
Tema van jou lied
Kom sterre verskiet
Kom glimlag
Begin weer jou lewe geniet
Kom wonder
Kom werklik
Kom sterre verskiet
Maak geluk weer die tema van jou lied
Kom moeg,
kom met my,
kom misverstaan
Kom huistoe,
kom alleen,
kom vinnig,
kom saam
Kom happy,
kom hartseer,
kom smile,
kom traan
Kom winter,
kom somer,
kom sonskyn,
kom maan
Kom met my,
kom sonder,
kom sober,
kom klaar
Kom donker,
kom skemer,
kom daglig,
kom vaak
Kom moeder,
kom vader,
kom suster,
kom kind
Kom honger,
kom huilend,
kom verloor,
kom gevind
Kom wonder
Kom werklik
Kom sterre verskiet
Kom glimlag
Begin weer jou lewe geniet
Kom wonder
Kom werklik
Kom sterre verskiet
Maak geluk weer die tema van jou lied
Kom binne,
kom buite,
kom plaas toe,
kom stad
Kom hardloop,
kom le rond,
kom hou vas my hand
Kom warm,
kom koud,
kom eensaam,
kom vas
Kom bakhand,
kom vraend,
kom tasse gepak
Kom heemwee,
kom denkend,
kom ouers verras
Kom leeg,
kom volop,
kom geraamtes in die kas
Kom hier,
kom net vinnig,
kom een stuk,
kom as
Kom deur,
kom hientoe,
kom hou vas my hand
Kom wonder
Kom werklik
Kom sterre verskiet
Kom glimlag
Begin weer jou lewe geniet
Kom wonder
Kom werklik
Kom sterre verskiet
Maak geluk weer die tema van jou lied
(Skrywers: Zander Tyler, Pierre Andre Nolte, Fred den Hartog, Justin de Nobrega)
Ek is dadelik op die tablet en ek google die musiekvideo raak. Dis fantasties! Die video van die twee kunstenaars se optrede is in 2014 opgeneem in die Malmesbury-omgewing, en die res vertel die verhaal van ongewone Weskaapse mense, wat hulle lewenstema uit dans, speel, spring en leef! Albino’s met mieliepitglimlagte, ‘n seun manalleen in ‘n balletklas, ‘n verlamde valskermspringer, die hulpeloses, haweloses, ‘n vroulike Elvis-nabootser – aan die leef!
Om terug te keer na die streep argument. Ek wil sê maak nie saak of hy dun is nie, hy is daar, maak nie saak of hy breed is nie, hy is daar, maak nie saak of die vlak of diep is nie, ons streep maak deel van ons uniekhied. Ek is so bly liefde vir woorde, liefde vir alleman se storie maak dat my streep inpas by ‘n ander se vlak, diep, smal of breed. Dit maak my ore oop en my oë se uitkyk wyd.
O ja! Onthou: Tussen jou geboortedatum en jou sterfdatum is ook ‘n streep. Dit dui op jou lewe. Ek reken hy moet dik en diep geleef word, want dis jou storie.
Groete van ‘n gesonder lekkervurige ekke, so flikkerig soos ‘n vuurvliegie, maar gesonder.
So goed geskryf, so ‘n interessante tema Hoekom plaas jy nie daardie video hier nie? Ju copy sy link en paste hom op jou blog dn hy kom daar op!
LikeLiked by 1 person
Seegogga ek vermoed jy kyk by ‘n rekenaar waarop youtube geblock is, want jy het nou die dag ‘n soortgelyke opmerking by my gemaak. By my werk wys daar net ‘n wit spasie sonder enige verwysings na youtube as daar via ‘n 3de party (soos WordPress) ‘n youtube video geplaas word. As jy op jou rekenaar wel direkte toegang het, is daar ‘n verstelling wat youtube block via derde partye
LikeLike
As jy op jou rekenaar wel direkte toegang het, is daar ‘n verstelling wat youtube block via derde party websites
LikeLiked by 1 person
Ai wou eintlik die second time round gese het direkte toegang tot Youtube
LikeLike
Die video is geplaas Seegogga, altans dit wys by my. Onder die lirieke…
LikeLike
Dat ek’n streep het, is waar, ‘n lawwe streep. Daar is iets ekstra spesiaals aan daardie video. Dis my dirp se silo’s in die begin en ek ken van die mense wat op die video is, persoonlik. ❤️
LikeLiked by 3 people
Mal hieroor en mal oor hom en Valiant. Dit is so ‘n stunning song en praat met mens se hart, dik of dun streep. Dankie vir deel hiervan, jy het sommer weer ‘n trotse glimlag op my gesig en in my hart gesit,🌻🌻
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLike
Hulle het my laat onthou hoe wonderlik Afrikaans regtig is, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Valiant, Karen Z, sjoe so baie van hulle😘
LikeLiked by 2 people
Reblogged this on Sielsoeker.
LikeLiked by 1 person
Ai dis mooi geskryf! Mens kan sien jy voel beter…dankietog daarvoor.
Baie stof tot nadenke in hierdie streep.
LikeLiked by 1 person
So baie baie mooi, die lied, die woorde, die streep van jou lewe. Dankie
LikeLike
Het eenmaal gelees dat mens versigtig moet wees vir diegene wat geen strepe het nie (wat voorgee hulle het geen probleme of issues nie), want so ‘n persoon kan dalk ‘n psigopaat wees…
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
Gelukkig het ek baie issues …
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLike
Aaa, dis lekker om jou weer vurig te sien!
LikeLiked by 1 person
Vandat Middelkind my jare gelede die eerste keer na Jack Parow laat luister het, het ek ‘n laaiking vir hom – hy’s ‘n diep seun!
LikeLiked by 1 person