18740489_1373585532688516_252418403431044804_n

Ek ken lieflike jongmense en ‘n klompie se huweliksdae bly my by.

Een paartjie is deur ‘n donkie gefoto-bom! ‘n Ander paartjie se openingsdans was op maat van Celine Dion en die geswoesh van die bruid se pragtige rok in die arms van haar geleifde laat my hart nou nog galop!

‘n Ander geliefde paartjie het hulle huweliksbeloftes voor die tyd, onder instruksie van hulle predikant geskryf, tydens hulle huweliksvoorbereidings sessies. Die beloftes is geseël en eers op die troue voor ons almal oopgemaak en aan mekaar voorgelees.

Ook by hierdie twee se troue het die dominee twee gedeeltes gelees. Oor wat jy vir jou vriend moet doen en die bekende 1 Korinthiërs 13. Maar nie soos ons ore dit gewoond is nie. In albei stukke is die twee kinders se name in die plek van Jesus s’n en ook die liefde ingevoeg.

Dit was hoendervleistyd. Want sien, onwillekeurig het elkeen teenwoordig hulle en hulle geliefde se name ingevoeg. Dit het skerp vinger gewys na hoe ons almal ons verhoudings bedryf en hoe ons almal tekort skiet. Wat bitter teleurstel is dat ouer mense, wie getuie van twee kinders se besondere huwelikseremonie was, nie eens die liefde in hulle eie omgang met die jongmense kan gestand doen nie.

Vir al die jongmense wie almal elke dag in die woeste, wrede wêreld hulle bes probeer, en vashou aan hulle beloftes voor God en geliefdes, weet die pad mag opdraand wees, maar dat die liefde tog oorwin.

Hou mekaar styf vas en loop met vertroue. Julle is nou nie meer net ons kinders nie, julle is julle kinders se ouers!

Mooi loop en sweef soos arende!

“My wings will not be clipped by
your sharp looks of disapproval
I will soar to heights
of new understanding
where I am no longer your child
too short to measure
up to your expectations
but an eagle floating on wings
of mindfulness and compassion
in a sky where my vastness
was never in question”

Author: Kaveri Patel  | Artist Leticia Banegas