‘n Gunsteling kinderonthou is Saterdae-matineé fliek saam met my pa-hulle in die Savoy teater op Barberton. O, “Gone with the wind” en “Ben Hur” se boude deursit met ‘n pouse! Die liriese “The King and I” en Mario Lanza se “Student Prince” en dan die skop en skiet van Clint Eastwood, Telly Savalas, Terence Hill en Bud Spencer. Onthou julle die waagmoed van die ‘Great Escape” en Paul Newman en Steve McQueen en Charles Bronson! Koeldrank, toffies en flieke vir 25sent!
Maar ek wil oor Pollyanna praat. Die storie is in 1913 geskryf deur Eleanor H. Porter en is verwerk in flieks en televisiereekse. Die gewildste weergawe sou ek my verstout om te sê is die 1960 fliek met Hayley Mills in die rol van Pollyanna.
Ek het geween toe sy by haar aaklige Tante moes gaan woon. Hoe die kind ten spyte van verwerping, elke dag iets gekry het om dankbaar oor te voel, kon ek my nie indink nie. As ek my oë so toemaak sien ek die toneel, na Pollyanna gebruik van haar bene verloor het, en uiteraard ook haar lus vir dankbaarheid, en stukkies glas in haar venters gehang word en die sonstrale kleur deur haar kamer spat, en sy haar kennetjie oplig en haar dankbaar mojo terugkry.
Daai graad van positiwiteit sal vandag as stroperig en kumbaja-rig afgemaak word. Ons sal seker met ons afgestompte moderne gemoedere vinger in die keel wil druk oor die sentiment.
As jy vandag vertel dat iemand pollyanna,impliseer jy dat so ‘n persoon oormatig vrolik of optimisties sou wees.
Ek stem nie saam nie. Soos Robb Hillman wie reken die dogter slimmer was as waavoor sy krediet kry, glo ek ook. Hy reken Pollyanna se tipe optimisme is nie lui nie, dit is eerder ‘n verwoede stryd om doelbewus die perspektief te kies wat jou die beste dien.
Dit laat my dink aan wat ons vandag ken as doelbewus en teenwoordig lewe. Om elke dag te kies om iets te soek waarvoor jy dankbaar is, om nie in die verlede se modderpoele rond te rol nie, en nie te veel in die toekoms se raaiselspieël te staar nie, dit klink soos pollyanna-gedrag.
Ek hou daarvan. Ek gaan trag om elke dag iets te kry om oor te pollyanna, en jy?
Ek gaan ook. Uit selfverdediging! Elkeen van ons kan doen met meer positiwiteit in die lewe.
LikeLiked by 1 person
Net So!
LikeLike
Ja, ek sal saam met jou Pollyanna, nie omdat ek so ‘n sonstraaltjie is nie, maar omdat my sin vir humor nie onder die kombers wil bly nie. Dis om soos in die kerk te giggel – jy kan nie ophou nie, al is niks op aarde regtig snaaks nie. O, en ek verkies die King and I met Yul Brynner (haal asem, Hester) en Deborah Kerr in die hoofrolle.
LikeLiked by 1 person
Yul Brunner, nou praat Jy! 😉
LikeLiked by 1 person
‘n Voorbeeld vir ons almal
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook daarvan! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek was baie klein en sou dit graag nou weer wil sien
LikeLiked by 1 person
Ek onthou nie veel van die fliek nie, so jy het my nou geinspireer om dit in die hande te kry.
LikeLiked by 1 person