“Dankie vir my winters, Here. Winters gaan verby. As dit winter is, kan die lente nie gekeer word nie! Ook hierdie seisoen in my lewe gaan verby. Amen. “(Leef se Vuisboekgebed vir vandag)

Daar is voorwaar  die voortuitsig dat die seisoen gaan begin draai, dat die vaal, droë winter van aflê en wegbêre en na binne keer, gaan omskakel in vernuwing, groei en kleurvolle uitbundigheid en uitspattige energie.

Ek is hartstogtelik lief vir die lente. Veral daar waar ons nou woon die keiserskroon of haaklelie of agapant, hang af hoe jou Afrikaans is, van die eerste skaam botsel wat uit die groen blare oprys tot die seë pers blomme dop te hou en op kamera vas te lê.

‘n Klompie lentes of so gelede, op ‘n skoon gereënde of sommer gewone Saterdae, kielie die sonstrale met dagbreek, my gereeld wakker. Ek lê immer stil en sê dankie vir ‘n nuwe dag, rek loom uit my slaap. Elke keer is dit asof iets my dwing om op te staan.

My afspraak met ons Skepper gaan so:

“Word wakker my kind. Ek wag op die stoep vir jou.”

My hart bons en ek stap buitentoe. Sommige kere staan ek dankbaar by die reënmeter. “Dankie Vader!”

“Draai om, kyk..”

My hart bons met duisend dankies en ek hol om my kamera te gaan haal.

Psalm 150 is al wat ek kan sing:”Loof, loof die Heer. Alles wat asem het, loof, loof die Heer.”

“You were placed on Earth to know God.

Everything else is secondary.”

– Greg Laurie