Nou ja. Namakwaland se blommetoer die kan nou nie gebeur nie – geld jy weet. Maar die vygies in die twee bakke by die agterdeur vertel van wat mens sou kan verwag daar waar dit meestal dor en bar is. Nou is daar tapyte in asemsnakkende kleur opgeslaan en elke siel wat dit aanskou weet, nuwe groei en nuwe moontlikhede is hier.

Ek sit so en kyk na die vygie Sondag toe ek vir Bab wag om huistoe te kom. Sy is mos haar vriende se professionele huis besetter as dié met vakansie gaan. Hulle huise en troeteldiere is veilig en sy kry ‘n breuk van haar ouers en die heen en weer plaas toe en terug elke dag. In alle gevalle, ek sit so vir die vrolike vygies en kyk.

Eers die kleine knoppie van kleur belofte wat stulp, dan die skugter uitspattigheid van die nuwe oop maak blommetjie tot die trompetgeskal in helder oranje, rooi, geel, pienk palette van die volwasse blommetjies. Oop bek en luidkeels. Ek sweer ek hoor “Prys die Heer met blye galme…..”

My hart gaan woes aan die klop toe ek die verlepte vygie van nader beskou. Daar tussen die roes verlepte blomblare is ‘n purper ster. Die saad in wording. My hart bekeer warm.

Ons Skepper se liefdevolle kyk tot in die fynste detail. Patrone wat herhaal, siklusse, geboorte, lewe, afsterwe, vernuwing, hergeboorte, ewigheid.

Die vygie se siklus vertel ons heelal en lewens se storie. So sommer onder ons neuse!

Ons moet leer om te onthou God is om ons, binne ons, by ons in gesprek altyd, oral.

Halleluja! Ek deel graag ook die gebed:

For each step that I might take,
Be my guide, O Lord of life.
For each load that I might bear,
Be my strength, O Lord of life.
For each mountain I might face,
Be my power, O Lord of life.
For each river that might impede,
Be my safety, O Lord of life.
For each place where I might rest,
Be my peace, O Lord of life.
For each sunrise and sunset,
Be my joy, O Lord of life.

Copyright © John Birch, 2016 

Advertisements