Party dae as woorde nie reg wil ryg nie, sit ek terug en laat my inspireer deur ander se perfekte woordsnoere, en ek fokus ook nie op skryfwerk nie, maar deur my kameralens.
Ek kiek graag mooi goed met my geliefde Canon Kamera met sy Sigma-zoemlens.Die veld, die blou lug, mooi blomme van naby, maak my hart warm klop en laat my oog wondere sien.
Portretstudies en mense in aksie is nie ‘n fotografie-gunsteling nie. Dis nou nie dat ek nie van mense hou nie, dis net nie my fotografie voorkeur nie.
Hier is eie-fotoskeppings met ander se wyse woorde wat my vol energie maak en lus om kleurvolle woordsnoere in hulle hordes op bladsye te laat uitrol.