Ek het ‘n seer verhouding met my vir-ewig jonk moeder wat op 39 selfmoord gepleeg het. Vanmore toe my kind my druk, en ‘n handgemaakte dankie met ‘n vars frangipani blom vir my gee, toe weet ek David Jones se kapow woorde is waar vir my.
Ma, jou weggaan so vreeslik aaklig was bliksems seer om te verwerk en ‘n las om te dra. Daardie jare toe jy weg is, was ons as die selfmoord vrou se dogters agterna gestaar in die strate en winkels van Barberton. Jy was geliefd en bekend aan klomp mense. Dit was immers jou grootword omte waarheen ons na pa se dood teruggekeer het.
Vanmore, na 44 jaar wat ek sonder jou deur die lewe gekom het, is daar twee goed wat ek vir jou wil sê. Dankie ma, vir die lewe wat deur jou gekom het. Dat ek by jou geleer het van netjies huishou, klein dingetjies met groot sorg doen. Dankie vir die seer trajek waarop jy daardie gruweldag in 1979 my en my sussie se lewens geplaas het.
Ons is vandag die mammas van jou kleinkinders. Drie sterk en onafhanklike manne en ‘n vrou soos Rut. Jou kleinkinders is mooi mense – binne en buite. Ek weet nie dat as jy bly leef het, ons by ons krose sou uitkom nie.
Jy was so kompleks en seer na pa se dood. Ouer word en wysheid en pille en terapie, het my by ‘n vrede plek oor jou gebring, want kyk ek het soveel om net lofliedere oor te sing. My dogter is my vriendin wat onder my hart gegroei het. My dogter is by my en met my elke dag.
Daardie vreeslike ‘my ma was nie lief genoeg vir ons om te bly lewe nie’ is vervang met verrassende vreugdes en groei. Mary Oliver vertel so mooi in haar gedig “The Uses of Sorrow, ”van ‘n donker geskenk soos joune:
“Someone I loved once gave me a box full of darkness.
It took me years to understand that this too, was a gift.”
Ma, dit het my jare geneem om deur die seer, kwaad, bitter, verstote, verwerpte gevoelens te werk. Die kwaad en verwerping is vandag nog snellers waaraan ek bitter hard moet beteuel, maar ek raak al beter hoe ouer ek word.
Ek sien daagliks die geskenk se gevolge. Hulle hou nie op nie. Dankie ma vir die pad wat ek op die ou einde self moes loop. Ons almal het keuses en moet dan daarmee leef.
Wat my ma deur moes gaan, soos ek moes deurgaan om vanmore ‘n mooie vars frangipani en met moeite handgemaakte kaartjie van my 37-jarige meisiekind te ontvang. Die rykdom van moederskap het ek in daardie soet geur oomblik se warmte ervaar. Ma-wees, vrouwees, mewnsees en die voorreg om geboorte te skenk.
Ek kyk na die grappige maar ook nugtere boodskap op iemand se Vuisboekmuur en besef net weer wat geboorte skenk behels.

Dankie Ma, dat toe die tyd kom, het jy nie gesê: “Nee, dis mos onmoontlik nie.” Jy het deurgebeur en ons het gebeur. Dankie Malat. Ek stuur ‘n bos vergifnis met strikke van liefde daar waar jy vir altyd jonk en mooi sal bly.
Gelukkige Ma-dag aan alle mammas, ook liefde aan seer mammas, nie-mammas. Kom ons vier vrouwees saam. Groetnis.
NS. Vir my Bab. Ek is ‘n geseënde vrou om deur jou Mamma genoem te word. Jy is vir my ‘n voorbeeld en my hart is vol dankbaarheid oor jou besondere mooi menswees. Die liefde, respek en sorg wat jy almal om jou mee hanteer, jou lag, jou skerp intellek en humor. Vreugde geskenk uit ons Vaderhand elke dag, dis jy. Dankie dat ons epies kan koppe stamp ook, en dat dit nooit blywend is nie. Dankie dat jy my terkortskiet tye ook opsy skuif en lief bly. Lief vir jou my kind en dankie vir liefde, ontbyt en die skottelgoed en wasgoed vandag. Ek sal more vol aan diens wees.
Drukkie ❤
LikeLiked by 1 person
💝🌻
LikeLike
Tyd, bring verstaan as jy jou daarvoor oop maak. Dankie vir die deel van jou pakkie donkerte wat tog nou blyk ook ń seën te wees
LikeLiked by 1 person
Jare en jare se oopmaak en al die donker laat Lig kry.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi boodskap, en deel van jou hart. Dit maak ons ryker.
LikeLiked by 2 people
Dankbaar dat die uitskryf sin vir iemand maak. 💝🌻
LikeLike
❤️🩹
LikeLiked by 1 person
💝🌻
LikeLike
Vandag is die eerste Moeders-dag sonder enige kinders of kleinkinders by die huis. Ek hou nie van die kommersieele kant van die dag nie, maar voel so goed omdat all my kinders het deur die dag vir my gebel of WhatsApp groete getuur. Ek hou baie van: Kom ons vier vrouwees saam.Ek sal ook more vol aan diens wees. 🙂
LikeLiked by 2 people
Sien jou by die wasgoeddraad vir tee.🤗🌻
LikeLiked by 1 person
Solank daar vroue is sal seer gedra en verdra kan word – ons is susters van eva. Daarom het ons dogters en susters en ‘n vriendin by die wasgoeddraad. Ek is bly ek kon so woordlangs saamloop op jou moedersdag 💞
LikeLiked by 1 person
Dankie Rina. 💝🌻
LikeLike
Someone I loved once gave me a box full of darkness.
It took me years to understand that this too, was a gift.”
Dit is ook vir my waar. Ek is dankbaar dat jou seer nie meer so fel is en dat dinge ook Vir jou mooi geword het, en dat jy lief mense het wat jou saggies toe maak. Dankie vir hierdie skrywe
LikeLiked by 2 people
🌻💝
LikeLiked by 1 person
Ek wag nog vir die dag wat jy ‘n verhoudingsroman skryf! Jy skryf so ongelooflik goed en weldeurdag
LikeLiked by 1 person
Amanda. Jy het gawe idees vir my. Ek is skigtig. Hier lê duisende woorde rond….🙈
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy nie wegskram om die seer en goeie neer te skryf nie
LikeLiked by 2 people
Mens trag om balans te vind, en wysheid. Dit kan net met goed en seersleg openlik bekyk kom.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy dit deel met ons. Dankie jy skryf dit so mooi🌻🤲🏻
LikeLiked by 1 person
Ek het nie jou ma geken nie (eintlik, streng gesproke, ken ek ook nie vir jou nie). Maar tog dink ek, as jou ma langer geleef het, sou sy trots gewees het op jou – die dogter wat sy in die wereld gebring het 💌.
LikeLike
Jong daai is ‘n moeilike ene. Sy sou my nie my laat uitleef nie. Ek het oa vertaalwerkpos reeds gehad en sy het my gedwing om te gaan verpleeg. Reuse rusies oor wat sy verwag het en my aankegte en drome. Dinge het maar verloop met lesse wat ek moes leer en vergifnis het my vry gemaak en my pad minder seer.
LikeLiked by 1 person
Sjo jy het dit mooi verwoord, so bly jy kon haar vergewe… daar het GOED uit die sleg gekom.
LikeLiked by 1 person
🌻💝
LikeLike