Hier is die 12de hoofstuk van ‘n bloguitdaging wat handel oor die avonture van die Towerinne en Coronamouna. Die hele wêreld is nog steeds in rep en roer oor die heks genaamd Coronamouna en haar mak spinnekoppe wat die virusballetjies oor die planeet versprei het. Die Towerinne is vasberade om hierdie pandemie die hok te slaan en die spinnekoppe te laat boet vir hulle wandade.

Die Towerinne vertel self van hulle avonture, in die vorm van ‘n vervolgverhaal. Lees gerus die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

—————————————————————————————————————————————–

 

As ‘n mens  ‘n fliek sou moes skiet, so die bedrywigheid op Rebusfontein ‘n groot logistieke probleem vir ‘n filmmaker gewees het. Oral is iets aan die gang. Die spanning en angs tasbaar in die lug.

In die donkerte sien mens twee stelle fakkels nader aan grot by die vervalle herehuis beweeg.  Dis Vuurvliegie, Seegogga en Bondels voor en Hester, Positief en Woordnoot agterna. Una moet vannag nog uit die Coronamouna spinnejaster kokon gered word.

Kyk mens op na die flonkerende sterre, sien jy ‘n lig wat nader spoed. Dis die ElonMuskmasjien wat Christa en Scrapy gebruik het om Chris Chameleon en sy traapsuutjie weermag te gaan haal om te kom help om Coronamouna se stoute spinnekoppe te kom stopsit en of uitroei.

Rebus fontein kan ook maar net nie van moord en doodslag wegkom nie.

Ondertussen, op die dorpsmeent is Virgo C en Sonell besig om met mag en mening ‘n rehabilitasiesentrum in te rig. Dis net ligte en tente en draad wat gespan word. Hoktyd vir ‘n klomp Towerinne lê voor.

Reeds opgeneem is  Toorts, Kameel en Camilla wat beneweld hulle roes afslaap.  Van te lekker, slaap hulle nou diep. Arme Frannie sit maar en lees voor uit ‘n Lidi de Waal bundel. Heel gepas lees sy “Die Varkievrou”

Die Towerinne is so oorweldig deur Broodina se slinkse truuk dat hulle sukkel om al hulle varkies op hok te hou.  Broodina het mos gegaan en Coronamona vertel van Rebusfontein as toevlugsoord na sy en haar spinnekoppe nie meer by Barnum se sirkus ‘n holte vir die voet gehad het nie. Of is dit nou besem en web?

Frannie lees met haar mooi stem:

“Van lank lank gelede af sê mense
die vrou se varkies is nie almal op hok nie
maar ag wat mens kry mos verskillende kopvarkies
jy kry die makkes
die linkerbreinvarkies
wat netjies in gelid bly
die ordentlikes wat hulle nie maklik laat bewolf nie of bevark nie
wat mooitjies in netjiese hokkies pas
en dan ai tog lo and behold
kry jy die malles
die regterbreinvarkies
dis nie varkies wat jy aldag kan voorsê nie
of inhok nie
daais is die next level shit varkies
die weirdvarkies die vliegvarkies
die artvarkies
mettertyd kom jy agter
dis beter om hulle op hul eie manier te laat operate
want dan kan hulle vir jou die hemel op ń skinkbord bring
hulle kan eentonige middelmatigheid omtoor in voortreflike uitnemendheid met pers en groen kolletjies op
en soms (rerig erig sonder dat jy dit so gewou het)
kerjakker van jou varkies bietjies te uitbundig rond
en trap hulle op iemand se tone
of pee teen iemand se heilige bome
maar op die ou end moet jy al jou varkies net onvoorwaardelik liefhê
en koester
want jou varkies…is jou varkies”

Toorts, Kameel en Camilla roer traag. “Wat is dit oor varkies…,” mompel Toorts.

Sonell en VirgoC lag te lekker.

“Dink jy nie ons sentrum moet ‘n naam kry nie? So mooi op ‘n plank of stuk sinkplaat geskrywe,” beduie Sonell hande in die lug. Sy lyk nes ‘n visserman (vrou) wat beduie hoe groot die vis wat weggekom het sou wees.

VirgoC lag, “Jong, as ek so na Hester se gewip oor al die Frangelico en witblits brassery kyk, gaan dit Kamp Staaldraad wees.”

“Bwahaha, nee man, liewer kamp Staalwol, ons is darem almal vroumense en Lorenzo het niks verkeerd gedoen nie. Genade, staalwol is lelik, wat van daai goue Goldilocks potskuurders,” antwoord Sonell lemmetjieskerp.

Kamp Goldilocks word die rehabilitasiesentrum eenparig genaam. Sonell sleep summier ‘n stuk sinkplaat nader en Frannie loop soek verf en kwas.

Intussen, in die grot, agter die herehuis kyk Una met groot oë na die menigte Frangelico bedwelmde spinnekoppe met hulle Corona balletjies wat oral rondlê en vra na meer engeltjiepiepie. Dat die Towerinne se gunsteling drankie nou so gewild kan raak. Wat haar oë nog groter laat rek is Broodina wat selfvoldaan voor ‘n rots aan die grotwand druk en dan verdwyn sy so deur die klip. Wat gaan aan wonder Una.

“Is ek besig om te yl, het ek covidkoors,” wonder sy benoud.

Sowaar, Broodina  stap deur die rots en dan kom sy met nog en nog spinnekoppe terug. Sy praat iets van oorheersing en oorname, en dat sy nie sal rus voor elke  Towerin en towertroeteldier uit Rebusfontein verdwyn, sodat sy in vrede baas kan speel oor die magiese plek nie.

“Het die vrou g’n einde nie,”  Una sweer wraak, sy moet net op een of ander manier uit die kokon loskom. Broodina stap sluip sluip grot uit, ook net betyds.

Buite die grot land die Elonmusk vuurpyl.  Toe die stof gaan lê, staan ses Towerinne en Lorenzo en met fakkels en wag. Die masjien se deur gaan geluidloos oop. Christa en Scrapy, Perdeby en Chris Chameleon kom uitgestap.  Sowaar met honderde klein trapsuutjies!

Lorenzo staan oopmond en vergaap hom. “What eez dat,” al wat hy uitkry.

Klaarblyklik nog nooit ‘n verkleurmanntjie gesien nie.

“Dis ‘n trapsuutjie,’n verkeurmannetjie, ‘n chameleon,” sê Hester.

“A what?  Ghaamelon? Why dei walk so careful? Are dei scared of de spiders,” stotter Lorenzo.

No, man Lorenzo the step-softlies have long tongues, on which we have put sanitiser balls, which will kill the spiders and destroy the little corona balls and stop the covid from spreading,”  beduie Crista in haar skooljuffrou-geduldig stem om vir verwarde Lorenzo te kalmeer.

“Mense, dit lyk vir my na ‘n Apie-situasie die,” sê Chris Chameleon en trek los in sy vier oktaaf stem. Net so spontaan. Die Towerinne staan oopmond en luister.

Daar’s n apie wat nooit slaap nie
Wat heeldag en heelnag in my kop rondbons
En hy hou my dikwels wakker
Hy’s n nikswerd bakoor rakker
As hy so bons
En ek kan hom nie keer nie
Hy wil hom nie aan my steur nie
Kan my apie nie beheer nie o wee
Almal het n apie
Dis daarom dat die plek lyk soos hy lyk
Almal het n apie
En niemand kry sy apie om te wyk nie
Daar’s n apie in n hokkie en daai hokkie
Is my koppie wat soms bons
En daai apie speel toktokkie
Tokkel heeldag met sy klokkie
As hy so bons
En daai apie hou nooit op nie
Om my wêreld om te dop nie
Kan daai apie net nooit stop nie
Hier gaan ons weer
Almal het n apie
Dis daarom dat die wêreld lyk soos hy lyk
Almal het n apie
En niemand kry sy apie om te wyk nie
Daar’s n ou man by
Wie ek altyd goeie raad kry
Hy se vir my
As ek daai apie stil wil kry
Hoef ek nie verder te soek nie
Vir n apie muti nie
Want apie sal verdwyn
As ek tyd maak vir stiltetyd
Almal het n apie
Dis daarom dat die wêreld lyk soos hy lyk
Almal het n apie
En niemand kry sy apie om te wyk nie
Almal het n apie
Niemand word nie gepla nie
Niemand het nie n apie nie
Wat nie amok wil maak nie
Almal het n apie
Moet my nie so aangaap nie
Jy het ook n apie
Kom bring gerus jou apie
Ons hou n apie paartie…
“Ja, Chris, ons Apies se naampies is Coronamouna en Broodina. Die twee het nou rêrig gemors aangevang en nou is die oorsprong van die corona gogga, sowaar hier op Rebusfontein. Ons kan dit nie duld nie. Het jy raad,” vra Hester.
“Mmm,” Chris vryf oor sy baardjie. “Ons kan mos net die spul in die grot inlok en dan die grot toe seël.”
“Dis nie so maklik nie. Daar is derduisende spinnekoppe en coronaballetjies, dit gaan slim kos, en hulle het onse liewe Una in ‘n kokon binne in die grot vasgespin,” beduie Perdebytjie weer.
“Mmm, spinnekoppe hou mos nie van lig nie, sal altyd koelte of skadu soek. As ons met fakkels ingaan kan Seegogga met haar knypers die kokon loswikkel en Lorenzo kan haar uitbring. Terwyl die redding aksie aan die gang is, sal ek en die trapsuutjie troepe begin spinnekoppe bymekaar maak. Ek het net die regte liedjie om hulle te lok. Towerinne en spiertier Lorenzo, laat waai met fakkels die grot in en gaan red julle Una Towerin…,” en daar gaan Chris die nag in, al singende

 

Die blare oral in die veld begin ritsel. Coronadraende spinnejasters kom van oral aangekruip. Chris loop soos die pyper van Hamelin en die agtbenige menigte volg hom. Gemesmeraais.
Intussen kom die Towerinne met hulle fakkels en Lorenzo met die gekokonde Una die grot.  Hulle hol vervaard na die Elonmusk masjien, want net so entjie weg kom Chris al singende met ‘n menigte spinnekoppe agterna. Reguit grot toe. Die trapsuutjies het die kolon spinnekoppe aan beide kante omsluit en dis net tonge met sanitiserballetjies wat heen en weer vlieg…en spinnekoppe en coronatjies wat verdamp.
Chris gaan staan in die grot se bek en sing na binne, sy oktaafryke stem eggo en die spinnekoppe bly agterna stap, grot in.
Lorenzo en Seegogga het vir Una heeltmal losgewikkel uit die kokon.
“Genade, hoe lekker is dit om te kan beweeg,” sê Una en wawiel sommer, en spring skêr spronge. Almal is bly sy is ongedeerd.
Opgewonde babbel Una:” Luister maters, Broodina sit agter die hele gemors. Daar is so “time warp” opening aan ‘n rotswand in die grot. Sy loop daar deur en bring net nog en nog spinnejasters met corona balletjies saam terug. Dis hoekom Coronamouna dink sy het beheer oor die goed verloor.”
“Mmm, ons sal die Broodina moet uitvang en vaskeer op ‘n manier. Maar eers, ons moet die grot geseël kry, dan is die sinnekoppe en hulle oorblywende coronatjies en Broodina se time warp daarmee heen,” merk Chris op.
Lorenzo is nie links nie. Hy het dinamiet byderhand.
“Today we blow dis place up. You all go back to the town, I will be back soon,” sê hy passievol.
Chris en sy trapsuutjie troepe, Christa, Perdeby en  Scrapy klim terug in die Elonmusk masjien…
Die ander Towerinne laat spaander terug Rebusfontein meent toe.
‘n Ontploffing ruk deur die nagstilte. ‘n Vlam oranje skiet die lug in.
Coronamouna wat haar roes lê en uitslaap,  ge’ducttape’ om die polse en mond begin voor Virgo C se oge krimp.
“O nee ou katta, so kom jy nie weg nie,” roep sy uit en gryp die kêmfroet bottel. Blitsig is Coronamouna in die bottel vasgevang. Nes Aladin se Genie.
Sy kan nou maar ‘n rariteit op uitstalling by Barnum se sirkus word. Sonell en Frannie staan verstom die gedoente en gadeslaan.
Corana se piepstemmetjie kom uit die bottel: “Kan ek asseblief net een wens kry?”
“Nee, man, Coronamouna, jy het dit verkeerd om, jy moet aan ons ‘n wens toestaan,” sê Sonell  wat verder aan die einde van ons avontuur sal vertel.
NS: Dankie Bondels vir jou inspirasie!