Lê-jou-eier: Gee my vir ‘n boom, asseblief

 

Tombstone-Digital-Stamps-plain

Niks – want ek is nie daar nie. Ek is huistoe, by my Pa.

My lyf, wel dis ‘n ander storie.

My gesin sal na my heengaan ‘n briefie aan die testament kry, wat so lui:

“My liefstes

As julle hierdie lees, is ek vooruit huistoe. Onthou net, niks begrafnis- en grafdramas nie. Ons het mos saam genoeg aan ontsteltenis beleef rondom doodgaanwense wat nie volvoer is nie.

Die lyf waarin ek hier op aarde in geleef het moet julle veras, of verys. Ek het gehoor mens kan nou ‘n liggaam laat verys* en verkrummel.  Of liewer, Kry een van daai boom “pods”*, en ‘n boom wat by Great Expectations sal aard. Een wat sterk sal staan en skadu op ‘n  warm Karoo somerdag sal maak om koelte en skuiling te bied. Of as julle nie lus is nie, maak ‘n gaatjie met die grondboor by die peperboom in Great Expectations se werf, en gooi my as daarin. Bemesting vir die skaduboom. En as die kaktus so mooi blom, onthou.

20170317_082045

Ek sal dan kan, soos ek in my liefhê vir julle, en julle vir my, skuiling teen die wêreld se aanslae en die lewe se seer gebied het, vir die boom voed om stilte en skadu te bied vir iedereen wat teen sy stam kom leun of kom sit.

Onthou my as die een wat die klein dinge met groot liefde gedoen het. Die botter op elke hoekie van die brood gesmeer. Nee, onthou soos julle wil, of nie.

Leef julle lewe voluit, daai strepie tussen begin en einde, hy tel.  Onthou net: as die begin begin, begin die einde.

Liefde altyd

Rina-ryni-ma-ena-edna-mother-sharofski

NS. Ek was altyd lief dat ek nooit deur julle op my noemnaam genoem is nie. Vele rolle in ‘n vol lewe. Ja, toe, ek wou net vir oulaas my sê inkry. Hehe.

Na- naskrif (Amper vergeet ek)

Burial pod of Capsula Mundi coffin

biodegradable-burial-pod-memory-forest-capsula-mundi-3

biodegradable-burial-pod-memory-forest-capsula-mundi-8

Ek sou  egter verkies om in my Karootuin, ‘n boom te word. Sê nou net my buurboom en ek baklei oor ‘n sonkolletjie…..

Bevriesing tot bemesting

 

So – veras of verys, die uitkoms is dieselfde.

Stof tot stof, as tot as, deel van die siklus van lewe en dood.

Gee my vir ‘n boom  groot asseblief.

In ons Karootuin, asseblief.

____________________________________________________________________________________________

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

23 Comments on “Lê-jou-eier: Gee my vir ‘n boom, asseblief

  1. O dit klink heerlik, om saam met ‘n boom te groei, om die boom te wees. Ek het al gelees van die “pods” en ek dink ook dis ‘n gawe idee. Die enigste probleem is dat ek nog nooit lank genoeg op een plek gewoon het om die “huis” te noem nie, maar as jy jou eie staanplek het, is dit ‘n wonderlike idee. Jy sal weer kan groei saam met jou nageslag. Lekker bydrae. Dankie vir die deelname.

    Liked by 1 person

  2. Jong dit is nou n storie. Ek wou my man se as by sy doringboom in ons tuin gestrooi het, maar toe wou die familie n begrafnis hê en nie n verassing nie. Nou is hy grondgebonde op n plek waar hy nie rerig wou wees nie.

    Like

    • Dis presies hoekom ons gesin – Rots, Bab en ekke so openlik is met ons wense. My pa is ook agv familiedruk begrawe – toe ons sy graf ‘n paar jaar gelede besoek, is sy grafsteen weg! Gesteel. Die grafplaas verwoes. Ek gedenk hom nou maar as ek deur die Strydom Tonnel en Blyde Canyon om reis – dis waar hy wou gestrooi wees. My skoonma weer het langs Skoonpa ‘n plot gekoop toe hy destyds begrawe is – die staan leeg want sy is agv boetiedru veras – ons het maar met ‘n gronboor vir haar assies onder Skoonpa se grafteen aangebring en haar naam op sy grafsteen aangebring. Dis rerig onlekker om te weet liefiemense se wense is nie aan voldoen nie, maar eintlik pla dit die vooruitlopers glad nie – dis ons klomp agterblyers wat gewoonlik met die chaos en seer sit, né. Ons het na die belwenisse as gesin vir almal uitdruklike wense uitgespreek en maar op skrif in die doodgaan leêr en testament beskrywe. Ons kind steun ons gelukkig, en die familie is maar yl…

      Like

      • Ja die ergste is dat hy geskryf het wat ons moet doen . y wou sy as sommer net weggegooi hê.. Familie belowe hul sou grafsteen oprig. Na 24 jaar nog steeds niks van gekom nie. Ek moes nog die onkoste dra ook!(My man het homself geskiet dus daar was maar groot drama gewees.)

        Like

        • O my maat, ek weet. My moeder se selfmoord het ook die tweede man voet in die wind laat slaan. Ek het ook selg moes sorg vir dioe grafsteen met sy van op… Dis maar moeilike goed. Beste om aan te loop en die gebeure in die verlede agter te laat. Groetnis

          Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

the depth of now

Discovering Istanbul through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

%d bloggers like this: