir werk, vir sekuriteit. As jy my skiet, sal jy my personeel en hulle families bly help, of gaan jy  my mense laat loop sodat jou eie kan baat? Waar sal my mense heengaan? Wat gaan van hulle word. Gaan jy help met kosgeld, busgeld, skoolgeld, boorgate, bakstene. Want sien dis wat ons doen. Ons help om beter lewens vir die in ons lewe te skep. Alles by die boek. Ons betaal en betaal en betaal. Ons kla nie. Ons dreig nie om mense uit die weg te ruim nie.

So weet jy hoe stukkend is my hart dat jy, na jou mosie, so gebokspring het en suggesties gemaak het en die media en ander het niks hieroor te sê gehad nie!

Hitler het ook so gemaak….of is dit net ek wat so voel?

Juju ek wil jou aan iemand voorstel wat Hitler oorleef het. Haar naam is Edith Eger.

As ek haar so luister en haar storie lees, besef ek dat jy en ek, en almal in hierdie land van ons, oor onsself sal moet kom. Ons wederkerige afkeer en bitterheid en fok, ja ons haat vir mekaar, maak van ons posduiwe, al om ‘n gat. Daar is geen oplossing in ou koeie ophaal nie, daar is geen oplosssing in wraak en weerwraak nie. Wrokke vlam net haat aan.

“It is too easy to make a prison out of our pain, out of the past. At best, revenge is useless. It can’t alter what was done to us, it can’t erase the wrongs we’ve suffered, it can’t bring back the dead. At worst, revenge perpetuates the cycle of hate. It keeps the hate circling on and on. When we seek revenge, even non-violent revenge, we are revolving, not evolving.” – The Choice: Embrace the possible” Edith Eger

Ek gaan jou en jou soort liewer in vrede laat, en elke dag op voetsoolvlak waar ek my lewe leef, en mense van alle kleure en oortuigings wat my pad kruis, met waardigheid en respek behandel, selfs vir jou as dit sou gebeur.  Want sien, jy kan my wêreld verander, my goed vat, my van regte ontneem, maar ou Juju, my hart en my siel, die is myne en hoe ek kies om my omstandighede te hanteer help my om te groei as mens. Ek laaik wat Edith Eger se Mamma vir haar geleer het.

Lees gerus haar boek, dis verniet: http://a.co/gbDt9qR

Miskien verander jou deuntjie. Ek vra assefokkieblieftog. Ons land het ware oplossings nodig, nie verdagmaking en haat en wraak nie.

Groetnis

 

16 Comments on “Verander jou deuntjie assefokkieblieftog

  1. Vertel hom, Lekkervurig, vertel hom. Ek is bevrees hy sal nie luister nie – dit sit net nie in hom nie. Maar darem het jy dit nou gese.

    Like

  2. Hoe meer die regerende party én die amptelike opposisie hulle plig versium, hoe meer van hierdie populistiese snert gaan ons beleef. Die hele politieke arena se fokus is op kruisies op papier en die mag en welvaart wat daarmee saamkom en nie op die hande wat daardie kruisies trek nie. Tot die skaaptrop dit besef sal ons almal aanhou swaarkry. En dis al politiek wat ek gaan praat.

    Laat jou aksies verteenwoordig wie jy is en waarvoor jy staan, nie dit wat daar oor jou gesê word nie.

    Liked by 2 people

  3. Urgh ek en jy deel die presiese, tot op die letter, sentiment. Dit gaan net oor mag en niks anders nie. En ja, beslis is hy die ANC se hoof weerligafleier van als wat werklik verkeerd is in die regerende party!

    Liked by 1 person

  4. Ek kon dit nie beter stel nie. Ek wil so graag die een wees wat hom oor die skoot trek vir ‘n helse pakslae en daarna sal ek hom coach om ‘n beter mens te wees, want die vet weet!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: