NaNo-2018-Writer-Facebook-CoverSo val ek vanoggend in, saam met Scrapy en Cecelia om deel te neem aan ‘n wêreldwye skryf uitdaging. NaNoWriMo – Amerikaans in oorsprong en ‘n afkorting vir National Novel Writing Month.

Jy registreer en gee jou boek ‘n naam. Die uitdaging om elke dag van 1 November tot 30 Jovember ‘n minimum van 1600 of so woorde te skryf. Siedaar, as jy volhou het jy in ‘n maand 50 000 woorde geskryf.

Nou ek het hierdie dissipline broodnodig want die stories in my kop maak my mal. Ek het besluit om eers te begin met my eie onthou stories. Of dit ooit publiek sal word, dis nou nie die kwessie nie.

Vanoggend om 08h30 gesit en skryf. Om 10h23 was saar meer as 2000 woorde in onthousnoere. Dag een gedoen.

Dankie Scrapy en Cecelia – as julle nie gepor het nie, het ek nie begin nie. Voorspoed vir ons al drie.

Skryf, gaan ek skryf, hulle sê mos na drie dae is iets gewoonte.  Ek gaan nou my Janieskryfgeheime huiswerk doen

O, ja dis lekker vandag op Watervalplaas. Gisteraand het die hemele gepraat en vir ons 9mm reën geskenk. Die wêreld om my se dors vir eers geles, ek dink ek hoor gras groei..