Die RSG radioengel en haar kollega wat aans by haar oorneem gesels vanmore oor hoe mens kies om deur die lewe te gaan. Dat God vir jou alles gee en die weg baan en dan moet jy kies hoe om jou lewenslied te sing. Ek glimlag en verbeel my hoe stik klomp kermkous klipchristene in hulle tee, toe Amore sê sy verstaan nie hoe mense wat vertel hulle in God en Sy genade glo, so kan kerm, kla en swartgal nie.
Eloïse groet altyd met “die lewe is ‘n lied” – of hy nou vrolik of hartseer, brullend of blêrend is, sing moet jy bly sing. Ek hou daarvan.
Ek gaan vir Amore Alhoebekker mis, maar sien uit om met Eloïse te Intussen van 8 Mei af. Hulle albei se positiwiteit is so teen ons menslike tendense in. Stroomop soos ek daarvan hou.
My Elisa het opgedaag na ses weke se skeiding, waar sy Waterval se plante wat saam moes trek versorg het, en ek by die Heskiehuis huis aanmekaar moes sit. Salig dat ek haar in die huis hoor en ek kan kom sit en my gedagtes op die qwerty sleutels uitwarrel.
My moeë moerige maar dankbare lewenslied begin al meer na borrelende vreugdevolheid en volle bors lof neig. Om weer voluit myself te wees, nie in roetine en onrus en onvrede vasval nie. G’n niks se half lewenslied singery nie. Ek gaan my ou deuntjie opkikker met ‘n nuwe wysie!
‘n Gedig “Muere Lentamente” van Brasiliaanse skrywer Martha Medeiros, skrywer van etlike boeke en joernalis by die Porto Alegre koerant Zero Hora, is my aansporing om juigend te lewenslied.
Die slowly
He who becomes the slave of habit,
who follows the same routes every day,
who never changes pace,
who does not risk and change the colour of his clothes,
who does not speak and does not experience,
dies slowly.He or she who shuns passion,
who prefers black on white,
dotting ones “i’s” rather than a bundle of emotions, the kind that make your eyes glimmer,
that turn a yawn into a smile,
that make the heart pound in the face of mistakes and feelings,
dies slowly.He or she who does not turn things topsy-turvy,
who is unhappy at work,
who does not risk certainty for uncertainty,
to thus follow a dream,
those who do not forego sound advice at least once in their lives,
die slowly.He who does not travel, who does not read,
who does not listen to music,
who does not find grace in himself,
she who does not find grace in herself,
dies slowly.He who slowly destroys his own self-esteem,
who does not allow himself to be helped,
who spends days on end complaining about his own bad luck, about the rain that never stops,
dies slowly.He who abandons a project before starting it, who fails to ask questions on subjects he doesn’t know, and those who don’t reply when they are asked something they do know,
die slowly.Let’s try and avoid death in small doses,
reminding oneself that being alive requires an effort far greater than the simple fact of breathing.Only a burning patience will lead
― Martha Medeiros
to the attainment of a splendid happiness.”
Dankie, ek dink ek het beslis nodig om meer geduld te beoefen!
LikeLiked by 1 person
Word seblief gesond my liewe Hester. 💝🌻
LikeLiked by 1 person
Ek hou sommer baie hiervan….🌹😍
LikeLiked by 2 people
Stem saam Bondels🌻
LikeLike
Is daai skildery ‘n Rosina Wachtmeister? Want dit is stunning!
LikeLike
Rots het die geraamde afdruk seker 30 jaar gelede vir my hier by my gunsteling Elloff Gallery gekoop. Ek sal google, want ek wonder al jare.💝
LikeLiked by 1 person
Dis beautiful.
LikeLiked by 1 person
Ik denk ook dat het Rosina Wachtmeister is. I love her work!
LikeLiked by 1 person
Dit is haar werk. Hoe spesiaal dat jy ook daarvan hou!
LikeLiked by 1 person
Dit is toe vertel google vir my. Dankie dat ek nou met jou en ‘n ander blogmaat iets deel. As ek voortaan in die gang by die afdruk loop sal ek aan jou dink. Dis vir my spesiaal dat jy in my spasie is.
LikeLiked by 1 person
Dit is so mooi ding om te sê, ek is bly ek is daar🌻🌻🌻
LikeLiked by 1 person
💝🌻
LikeLike
Daar is ernstige lewenslesse te leer in daardie gedig!
LikeLiked by 1 person
Nè.💝🌻
LikeLiked by 1 person
Wat een ware woorden in dat gedicht ❤
LikeLiked by 1 person
Kragtig eerlik.
LikeLiked by 1 person
This poem has arrived at the right time for me as I come to grips with the imminent departure of my middle child for Scotland this weekend. My head has told me it is right for him to go – wrong hue and gender for advancement in our topsy-turvy country – and that, given his age, it is a now-or-never move. My heart … well, that is another story.
LikeLiked by 1 person
Anne. I do believe that you will let go and move forward in a new way through the pain of distance. He is able to go live fully, and not fade away. Hugs 💝🌻
LikeLiked by 1 person
Die gedig praat met my hoor
LikeLiked by 1 person
Dis een van daai kapow lees en kou goed nè.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek gaan ‘n rukkie kou aan die een. Daai konsep van leef is nie net asemhaal en dieselfde goed oor en oor nie, sjoe
LikeLiked by 1 person
Amper laat los en laat gaan lewe oopbek en loshande
LikeLiked by 1 person
Soveel waarhede in die gedig … en ook baie wat ek weer en weer vir myself sal moet herhaal. En ek’s bly jou Elisa is weer by jou – stadig maar seker word jou Heksiehuis nou ‘n tuiste, ne 😉.
LikeLike
Medeiros se woorde het sekuur so tussen die ribbes kom slaan! Skrikwekkend om jouself uit hierdie oogpunt te beoordeel
LikeLiked by 1 person
Net so. So emmer yswater ervaring.
LikeLike