Lekker lui op die waterval stoep. Dis warm en winderig en ons koop die tyd uit. Koel Campari en Soda met bitters en vars ment. Blokraai en Nat King Cole fluweel die eter in.

So vier ons die dag. Soos Bab sê “‘n lekker Sondagmaandag.” Nie meer ontbyt of middagete is amper reg. Ja, Rots maak kos onder die sambreel op sy mobiele betroubare braai, en hy braai en hy braai…lekkervurig.