Uit die vorige hoofstuk (Frannie): “Die diere raak stil voor hierdie indrukwekkende verskynsel: “Diere van Rebusfontein, julle weet dat ek hier ‘n holte vir my kloue gekry het en dat julle aanvaarding my uit die afgrond van wanhoop teruggebring het. Daarvoor is ek julle en ook die Towerinne oneindige dank verskuldig! My naam Harpy kom ook uit die Griekse mitologie – die harpies was die geeste van skielike rukwinde, roofvoëls met mensgesigte wat gestuur is om boosdoeners te straf en van die aardbol af te laat verdwyn. Julle kan met gerustheid die opdrag om die kluisenaar vir altyd uit Rebusfontein te verdryf, aan my oorlaat. Daar is egter een voorwaarde: ek gaan dit slegs regkry as hy in sy raafgedaante is, want as mens sal hy homself te goed kan teensit. Julle sal my moet help deur die vent dop te hou sodat ons weet wanneer hy weer in ‘n raaf verander het.”

Nogmaals weerklink die dieregeluide oor die halfmaan van die amfiteater, dit knor en blaf en fluit en skree en miaau en blêr en moe dat hoor en sien vergaan. As die goedkeurende applous bedaar het, antwoord Ponsiekat formeel: “O Harpy, dapper arend, ridder van die lugstrome van Rebusfontein – dankie dat jy bereid is om hierdie stryd namens ons en ons nooiens te stry! Ons sal jou bystaan na die beste van ons vermoë…”

Vuurvliegie, sal jy asseblief verder vertel?

My plesier, Frannie.

( As jy nou eers by ons nuwe Towerin avontuur aansluit, kan jy gaan lees  wat voorafgegaan het by hierdie skakel:

https://fresh.inlinkz.com/party/328bf9cee22c433eb83e0b56dc13fff7

…………………………………

Kluisenaar 9 – ‘n Plan word beraam

Harpy  skud sy vere reg. “Nou maar goed. Kom ek vertel julle eers ‘n storie, daar is niks wat ons op die oomblik kan doen aan kluisenaar Raaf nie. Ons sal ons plan more in werking stel.”

Lank gelede na aan die begin van Moeder Aarde, was my voorsaat Grys Arend die oppasser van die Son, Maan en Sterre, vars water en vuur. Hy het op ‘n eiland wat in die besetter tye Queen Charlotte Eilande genoem is gewoon. Vandag is die eiland aan die kanadese kus bekend as die woonplek van die Hadai Gwaii.

Grys Arend het nie baie van mense gehou nie, en het al hierdie skatte vir homself gehou. Mense het in die donker, sonder vuur en vars water moes oorleef. Arend het ‘n mooie dogter gehad. Raaf, destyds  spierwit en prinslik, het sy hart verloor. Verlief, verlore! Die gevoel was wederkerig. Die mooi dogter het Raaf na haar pa se langhuis, net soos in ons mooie Baviaanskloof te vinde is, genooi.

Raaf was in vervoering met die skitterende son, maan en sterre wat die woning versier het. hy het hom ook verwonder aan die mooie vars watervalle om die huis. Om nie te praat van die knetterende vuur in die herd nie.

Nou ons almal weet rawe is karnallies, en alles wat interessant en blink is moet hulle vir hulself neem. Verliefdheid het gou vir gierigheid plek gemaak, en gou is Raaf besig om planne te beraam om al die mooi vir homself te gaps.

Een nag teen skemer toe Arend en sy dogter gaan sweef, kry Raaf sy oomblik. Hy gaps alles, tot ‘n stuk brandende hout. Woerts is hy skoorsteen op. Buite in die oranje-pers skemerte van die voornag skemerte hang hy die son so net bo die horison. Dit het genoeg lig gemaak dat hy na ‘n eiland in die middel van die oseaan kon vlieg.

Die son het al gesak toe Raaf daar aangevlieg kom.  Onverwyld hang hy toe die maan hoog in die hemel se swart en oral daarom het hy die sterre uitgeskud. Met die sagte silwer lig wat ‘n pad oor die see glim is Raaf landwaarts. Die kosbare water en vuur nog in sy besit. Die maan het pad aangewys landwaarts en hier het Raaf die vrag water laat val. Oral het fonteine, mere en riviere ontspring.

Nou was net die brandende hout in Raaf se krom snawel vasgeknyp. Die rook en soet het aanhoudend oor sy spierwit vere gewaai en gou was hy pikgitswart. Die hout was besig om uit te brand en skielik is Raaf se snawel aan die brand. Met ‘n kras krys laat los hy die brandende hout. Dit het ‘n ysterklip rif getref en daar uitgebrand. Dis waarom ons vandag nog twee ysterklippe teen mekaar kan kap om vonke vir ‘n vuur te kry!

Raaf, nou pikswart is vergeefs terug na sy geliefde toe. Hy is verjaag en vervloek deur die Groot Arend om vir ewig op soek na iets te wees en net op afval te leef. Hy is egter so slim, hy het ‘n gedaanteverwisseling truuk gesteel en onder sy vlerk weggesteek. Nou dwaal hy deur eeue se legendes en mites as stouterd, boodskapper van die dood, versamelaar en verleier…”  (*)

Vir ‘n oomblik is Rebusfontein se diere stil, en dan breek ‘n gegrom en brom los,wat dooie jakkalse aan die draf sal sit. Harpy skuifel op sy groot kloue en draai sy kop skuins.

“Maar hoe het hy op Rebusfontein uitgekom,” vra Kieter met ‘n klein stemmetjie.

Harpy maak keel skoon. “Raaf se ewige soeke het hom danksy ons Toweropstal wat amper soos ‘n langhuis lyk ons mense eerste bemerk. Toe het hy as Broodina die Towerinvervolger opgeduik en nou danksy ons biblioteek tragedie met Charlotte in die hoofrol, op ons Towerinne se spoor gebly!”

“Nou verlei hy die Towerinne en mislei vir Camilla om in die gedaante van ‘n verstote liefde hier te kom inwurm,” sis Ponsiekat.

“So blikslaer,” grom Ringo.

“Ons sal moet hou en as die skemerte daal en hy krys krys van gedaante verwissel, hom moet uit die weg moet ruim. Harpy ek hoop jy is honger,” gaan Pasella skril aan die kekkel.

“Nee, geweld gaan ons nêrens bring nie. Ek dink ons bou vir hom ‘n hok wat permanent skemer is, dan kan hy nie van gedaante verwissel nie. Of wag, ons gaan messel hom toe in die grotte by Eden se fonteine,” sê Quasimodo opgewonde. hy wil nie dei heerlike rus laat verstoor nie.

Harpy maak almal stil.  “Ek moet vra dat julle asseblief onthou dat ek iewers van ‘n hoogte vir Raaf in die oog moet hou. As my sig my in die steek laat, my ore is hiper skerp, hy sal nie wegkom nie. As raaf nog so krys krys koggel en probeer wegvlieg gaan hy net swoesh hoor en dan is dit kismet met hom en sy streke. Die bome by Eden se fonteine is ideaal, mymer hy.

“Wie gaan met die Towerinne praat om ons plan in aksie te stel, vra Geluk met ‘n stert wat kwispel van kwaad.

“Ringo, Perdebytjie is ook lief vir Schnauzers, ek dink jy moet haar gaan inlig. Onthou dat julle ook vir Kameel vra dat Camilla saamspeel. Alexander Raaf moet nou na al die eeue sy moses teëkom. Die slinkse verleier mag nie op Rebusfontein sy stoute kloue inslaan nie, en onse Camilla moet nie verder aan haar seer herinner word nie, sê Lelik en gril dat die hare op haar gekromde rug so rys.

Rebusfontein se diere koor almal gelyk: “Hol Ringo. Perdebytjie is baie besig met trek en kinners en wag op nuwe kleinkinnerkie dogtertjie. Sy moet gou kom.”

Ringo trek weg na Towerinsstraat 6 dat sy ore plat lê en blaf:”Perdybytjie, Perdybytjie….”

Dina, vertel asb verder.

*Die unieke legende is aangepas om by Rebusfontein se nuutste storie avontuur aan te pas.

Advertisements