Woorde en beelde. Swart op wit, wit op swart. Kom ons snoer in ons lieflike, loflike taal swart woorde op wit papier. Al is dit nie meer ink op papier of tiklint op ‘n folio nie, maar net swart letters op wit skerms.

Hier is vier kunstige kuns swart en wit foto skeppings. Elkeen roep verskillende emosies op. Ons uitdaging is om  ook die 25 trefwoorde woorde te gebruik om ‘n  storie te vertel.

Julle verstaan?

Kies die foto wat jou die meeste aantrek en gebruik die gegewe woorde om jou relaas neer te pen.

Die volgende 25 woorde  geld vir al vier die foto’s.

  1. leed
  2. afstand
  3. vrede
  4. ongebonde
  5. naby
  6. ruimte
  7. skaduwee
  8. koester
  9. warrel
  10. reën
  11. klakkeloos
  12. inspirasie
  13. breek
  14. deurtrap
  15. hart
  16. brand
  17. verskiet
  18. geneeskrag
  19. absurd
  20. laaikas
  21. reik
  22. straal
  23. skuiwergat
  24. bedevaart
  25. skep

 

86495122_1758389904298064_1892521530177355776_n

© Vinicius Fadul

86864289_1761221360681585_3685817685045673984_n

© Jörg Ha

86796343_1759433267527061_3109968823848009728_o

© Andreas Paehge

72910253_1626307287506327_5712202303478431744_o

© eyesboyzinsta

Wil jy saam woordsnoer?

So maak mens :

Kies ‘n foto uit die vier hierbo wat tot jou spreek. Gebruik al 25 trefwoorde om ‘n blog oor die foto te skrywe.

Mik vir 500 woorde, die eerste 25 het jy al! 😉

Skryf dan jou blog. Maak seker om die trefwoorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Volg gerus die blad Art – White/Black  om meer lieflike kunswerke te geniet.
NB. Neem asseblief sorg om die kopiereg kunstenaar te vermeld as jy jou gekose foto na jou blog kopieer.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
Lekker saam speel.
Hierdie uitdaging sluit op 29 Februarie 2020 – skrikkeldag. 😉
Advertisements