Image result for spurgeon quotes on grace

Ek is ‘n aanhanger van Charles Spurgeon. (1834-1892) Na meer as ‘n eeu, is sy wysheid en insig in God en geloof, dikwels vars en verrassend.

Een van my gunsteling preke handel oor geloof. Hy meen dit is so eenvoudig, dis moeilik om te verduidelik. Volgens hom bestaan geloof uit drie dinge – kennis, oortuiging en vertroue.

Kennis beteken om in die speelkamer deur God beskikbaar gestel, die Bybel, te bly  speel en bekend te raak met alles daarbinne. Die lesse en aanwysings te ondersoek en deursoek en dit deel van jou asem te maak. Wyslik verseker Spurgeon ons ook, dat die speelkamer nie opgespeel en ondersoek kan word nie. Hoe meer jy speel en ondersoek, hoe dieper en wyer word dit wat die Bybel jou bied. Jo! Dink net. Jy kan met kinderlike vertroue selfs in jou studie van die Bybel wees – wat jy daaruit leer en put, gaan nie opraak nie. Net soos God se liefde nie vir ons opraak nie.

Nog meer opwindend van geloof is vaste oortuiging. Oortuiging at God ons Skepper is, dat Sy Woord waar is, dat Sy asem  ons lewe gee. Dat hy Sy Seun gestuur het om die Volmaakte offer in ons plek te maak, dat ons waarlik vergewe is en dat Sy Gees nou in ons woon. Oortuiging dat hierdie ondermaanse bestaan, in hierdie menslike vorm, net tydelik is.

Lees net hier, hoe som Spurgeon vertroue op: “Faith is believing that Christ is what He is said to be, and that He will do what He has promised to do, and then to expect this of Him.”

Om te glo Jesus is wat Hy sê Hy is, dat Hy sal doen wat Hy belowe, en dit dan van Hom te verwag. Daar het jy dit. Dis so eenvoudig,  en tog moeilik vir baie om te aanvaar.

Saam met Spurgeon bid ek dat mense nie net tevrede sal voel met die eenvoudige verduideliking van geloofsbeginsels en dan nie oorgaan tot aksie nie.  Spurgeon het lank terug so verduidelik:

“Better the poorest real faith actually at work, than the best ideal of it left in the region of speculation. The great matter is to believe on the Lord Jesus at once. Never mind distinctions and definitions. A hungry man eats though he does not understand the composition of his food, the anatomy of his mouth, or the process of digestion: he lives because he eats. Another far more clever person understands thoroughly the science of nutrition; but if he does not eat he will die, with all his knowledge. There are, no doubt, many at this hour in Hell who understood the doctrine of faith, but did not believe. On the other hand, not one who has trusted in the Lord Jesus has ever been cast out, though he may never have been able intelligently to define his faith. Oh dear reader, receive the Lord Jesus into your soul, and you shall live forever! “He that believeth in Him hath everlasting life.”