
Dis koud.Ysig. Die kaggel doen sy bes om met die kilte af te reken. Dis maar sukkel, want die blouseer binne my gemoed sal die Yskoningin se hart warm laat lyk. Ek het die skotvry blues en Beta angs. As ek nou Ingels geskrywe het, sou dit “survivor guilt” wees.
Die solar plexus, winduit slaan mares van Sharleen Surtie Richards en klomp ander bekendes se dood, ook naby mense wat in hul covidstryd hospitalisasie nodig én nuus dat geliefde vriendinne midde-in die pandemie ook nog kankerskrik en beroerte moet hanteer, het die temperatuur van my gemoed by Suidpool koue laat draai.
Dit help ook nie dat die Beta weergawe van Covid soos die Terminator loop en sy belofte om terug te kom gestand doen en met mag en mening onder Suid-Afrikaners van alle ouderdomme en vermoens maai nie. Die derde golf en ‘n aansteekliker variant. 456 dae later. Ons herstelkoers daal van 92 na 89 persent, Gauteng is nou Covidhartland. Ons hou alweer familivergadering verneem ek.
Ironies dat die Griekse alfabet gebruik word om die onderskeie variante Covid te naam. Die Engelse een is Alpha, dan volg Suid-Afrika met Beta. Brasilie is Gamma en Indie is Delta. Epsilon en Iota is variante in Amerika en daar is tweede variante in Indië en Brasilie. Hulle trek al by Kappa…
Ek lees die benamings is om beskuldigings, haat en al die lelike mensgoed wat in krisistye die kop uitsteek te vermy. Soos anti MoslemAsiaatJoodAfrikaan soos met die Middeleeue se Swartplaag, die Spaanse griep, die Holocaust , 9/11, xenofobie en so aan. Die mensdom se reaksie op skrikwekkend immer om vinger na andervte wys. Eerder dan Griekse alfabet. Hulle ken tragedie, nè.
Hier sit ek, reeds een keer geënt, veilig in my huis. Kom niks kort nie. Kan net bidboom kers aan die brand hou, bid en kwyn. Dis ‘n ding. Kwyn. Die Ingelse term is ‘languish’ en is nou ook ‘n Covid- ‘nuwe normaal’. Ons wêrelde en lewens onomkeerbaar gewysig, verander en vreemd. Ons is gefok. Grade van PTSS, soos oorlog veterane. Of nee, mense wat wroet soos die verlore seun se varkies opsoek na verlore pêrels genaamd ‘in die verlede sou dinge nie so gegaan het nie.’
Skielik verstaan ek die uitmekaarspat van blogwêreld vriendskappe. Verstaan ek my mismoed en lusteloosheid. Uitstel om die woord confetti in my brein wat vergestalt in wurmpies wat my sig bedonner, uit my uit te skryf. Die gevolg: ‘n maniese besig bly met huis en haard, wasgoed, kosmaak, speel met die honde, gevolg deur flegmatiese, sommer net sit en die niet in staar. Ek kwyn. Ons almal kwyn.
Dis die aanpassing, oorlewing en aanvaarding van hierdie vreemde manier van leef. Ingeperk, eenkant, gemasker. Nie te vêr vooruit beplan nie, armer aan belewenisse en inperking aan toekomsdrome. Heel erg is die wag vir Beta Covid se klop aan my deur met sy tempramentele, lukraak uitkies van slagoffers.
Die fopnuus oor inenting, alternatiewe behandeling, ons land se byna onbeholpe uitrol van ‘n behoorlike inentingsveldtog en intelligente mense se amper blindelingse hardegat houding oor hoe Covid oordryf word laat my sprakeloos.
Fopnuus oor die inenting wat hartprobleme veroorsaak word sirkuleer. Oeps, ek gaan wen in die doodgaan liga, my tweede tjap is aanstaande week. Terloops, daar is gevind dat dit jong mans tussen 18 en 34 is wie affekteer word. Beste om by www.snopes.com te gaan seker maak voor mens daai whatsapp gogga maak vir baba bang boodskap aanstuur.
As jy genesing aan fopnuus en die magte daaragter benodig is daar twee programme op DSTV wat ‘n moet kyk is. BBC se The Rise of the Murdoch Dynasty en die puik dokkie van HBO, After truth.
Verder baat mens Nogal om fopnuus te verstaan. Hier is skakel na goeie inligting: https://libguides.geneseo.edu/FakeNewsGold.
Dis of meeste mense 123-blok-myself, 456 bokker die res speel. (‘n Stouterd op skool het altyd gesê 456 fok die res. Seep het nie die sêding kon uitwas nie. Hehe)
Is hierdie perdalks die Derde Wêreldoorlog? Almal met slimfone bewapen. Ons data en denke die gevegsfront beskikbaar aan die inligting mafia. Elke keer as ons onnadenkend dit wat vals is aanstuur, wen hulle.
Ek het by die weerstand aangesluit. Ons is in die minderheid. Ons beleid is basies dat iedere mens ons Skepper en ander se geliefde is. Daarom sal ons omgee wys in alles wat ons in die pandemietyd doen. Ons sal masker dra, saniteer, sosiale afstand handhaaf, ons inent, klokreëls handhaaf al mis ons vriende en geliefdes. Ons sal saam met ons onbeholpe regering alles veil hê om genoeg om te gee sodat almal kan oorleef. Selfs die bokker die res ouens.
Inenting vrywaar niemand van die moontlikheid om Covid te kry hie. Dit verseker wel dat jy dit nie erger as ‘n goeie griep sal ervaar. Dit hou jou uit die hospitaal en lykshuis. Jou kleinkinders sal jou nog daarvoor bedank.
Oor Ivermektien sê ek soos die radio-engel as dit troos bring, voel vry. Moet dit net nie met drank gebruik nie. Dit sal jou sleeptong laat blêr. Oor die oorsprong na die aanvraag na die middel…gaan lees hier en herkou die inligting. As jy nie lus het vir Ingels nie, koop 28 Mei 2021 se Vrye Weekblad. Die uitgawe het ‘n fantastiese artikel wat stof tot nadenke bied. Gaan lees wat Adri Kotzé nagevors het.
123 blok myself, 456 ter wille. Bly veilig, wees ingelig en gee om.
Jy spreek ware woorde. In hierdie nuwe “struggle” om oorlewing moet ons maar sterk staan en ons kant bring. Iewers gaan daar ‘n uitkoms wees en ons moet die geduld behou tot dan.
LikeLiked by 1 person
Dis nou as moedswilligheid nie die oorhand kry nie. Ek het gestik in my koffie vanmore. Rapport berig mense gaan paartie, gholf en so aan om siek te word en 10 dae af te kry. Pffft.
LikeLiked by 1 person
Daar’s nie pille nie …
LikeLike
…ook nie ente nie.
LikeLike
Liewe Vuurtjies, baie goed geskryf. Ek hoor jou hart, voel jou swaar, hoor jou sug. Ek hou jou naam ook op vandag…
LikeLiked by 1 person
Soos ek julle s’n elke oggend by die bidboom se kers.
LikeLiked by 1 person
Wat kan ek nou sê. Omdat ons so min mense is is een wat positief is soos n vloek wat uitgespreek is. Ons het na vlak 2 teruggeval. Net Wellington en omgewing. Die ergste is soos daar by julle, mense doen nie wat veronderstel is om te doen nie. Eintlik kan daar nie n wenner wees. Australië het nou ook weer lockdown. Nou sit daar weer mense wat gou oorgvlieg het toe hul oop was met die gebakte pere. Daar word geredeneer dat hul moet nou oorsee reis. Jong ek hoor alles wat jy sê. Ondersteuning is nou baie belangrik want hoe verwerk jy anders die trauma. Jy moet mooi loop daar in daardie pragtige wêreld waar jy is, Lief jou en baie serkte.
LikeLiked by 1 person
Ons is gisteraand na Vlak4 inperking geskuif vanwee die mense se gedrag en die Delta variant wat hiper aansteeklik is…ek vertel vir jou mense se selfsug en kwasterigheid het ons basies met meer lewensrisiko teruggesit waar ons Mei 2020 was. My brein buig lelik links oor stommiteit.
Dankie vir jou mooi wense en soos Ellen de Generes sê: “Back at you.”
LikeLike
Ai dis so onnodig. Hier kerm en kla en vat kanse waar hul ookal kan. Gelukkig is ons regering redelik streng. Dis soos ek sê maklik met so min mense om te beheer. Dis baie selfsugtig veral ook van baie blankes ook. Baie dink dit sal hul nie tref nie. Nee wat, hou goeie moed vriendin, ek voel sommer lus om te huil oor omstandighede. Gaan gladnie goed by Tina op landgoed nie. Hoe kan hul dit egter keer as daar so baie is wat dit kan oordra.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou bietjie mosterd na die maal. Uitstekende skrywe soos net jy kan. Ja Erna, dis nou ‘n paar maande later en steeds het niks verander aan die covidiote nie. Inteendeel dit raak net erger. Soos ek liewer nie in my taalblog geskryf het nie, maar graag wou…mense met vrot taalgebruik daar, se redenasievermoë is ook swak.
LikeLiked by 1 person