
So maak ek vanmore my bed op. Dis ʼn gesukkel, want my hondebende kom klim soggens douvoordag as dit koffietyd is en hulle al buite was om te gaan bene rek en lig en die nuwe dag te begroet, by ons op die bed.
Dis ʼn groot speletjie, hulle grys kombers moet oor my skoon linne gegooi word. Dan kom die twee schnauzers met ʼn gejuig ingehardloop en as Rots nog slaap, word hy gou wakker gemaak met nat neuse in sy oor!
Die bejaarde yorkie, Oscar kom met moeite die bed op. Hy dulux. Hy spring op en af nes die hond in die verf advertensie, dan sien jy hom, dan nie. Meestal gee hy op en kom staan dan smekend aan my kant van die bed dat ek hom kan ophelp.
Ons is net rustig dan kom mambaslagter Koda Koos ingedrentel, moeilikheid kom saam. Die kleintjies is in sy lêspasie. Dan draf hy kombuis toe, blaf asof iets vreeslik aan die gang is en die kleintjies se nuuskierigheid laat hulle bed af sprong om te gaan kyk. Dis wanneer meneer dan met groot spoed terugkom en sy plek op die bed inneem. Die kleintjies moet dan nou weer van voor af die bed op. Elke oggend klokslag dieselfde.
Ook witoog hulle ons tot hulle elkeen hulle beskuit in koffie gedoop happies kry. Die Schnauzers haat ook ons tablette. Ons lees smorens die koerant. Milo en Ringo sorg dat dit moeilik gaan.
Dan is dit boekevattyd en Bab kom klim ook by ons op die bed. Dis ʼn storie. Die Ontvanger van ons gebede moet soms ook net Sy kop skud vir die gewriemel.
Maar ek dwaal af.
Bed opmaak volg nie sommer met opstaantyd nie, want ons honde raak lekker aan die slaap, dan gaan mense in die huis maar met ander take aan tot die bederfies ontwaak.
Laken word reg getrek, slaapkussings reg geskud en dan die duvet en sjokolademousse deken. Dan die honde se grys slaapkombers.
Danksy my en Rots se rug- en nek herstel tye is die honde gewoond aan oggendslapies ook. Koos sal tjank tot jy die kamer vir hom oopmaak. Ons het babahekkies in ons kamerdeure, want die bende kan stout wees en oral invaar as hulle tyd het, en ons kan nog nie mooi vasstel wie begin die blerts kompetisies nie.
Ek het vyf strooikussings op die bed. ʼn Ngunibees aan Rots se kant, ʼn familie meerkatte vir my, ʼn Nataniël-bewoorde een in die middel, dan ʼn kussing met ʼn hondegevreetjie wat nes ons oorle Cindy lyk en ʼn Karoo kusnswerkie.
Vanmore kyk ek die kussings so. Haai, die kussings vertel ons storie!
Rots my ega van baie jaar is trots en sterk soos daai bees as hy lus het. Ek is so nuuskierig soos die agie meerkatte, en my liefde vir woorde is daar op swart op wit en bevestig ook dat skerp en goeie gebruik van onse taal vir my baie plesier gee. Die brakkussing vertel van ons liefde vir ons hondekinders. Die karoo skepping vertel van ons liefde vir die hart van ons land, onse Graaff-Reinet.
Die Maré’s van Waterval mooi opgesom, op die kussings op my bed.
My tone krul sommer net van lekker om so sommer in die kussings stukkies an my lewe raak te sien.
Plesier in klein dingetjies laat my sommer skatryk voel.
Sommer so huppel in my stap en blydskap warm in my hart.
My storie op my bed.
Dis nat en koud op Waterval, Ringo maak vandag ‘n nuwe storie op my bed!
Dis n besige opstaan by julle.
LikeLike
Voorwaar!🌞
LikeLike
Ek kan maar nie help om vir hierdie oggend petalje te glimlag nie. Julle kussings-storie is oulik, Vliegie.
LikeLike
As pns kyk vertel ons omtes baie van ons nè.😉
LikeLike
Het ek noue lekker gelees. Jou een Schnauzer se naam Milo? Het jy die woef van geboorte af? My een werpsel hondjies se een baba is Milo gedoop.
LikeLike
My kind se vriende se Achmed is ons twee se pappa, en ‘n ander vriendin het die mamma. Ons het eers vir Ringo gekry en vir Milo met die volgende jaar se werpsel. Hulle is my hart se punte. Jinne ons nooiensvanne Fourie en ons deel selle honde name. Verbonde inderdaad.
LikeLike
Inderdaad. Ek verbeel my Milo is Mooinooi toe.
LikeLike
Ek het nou llekker gelag vir die slim plan om die klein hondjies uit die bed te kry – gaan blaf in die kombuis! Hulle is kostelik. Ek hou van jou bedstorie.
LikeLike
💝🤗
LikeLike
Sooo lekker gelees! Mwa!@
LikeLike
Klink lekker vrolik!
LikeLike
Mooi storie, mooi opsomming en mooi kussings.
LikeLike
En my tone krul van lekkerkry omdat jy so meesterlik omgaan met ons taal en om jou lekker storie te lees.
LikeLike
Halloooo liewe Toortsie. Meesterlik, daai hoort by grotes soos Elsa Joubert en DJOpperman. Maar dankie dat jy my harttaal geniet. 📚✏❤
LikeLike
Elsa Joubert, DJ Opperman, Lekkervurige Vuurvliegie, so kan ek aangaan. 😊
LikeLike
😎🤗✏📚
LikeLike
O jinne, jy sal maak dat ek al my skuld aan jou bemaak. Hehe!
LikeLike
Nee dankie ek het genoeg skuld van my eie, maar as jy ietsie anders te spaar het, kan jy stuur.
LikeLike
💝📚
LikeLike
So vertel ons omtes ons lewensverhaal, nê! Pragtig geskry en ek is mal oor jou kussings. Ek hoop daai slim hond wat die ander so om die bos lei, kry ekstra beskuit…net vir oorspronklikheid
LikeLike
Kodakoos weeg amper 50kg, so hy kry sy loon dubbel en dwars.❤
LikeLike
Kodakoos klink na n bielie….geen wonder hy is die baas nie!
LikeLike
Janee, jou muse is terug…hoera!
LikeLike
💝🤗📚✏😇
LikeLike
Daar het ons dit nou! Die hel vroeg-oggend prentjie en dinge. My ou Trompman is ook nou op die stadium dat hy nog eers bly lê as ek opstaan en gaan tee maak en ook stort. As ek my hare droog geblaas het sal hy begin dophou of ek nou klaar is en reg is om te gaan loop. Onthou die loperey is al 6:30 am. Dis nou al reeds weer donker as ek kwart voor ses opstaan. Baie bly jy het n huppel in jou stap en dat dit REËN ook.
LikeLike
Dis so mooi
LikeLike