Photo by Liza Summer on Pexels.com

Together we are all on a journey called life. We are a little broken and a little shattered inside. Each one of us is aspiring to make it to the end. None is deprived of pain here and we have all suffered in our own ways. I think our journey is all about healing ourselves and healing each other in our own special ways. Let’s just help each other put all those pieces back together and make it to the end more beautifully. Let us help each other survive. –

Ram Dass

So klim ons Maandag 1 Mei om 03:00 in die GWMpie op reis na Potchefstroom Vir onse Ernatjie se gedenkdiens. Ons reis fluks en kom so net na 08:30 veilig by die kerk aan. Ons familie stil verslae byeen na baie jare. Met nog een uit ons kring verwyder. Ons skoonsus Nita en Ouma Biebs se plekke al geruime tyd leeg.

‘n Elegante vrou met die sagste kyk lei die diens. Pastoor Chantal Grib. Mens verwag ‘n sagte troos boodskap. Moet nooit iemand op die baadjie takseer nie, leer ek maar net weer. Sy bring ‘n volhou op die solar plexus boodskap. Van God se mond tot in mens se binneste oor wat baie duidelik kan hoor!

Opsommend is haar boodskap die volgende:

Ons kom aarde toe om vakmanskap te voltooi, om vir ons naaste ‘n vriend te wees soos Jesus Vriend was. God het in Sy alwysheid vir ons in Sy Woord net wat ons nodig het gegee, nie antwoorde op alles nie. God het die meesterplan, daar is dinge wat wat ons nie nou sal weet nie. Ons weet hier op aarde ten dele, volkomendheid is in die toekoms. Dawid se so sterk as wat ons dink ons is – ons is op aarde vervlietend en nietig en verganklik. Fragmente, onvoltooid en imperfek. Ons het net brokstukke van God se plan.

Ons moet egter seker maak ons voltooi en volvoer ons taak op aarde. Die vraag om te antwoord: Hoe tevrede is God met jou?

Waarom aanbid ons God? Omdat ons iets van Hom kan kry? Nee – geloof is aanbidding. Sy verwys na ‘n gesprek met my swaer, Stef (Erna se pa) wat gemeld het dat wanneer ons iemand begrawe word die oorledene se goeie hoedanighede so voorgehou, jy sal sweer die mens was foutloos en perfek. Ons het egter almal plek vir skaaf en groei. ons almal verloor die spoor, word kwaad, verloor humeur en persoonlikheid ook. Sy vertel dat onse Ernatjie geestelik gegroei in haar stryd met pyn en seer, na ‘n volwasse verhouding met God. In haar imperfeksie gedy in haar verhouding met God na perfeksie en volwassenheid in geloof en Jesus en die Heilige Gees. Ons almal het dormante versteekte groei goed dinge en baie kies om maar dit daar diep begrawe te hou. Dit is egter die pad na nêrens. Mens moet maar die pakkies uitpak en bely en uit die pad kry.

Erna het gedoen wat God verwag het deel die pastoorin ons mee. Sy kyk so vir ons almal en vra: “Waar staan jy? Het jy volbring waarvoor Hy jou geskape het? Dit is irrelevant wat jou geslag, ras of ouderdom is. Wat belangrik is maan sy ons om “terwyl daar emosie is, seker te maak dat jy God persoonlik ken. Weet Hy is Pa, Vriend, Vertroueling en altyd by jou.”

Sy heg ons Erna by ‘n rits Bybel figure. Erna was 39, Moses wat meer as 100 was voor sy afsterwe, Elia wat opgeneem is in die hemel, en Lasarus wat dood is en weer opgewek is om later te sterwe. Niemand weet wanneer jou draad geknip gaan word nie. Ons moet so leef dat enige tyd reg sal wees.

Dit word bereik in ‘n verhouding met God, deur na die aanmaning van Sy Gees binne jou te let en te luister. Bely en buig die knie. Jy is onder heilige konstruksie en transformasie is Syne. Ons kan soos Paulus ons omkeer en ou onse aflê. Skinder, vooroordeel, onvergewensgesindheid sit dit opsy.

Soms verg dit ‘n doodskis tot ons stop en introspeksie kom. Vra jouself af: Here as U na my kyk, is U tevrede? Jy is nie maar net so gemaak en laat staan nie, jy is nie. Hoe lyk jy as God na jou kyk? Is jy op die regte roete?

Ek sit en die woorde spoel oor my (ek verstout my om te sê oor almal wat daar in die kerk op Potch gesit het)

Ek bid stil: “Here ek skiet sover tekort.”

Ons Erna, vertel die pastoorin vir ons, het in haar laaste jaar gebid vir genesing, maar ook berusting in God se wil gehad het, wat ook al die uitkoms. “Haar taak volbring, en vakmanskap op aarde voltooi. Erna was sterk, die hoeksteen van haar huwelik en gesin, sy het struktuur gegee, was ‘n organiseerder van formaat en ‘n sin vir regverdigheid gehad. Sy was humeurig en het nie nonsens geduld nie.

Haar vakmanskap 14 235 dae op aarde. Ons wat agterbly moet al daardie dae in haar teenwoordigheid vier. Dit is haar nalatenskap. Moet nie toelaat dat die dag van haar begrafnis haar hele nalatenskap en julle blydskap steel nie.”

Hier sit ek 23 500 dae in my vakmanskap in. Baie afdraai, baie ommekeer, inkeer en oorgawe en Goddank baie genade. Maak ek ‘n verskil in mense om my se lewe? Leef ek reg voor God se oë? Ek weet ek trag elke dag, val soms liederlik teen kranse af, en probeer immer weer. Is dit voldoende?

Ek sit nou en soek na patrone wat herhaal om seker te maak ek leer nie een les oor en oor tot net by toets geslaag uit pure moedswilligheid nie. My knie gebuig en in diepe ootmoed met my binneste oor wawyd oop om reg te hoor. Ek bid dat my eerlikheid, my liefde vir woorde en my omgee die hoekstene van my vakmanskap is en dat ek op die regte pad na my VaderMoederGod se hart is.

Ernatjie – dankie vir jou vakmanskap nalatenskap op aarde en die geskenk wat jy by jou onthou diens vir ons gelos het. Tot wedersiens.

The darkness that comes into our lives as sorrow can serve us as a treasure – if we allow it to do its work in us. It creates a greater capacity in us to hold more of life. It widens and deepens our compassion of others and has a remarkable power to wear away the masks we present to the world. –

Peter Scazzero