Danie blog Vrydag oor Stefanus wat gestenig is, en wonder hoekom Stefanus se visioen wys dat Jesus staan aan die regterhand van God. Jesus sit nie.

Stefanus was ‘n sonderlinge dienaar van God. Hy was een van die eerste diakens, belas om die werklas van die evangeliste en predikers te verlig. Die jong man was besield. Ek lees dat hy geblink het. Ag, en net soos oral deur die eeue heen vang hoë bome baie wind, grootheid word gevolg deur nydigheid en venyn.

Een bron meen Stephanus se dood het die Kerk op aarde van nog ‘n Paulus beroof. Dit kom na aanleiding van die betoog wat Stefanus lewer voor sy aanklaers. Handelinge 7 waar die gebeure opgeteken is beslaan 5% van die boek Handelinge. Dis ‘n groot hoofstuk en ‘n mens kan nie anders as om deur die vertelling teruggvoer te word en self daar saam met Stefanus en sy aanklaers te wees nie.

Lees net hier: “The stoning of Stephen there was lost to the Pentecostal Church another Apostle Paul. Stephen was a young man of such original genius and of such special grace, that there was nothing he might not have attained to had he been allowed to live. His

Stefanus word gestenig. Luid roep hy “Kyk, kyk ek sien die Seun van die Mens (woorde waarmee Jesus Homself beskryf het) STAAN aan die regterhand van God.”

Jesus staan, maar hoekom? Met Danie wonder ek toe nou ook. Jesus het mos opgevaar na die hemel en kan nou sit aan die regterhand van God, van waar Hy sal kom om te oordeel. Hy staan omdat Hy weer gaan terugkeer.

Die Bible Characters Dictionary App beskryf dit so: “Sit, said the Lord to my Lord, at My right hand until I make Thy foes Thy footstool.” Dis ‘n aanname om te dink dat Jesus, na Sy offer om al ons sondes op Hom te neem, Sy taak voltooi het en vir ewig mag sit aan God se regterhand.

Ons Jesus is ‘n Lewende God. Hy het die dood oorwin! Hy kom weer terug. Hy is nooit passief nie. Hy kon nie onbetrokke sit en toekyk toe Stefanus, vol van God se Gees, gestenig is nie. Stefanus het Hom nodig.

Jesus word deur ons geloofsbehoeftes besig gehou. Lees net hierdie: “But, with all that, He could not sit still when He saw them stoning Stephen. And so it is with Him always. He sits, or He stands, or He comes down to earth again, just according to our need, and just according to our faith. I see Him standing up, says Stephen. What a power, what a possession, is faith! For faith can make the Son of Man do almost anything she likes. As William Guthrie says of her, “Faith sometimes acts in a very wilful way upon her Lord.”

Die geloof van Sy volgers bied aan Jesus geen rus nie skryf die wyse man. Ons laat Hom opstaan, weer en weer. Ons geloof laat Hom alles wees en doen wat ons vra. Hy het alles op aarde gedoen en doen steeds in die hemel, alles wat siele in nood verlang.

Is iemand sonder klere en beskutting? Jesus klee ons liefliker as die lelies van die veld. Is daar ‘n honger, dors siel? Jesus is die Lewende Water, die Nuwe Wyn. Hy skryf verder dat net soos Jesus teenoor geloof reageer, doen geloof dieselfde teenoor Jesus. As hy die Bruidegom is, is geloof in Sy beskermde arms, as hy die Rots is, het geloof reeds daar begin huisbou. Geloof is die lammer in die Goeie Herder se arms. Vir altyd. Dis geen wonder Stefanus sien Jesus staan nie.

Net so sal dit vir elkeen van ons wees. Ons sal in ons benoudste en ook selfs laaste oomblik Jesus sien. Reg om te wees wat ons op daardie moment van Hom nodig het. Dis hoe lief Hy ons het. Vir my is die staande Jesus ook ‘n herinnering dat Hy by die Troon van God vir ons instaan.

Shawn Brasseaux skrywe dat Jesus staan, sodat die beskuldigdes van Stefanus hulle fout kan besef. Hulle ontsteltenis was dat hulle deur Stefanus se visioen besef het hulle is in die moeilikehid, nie Stefanus nie:

54Toe die Joodse Raad hoor wat Stefanus alles vir hulle sê, het hulle ontplof van woede. Maar hy was vol van die krag van die Heilige Gees. Hy het nie eens agtergekom hoe kwaad hulle was nie, want hy kon tot binne-in die hemel sien. 55Stefanus het God daar in al sy heerlikheid gesien, en ook Jesus wat langs Hom staan. Toe sê hy hardop: 56“Kyk daar! Ek kan tot binne-in die hemel kyk. Ek sien Jesus, die Seun van die mens. Hy staan op die belangrikste plek in die hemel, daar reg langs God.”
57Na hierdie woorde het daar chaos losgebars. Party van die raadslede het hulle ore toegedruk omdat hulle nie verder na Stefanus se woorde wou luister nie. Ander het opgespring en op hom afgestorm. 58Hulle het hom gegryp en uitgesleep tot buitekant die stadsmure. Daar het hulle hom met klippe begin gooi. Party van die mans het hulle hemde uitgetrek sodat hulle Stefanus nog makliker onder die klippe kon steek. Hulle het ’n jongman met die naam Saulus gevra om hulle klere op te pas.
59Terwyl die klippe op Stefanus neergereën het, het hy gebid: “Here Jesus, neem my nou na U toe.” Toe het hy op sy knieë neergeval en hard uitgeroep: “Here, moenie dié sonde teen hierdie mense laat tel nie! Vergeef hulle.”

Die Jode het God se plan verwerp by Jesus se kruis, en ook verder toe hulle die Evangelie nie wou aanvaar nie. Dis inssiggewend dat Saulus wat later Paulus word ook by die steniging van Stefanus teenwoordig is. Sy ommekeer op die Damaskuspad is elkeen wat huiwer en in ongeloof teenoor God staan se enigste kans – ‘n totale ommekeer, ‘n ervaring, ‘n oortuiging in God se genadeplan vir die wat Hom liefhet. Alleen deur Jesus.

37Die skare wat na Petrus gestaan en luister het, is diep deur sy woorde geraak. “Sê asseblief vir ons wat ons nou moet doen. Hoe kan ons die saak tussen ons en God regmaak?” het hulle vir die apostels gevra.
38“Laat staan dadelik julle sondes. Kom terug na God toe,” het Petrus geantwoord. “Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. God sal julle sondes dan vergewe. Julle sal ook die Heilige Gees ontvang. 39Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. Ja, selfs vir al die ander mense wat op die oomblik nog ver van God af lewe. Binnekort sal hulle ook van Hom hoor en deur God nader geroep word.” (Hand 2: 37-38)

Brasseaux skryf verder dat teen die tyd dat die Jode vir Stefanus hoor praat, is dit een jaar na Petrus tydens Pinkster gesê het. Hulle moes besef dat God se wraak al hoe nader sluip. Hulle het letterlik God se genade opgebruik deur die Vader, Seun en die Heilige Gees te verwerp. Hulle wou dit nie hoor nie, vandaar hulle hewige en wrede reaksie teenoor Stefanus. Gelukkig was God se nuwe plan reeds daar – Saulus wat die klere opgepas het en die Jode gelukgewens het na die steniging, sou binnekort Paulus wees. Paulus wat Jesus as sy Verlosser aanvaar het en ons kerkvader geword het. Wat vir ons leer van die Verlossing- en Genadeleer. God se woede teenoor ons is weer uitgestel, en Jesus sit weer aan Sy Regterhand (Kol 3:1) totdat Hy weer kom.

Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel.” (Hebreërs 12:2 DB)