32228696_1901497556577090_1744251446573924352_n

Ek en Mona is op dieselfde bladsy. Na ‘n Ma-dag bederf pedikuur en voetmassering, wil ek niks anders as voete-op en rustig wees nie.

Ek weet nie hoe werk dit nie, maar die pedi-gewer se hande is skerp, nes die fisioterapeut s’n. Magtig, sy het vir my plekke aan my voete laat voel en toe raak ek aan die slaap. In die salon, en hulle los my. Ag, my mense kan my ook nêrens heen laat gaan sonder toesig nie. Hehe.

Maar as ek die refleksiologie padkaart so kyk, is dit geen wonder ek is so buitengewoon ontspanne nie! Elke stukkie van my is met die massering geliefie! Sjoe.

400px-Foot_chart1

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Refleksologie#Refleksologie_'(Pad)-Kaart

Soos ek hier sit en skrywe kan ek nie wag dat Rots nou terugkom Lekker winkel toe nie, dat ons daai Legend kan pak en plaas toe pendel en ek en my voete so behaaglik op die stoep kan uitspan ala Mona.

Lekker Naweek vir al die mammas en oumas. Hoop julle word bederf. Tjeers.