Wie is nie lief vir Pippi Langkous nie.
Astrid Lindgren skrywer van die stories het vertel dat “Pippi represents my own childish longing for a person who has power but does not abuse it.” Die karakter is vir haar dogter Karin geskep toe die siek geword het.
Maar voor Pippi en Karin het die jong Astrid Ericsonn in 1926 swanger geraak. Die pa ‘n getroude man. Uit vrees dat hy tronk toe kon gaan, word haar seuntjie in Denemarke by ‘n pleegma groot. Toe dié siek word, moes Astrid later self plan sien om haar kind verder te versorg.
Brawe vrou in tye waar sulke situasies nie maklik kon wees nie.
Kyk gerus ‘Becoming Astrid’ Die fliek is Sweeds en pragtig verfilm. Die hoogtepunt die lied aan die einde, Springa deur Ane Brun.
Lees die engelse lirieke eers onderaan en luister dan die opname.
Ek is besig met #NaNoWriMo2019 en ook ‘n studie van Carl Jung se “Red Book,” klomp binnewerk en terugkyk op beleefde trauma en soeke,soeke om my rusteloosheid te besweer.
Hierdie lied het my diep getref met sy koor “run trough death into life” en ek dank die Here vir die geleentheid om in my ouer word dae my tweede naïwiteit, soos Stephan Joubert dit so mooi beskrywe, te kan beleef.
Om oop en kinderlik te kan glo dat mens uit jou donker (death) na die lig (lewe) kan spring. Ons God boer met genade en tweede kanse ek glo dit kinderlik en met my hele hart. Hy is genadig so. Astrid se swaar en sukses later vertel vir my ook hierdie waarheid.
Ek is so bly Pippi se skepper het sulke kanse beleef.
Springa -Ane Brun
Run, dare to run
Through death into life
Run, dare to run
Through the darkness into the light
Take the opportunity to live, help yourself
Feel that the summer is yours
Take the opportunity to live, take a step forward
Or backwards if you want
Take the opportunity to live, stand in the middle of it
Meet the storms with a scream
Run, dare to run
Through death into life
Run, dare to run
Through the darkness into the light
Don’t despair, but you can cry
And see that the future can forgive
Don’t blacken the whole board you received
Allow other colours to fit occasionally
Don’t regret it, but you can learn
Then you walk the maze by heart
Run, dare to run
Through death into life
Run, dare to run
Through the darkness into the light
Run, dare to run
Over the gap, into the danger
Run, dare to run
Through death into life
Run, dare to run
Through the darkness into the light
Run, dare to run
Through death into life
Run, dare to run
Through death into life
Ek glo overbiddelik in tweede kanse. Baie mooi geskryf.
LikeLike
Ek moet stoksiel alleen wees as ek onderskrifte moet lees as ek iets kyk, danksy my aandag wat so maklik op loop gaan ~ maar die mooiste flieks wat ek al ooit gekyk het was ongelukkig met onderskrifte.
LikeLike
Ek is mal oor die kour lande se stories. Lief die ander klanke in my ore. Het jy Greyzone gekyk?
LikeLike
Nog nie, maar dit is verseker op my lys van MOET jy weet mos ek en die 2de wêreld oorlog…
LikeLike
Het vandag begin om te Greyzone… Vasgenael saam met die man, na vele soektogte dit op catch up gekry. Boeiend vd eerste oomblik met die trok.
LikeLike
Ek het vandag laaste episode gekyk. Briljant.
LikeLike
Pragtig! Moet nooit ophou skryf nie. Jou insig is iets besonders. 💖
LikeLike
Haai, dankie🤗
LikeLike
Self het ek nog nie Pippie gelees nie, wel van gehoor. Sal beslis na my Skryfuitstappie bietjie gaan nalees oor Pippie en haar skrywer. Goed om te hoor dat jy nader kom aan n idee om te weet hoekom jou rusteloosheid so gedurig voor kom. My brein is bietjie suf gewerk. Maak nie aldag sense nie. Sterkte nog met jou skrywery.
LikeLike
Ek geniet jou skrywes, jou insig is inspirerend. Dankie
LikeLike
Dis lekker om te weet my griffels en warrels maak jou hart warm.
LikeLike
Pragtig geskryf, Vuurvliegie!
LikeLike
🤗💝
LikeLike
When the perishable has been clothed with the imperishable, and the mortal with immortality, then the saying that is written will come true: “Death has been swallowed up in victory.”
“Where, O death, is your victory?
Where, O death, is your sting?”
The sting of death is sin, and the power of sin is the law. But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ. 1 Cor. 15: 54-57
LikeLike
😇😇
LikeLike