Pollyanna jy?

‘n Gunsteling kinderonthou is Saterdae-matineé fliek saam met my pa-hulle in die Savoy teater op Barberton. O, “Gone with the wind” en “Ben Hur” se boude deursit met ‘n pouse! Die liriese “The King and I” en Mario Lanza se “Student Prince” en dan die skop en skiet van Clint Eastwood, Telly Savalas, Terence Hill en Bud Spencer. Onthou julle die waagmoed van die ‘Great Escape” en Paul Newman en Steve McQueen en Charles Bronson! Koeldrank, toffies en flieke vir 25sent!  

 

Maar ek wil oor Pollyanna praat. Die storie is in 1913 geskryf deur Eleanor H. Porter en is verwerk in flieks en televisiereekse. Die gewildste weergawe sou ek my verstout om te sê is die 1960 fliek met Hayley Mills in die rol van Pollyanna.

Ek het geween toe sy by haar aaklige Tante moes gaan woon. Hoe die kind ten spyte van verwerping, elke dag iets gekry het om dankbaar oor te voel, kon ek my nie indink nie.  As ek my oë so toemaak sien ek die toneel, na Pollyanna gebruik van haar bene verloor het, en uiteraard ook haar lus vir dankbaarheid, en stukkies glas in haar venters gehang word en die sonstrale kleur deur haar kamer spat, en sy haar kennetjie oplig en haar dankbaar mojo terugkry.

Daai graad van positiwiteit sal vandag as stroperig en kumbaja-rig afgemaak word.  Ons sal seker met ons afgestompte moderne gemoedere vinger in die keel wil druk oor die sentiment.

pollyanna-glad-game-quote

As jy vandag vertel dat iemand pollyanna,impliseer jy dat so ‘n persoon oormatig vrolik of optimisties sou wees.

pollyanna

 

Ek stem nie saam nie. Soos Robb Hillman wie reken die dogter slimmer was as waavoor sy krediet kry, glo ek ook.  Hy reken  Pollyanna se tipe optimisme is nie lui nie, dit is eerder ‘n verwoede stryd om doelbewus die perspektief te kies wat jou die beste dien.

Dit laat my dink aan wat ons vandag ken as doelbewus en teenwoordig lewe. Om elke dag te kies om iets te soek waarvoor jy dankbaar is, om nie in die verlede se modderpoele rond te rol nie, en nie te veel in die toekoms se raaiselspieël te staar nie, dit klink soos pollyanna-gedrag.

Ek hou daarvan. Ek gaan trag om elke dag iets te kry om oor te pollyanna, en jy?

-pollyanna-quotes-bring-back

 

8 Comments on “Pollyanna jy?

  1. Ja, ek sal saam met jou Pollyanna, nie omdat ek so ‘n sonstraaltjie is nie, maar omdat my sin vir humor nie onder die kombers wil bly nie. Dis om soos in die kerk te giggel – jy kan nie ophou nie, al is niks op aarde regtig snaaks nie. O, en ek verkies die King and I met Yul Brynner (haal asem, Hester) en Deborah Kerr in die hoofrolle.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

the depth of now

Discovering Istanbul through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

%d bloggers like this: