Foonjakkery – die praktyk om jou metgesel of metgeselle te ignoreer om aandag te gee aan jou selfoon of ander mobiele toestel.
(Tele)FOON + (af)JAKKERY
Oukei – dis ‘n eiewoord, kry julle ‘n beter een of vertel my wat is die Afrikaans hiervoor:
-
“phubbing is just one symptom of our increasing reliance on mobile phones and the Internet.”
En die doodskoot vir regte egte interaksie tussen mense. Ek hou van hierdie blog.
LikeLiked by 1 person
Ons moet weer leer in die mens by jou se oog kyk, né.
LikeLike
presies my sentiment!
LikeLike
Mans kan net een ding op ñ slag doen…? Bertus se werkswêreld is 100% afhanklik van sy foon. “Need I say more?”.
LikeLiked by 1 person
Ja sug, ek sê ook eerder niks….
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Ek hou van jou woord.Dis nie net onbeskof nie, maar gevaarlik ook, veral daai ouens wat in hulle voertuie oor die telefoon praat. Ek en my man het gou ons hond gaan oplaai na sy bad en skeer en hier in die hoofstraat, reg op ‘n draai, ry meneer met die moerse groot bakkie hier langs my sodat ek niks kan sien van waar die ander verkeer is nie. Ek het sommer my venster oopgemaak en hom beduie dat ek sy lewer gaan uitpluk, dit op die teerpad neergooi en daarop spring as hy nie sy vor-baai-vor double cab uit my pad uit kry nie. Dink asseblief ‘n woord uit vir hulle ook.
LikeLiked by 2 people
‘n Padvraatfoonjakker??? Ai, Hester die ongeskitheid oral maak my siel ook moeg.
LikeLiked by 1 person
…of padvarkfoonjakker, of sommer net …..ol.
LikeLiked by 1 person
Haha, sulke goed maak my lam en dan ontaard ek in ‘n skreeuende varksog.
LikeLike
Dit raak al erger!
LikeLike
Mooi! Nou verstaan ek waaraan my familie “verslaaf” is, dit kan my ook grensloos irriteer.
LikeLiked by 1 person
Oulike woord
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n begin….Hester het my al by padvarkfoonjakkery vir die ryende praters….
LikeLiked by 2 people
Hehehehe …
LikeLiked by 1 person
Ek like – nie dat ek onskuldig is nie
LikeLiked by 1 person