Mense sterf by FNB stadion. Maroela Media laat ‘n kommentaar  toe van iemand wat vier feestelike wyn glasies plaas. Skaam jou vir jou gevoelloosheid, wie ookal.  Skaam julle Maroela Media, om nie liewer te berig hoe swak die reëlings by die wedstryd was nie. Skaam die sokkerliga en eienaars dat die wedstryd net laat aangaan het. Laat my aan die ou Romeinse bloedsport dink.

Die EFF vier vier jaar, en al wat Julius doen is dans en mense aan moedig om grond te vat. Ag, en dan is daar Netwerk24 en Amor. Ek braak sommer.

Daar word ook bespiegel dat daar ‘n Zupta paartie by die Saxonwold sjebeen was…om hulle mag te versterk of om te pak vir Dubai?

Plaas hulle raas en blaas oor ons land se water letterlik in stront vergaan.

Maar nee…en ons lewer op Vuisboek kommentaar en maak geen verskil nie. Weer en weer skel wit en swart. My hart breek. Daar is ‘n Ingelse sêding:”Beware  of the verbose  few.”

Daai BLF ouens,  die Malemas en Boerevolkers en haatspoegers oor alle grense heen, trek ons aandag van die groot prentjie af. Hou ons almal moerig vir mekaar sodat die stropers kan stroop, en die diewens kan dief. Ons is maar aandag afleibaar en bedreig.

Plaas die media raas en blaas oor 8 Augustus 2017

Daar is darem stemme uit die ANC wat vertel van die teenwoordigheid van daai brawe stemme wat ons benodig. Daar word opmarse beplan op 7 en 8 Augustus 2017.

Ons wag in spanning om op 8 Augustus 2017 te sien of die soveelste mosie van wantroue in die Prez, gaan werk, of gaan dit maar weer net nog ‘n kabinetskommeling tot gevolg hê?

En dan is dit nog  in die regte wêreld maandeinde ook. Die een na die ander bel om te vertel hoe jou rekening nie betaal kan word nie, en dan moet jy weer die volgende ou bel en vertel jy kan ook nie jou verpligtinge nakom nie. Soos marmotte op wieletjies om en om.

‘n Geskarrel na wat wonder ek. Ek gaan more weer aan my gesindheid werk, of miskien sommer nou dadelik, want sien ons haal asem, ons is hier, so niks se gewaarom verder nie! Eerder wat nou!

20424161_1368088659912091_6687582411014209581_o

In elk geval, hier is ‘n gesiggie om jou dag op te vrolik. Tata.