My vinkhuismoles foto’s het dadelik uit die onthouboks gespring toe ek vanoggend op Breinsuiker se blog sy nuwe woordsnoer raaklees.

Gaan blaai op die Dromer, Skrywer, Reisiger, Kunstenaar, Stoepsitter se blad – hy verras telkemale met sy woorde.

LOSTORRING/GARING

Die spreeuwyfie torring stukkies garing

en klapperhaar uit die voordeurmatjie

wat sê “welkom” om ‘n nessie te maak.

Wees versigtig dat jy nie my nessie

stukkend trap nie.

Wees versigtig dat jy nie my hart lostorring nie.