Die son pêrelskulp die daeraad deur die koue en wolke. Bring warmte in my seer hart. Seer vir mense se leed en pyn en swaarkry waaraan ek net mooi niks kan doen behalwe om die eina betraand by God se voete te gaan sit en met my dag te begin. So knop in die keel klim ek saam met Bab in die kar. Ons het halfuur se ry tot by die winkel.

Ons ry so in die pêrelmooi in, en op die radio speel ‘Let it be’, en my hart weet sommer dis God se antwoord op my gehuil. Ja, pêrels kom met pyn sal die skulp jou vertel.