Voor jy verder lees, luister eers hier.

 

Ken julle die storie van die mooie gesang?

Ene Horatio Spafford, ‘n eens suksesvolle prokureur in Chicago, se lewe word deur ‘n rits traumatiese gebeure getref. Sy tweejarige seun sterf onverwags en die  Great Chicago Fire van 1871 roei hom finansiëel uit. Hy het aansienlike eiendom besit, en dié is uitgewis in die brand. Asof dit nie genoeg is nie volg ‘n ekonomiese laagtepunt in1873, wat besighede verder geknou het. Hy het beplan om saam met sy gesin per boot na Europa te reis. Weens omstandighede, vertek hy nie saam op die SS Ville du Havre nie. Terwyl hy met hersonering van eiendom na die brand gesukkel het, is daar ‘n tragedie op see. Die SS Ville du Havre. Die bots met die Loch Earn in die grootte Atlantiese oseaan. Spafford se vier dogters oorleef nie. Sy vrou Anna stuur die wel-gepubliseerde telegram: “Survived alone…

Spafford vertek dadelik om by sy vrou aan te sluit. Toe die boot waarop hy reis, naby die gebied waar die ongeluk gebeur het, pen hy die mooie “It is well with my soul.”  Philip Bliss het die melodie gekomponeer en dit is in  die Gospel Songs No. 2 deur  Sankey and Bliss (1876) gepubliseer.

Horatio en Anna Spafford het hierna weer drie kinders. Maar tragedie bly nie weg nie. Hulle vierjarige seuntjie sterf op 11 Februarie 1880 aan skarlakenkoors. Hulle twee dogters Grace en Bertha oorleef. Die Presbiteriaanse kerk waaraan die gesin behoort het, het die aanhoudende tragedies van die Spaffors as goddelike straf beskou. In reaksie tot hierdie oordeel het die Spafford hulle eie Messianse-sekte, die “Overcomers” soos die Amerikaanse media hulle genoem het.

Die Spafford gesin vertek in 1881 toe Grace pasgebore is na Ottoman-Turkse Palestina. Hulle vestig in Jerusalem en stig die  American Colony.  Lede van die kolonie het hulle besig gehou met  filantropiese werk oor godsdienste heen. Alle mense is gehelp, en so het hulle die vertroue van plaaslike Moslems, Jode en Christen gemeentes verwerf.  Tydens en direk na die Eerste Wêreldoorlog het die kolonie ‘n kritiese rol gespeel om gemeenskappe in Jerusalem deur swaarkry tye en skaarste te kry deur sopkombuise, hospitale, weeshuise te vestig  en ander noodsaaklike dienste te lewer, aldus Wikipedia

Hulle werk word die onderwerp  van  Jerusalem deur nobelpryswenner Sweedse skrywer Selma Lagerlöf.

Hulle verhaal laat my aan die legende van die ‘thornbird’ dink. Die voëltjie is dikwels die slagoffer van ‘n laksman of valk, wat  die weerlose skepseltjie met ‘n doring deurboor. Selfs in die voëltjie se sterwensoomblikke sing hy sy mooiste melodie.

So moet ons ook wees deur alles – want God is reeds daar.