Saterdagoggend van week 16 van 2023 is ek al van niere pla en bid tyd aan die gang. Lyk my daai entelegie soekery vroeër die week was broodnodig. Dat ek vir eens opreg eerlik met myself was. Bokker murg uit my suig ou lewe, carpe manana, gryp al die dae.
Ai, die wese van bipolêr leef, op en af soms stadig ander kere mal manies. Laasgenoemde geld nou. Beter dit benut voor die volgende verstelling aan breek.
So breek 07:00 aan. Beskuitdeeg is al aan die rys, nie-kniebrood staan ook al knus onder sy bersie. Sommige van die komberse wat boeke en skilderye met die trek van Waterval na die Heksiehuis moes beskut, is op die draad en ander in die getroue wasmasjien. Ek het vetplante en bolle herplant in die potte van die binnetuin.


Ek verwonder my of dit ‘n binnetuin is. Weer soos alte dikwels in my blyplekke is die agterdeur die hoofingang. Wat sê die wyses nou weer – agterdeurvriende is die beste vriende. So almal wat by my aan huis kom is van daai en as hulle nie is nie voel hulle bleddie gou tuis.
Ek hou van hoe my mooi-moois en meubels hulle hang en staan in die Heksiehuis se binnekant kom kry het. Dis die tuin en duwweltjies en afskeep buitemure en die skewe grasdak wat my oë so effe pynig.
Dis koel en bewolk en ‘n witborskraai kom krassend laag in die grou oorgevlieg. Elke oggend, selfde roete en rigting. Ek wonder of hy nou tuis kom of weg vlieg, en waarnatoe en hoekom? Of sirkel hy net op soek na die reste van die uile se middernagfeeste?
So net na 08:00 wend ons en die Lekker spannetjie ons eindpoging aan om die kunsmis en intsallasietoerusting mooi te orden onder die ruim afdak. Aanstaande naweek gaan ons laaanggg naweek hou sodat almal kan rus voor die haastigheid van winter verkoop tyd aanbreek. Mense wag tot die eerste koue, dan onthou hulle van skoorstene en kaggels wat gediens moet word. Die man wat verlede winter vir vroulief ‘n knetterende kaggelvuur belowe het, word ook eers weer herinner wanneer Oom Winter se ysvinger sy ore kielie. Ons skarrel lekker van Mei tot Augustus.
Dit tref my nou weer, mens moet maar pasop wat jy hardop vra en versug. Die Karoo droom mag danksy ons nuwe, armer bestaan danksy gedoentes in onse land en die pes se langtermyn gevolge, verskiet wees. Dit beteken nie dat van my wenslys goete vergaan het nie. Hier sit ek met fyn sand nes in die karoo, ek het ‘n peperboom in die tuin en lieflike vetplante wat goed hier aard. Ons kan ver en wyd sien, nes my karoo vistas. Al wat makeer is die ver altyd berge wat in die blouselblou lug reliëf. Die smag na kleiner en knusser woon is ook bevredig. Die Heksiehuis met haar unieke uitleg is net reg. As soveel goete op my wil graag lysie regmerkies het, waarom soveel onrus en seer in my hart? Is dit maar kinnerlike vloermoere omdat alles nie presies soos ek dit gedroom en versug het, uitgewerk het nie.
Dankie vir hierdie waarheid en die bevestiging van ‘n blog vriend daarby, ons kan maar eerlik met ons seer en onsteltenis omgaan.
Ek lag uit my maag oor Vrydag se lelik huil oor vrothart aartappels toe ek die kwinkslag en dosis kapow waarheid op die Vuisboek raakloop. Bwaha, “sad little potaties sometimes.”
Dis Sondag en ek druk sommer voor sonop die oondbak met lekker beesvleis en groente in die oond. Ou Sparkie se Fase Vier sit die krag net so mooi in Sondag kosbereityd af. Vir my gaan hy nie vang nie. Lekker groot vlokkie Jungle Oats en gladdejantjies met aarbei en bloubessies is ook vroeg gereed. My Dogter en die twee tantes koer lekker om die tafel en smul te lekker.
Ons laaste uitpak en regpak is gister suksesvol voltooi. Die Nethuis staan. More begin ek van voor met saailinge en saad. Ons droom ‘n nuwe groentetuin, ‘n klein vrugteboord en drie malse beddings met Namakwalandse madeliefies en ander bont blomme.
Bab en Rots rus lekker en onse Lekker span begin verstaan hoe ons steeds kan werk, al is daar nie ‘n fisiese winkel nie.
Daai Faith Popcorn tannie van Karen Zoid het lank gelede vertel dat ons eendag danksy tegnologie kan kokon en van ons huise kan werk. Covid tyd het dit beproef en waar gevind. Hoekom sal mens nou nie dan by die beproefde waarheid hou nie?
Ek wil nie ‘n kweselesel (Fariseër, Judas, Janus, aanbidder, dwepende, entoesias, fanatikus, femelaar, fundamentalis, geesdrywer, heethoof, huigelaar, klipchristen, kwiëtis, piëtis, quietis, quiëtis, seloot, venereerder, voorstander, yweraar) wees nie, maar ek moet vertel. Die Groot Skilder het ons hier kom neersit by die Heksiehuis sodat ons weer heel kan word. Hy skilder dit vir ons elke aand. My hart klop sonsaktyd tjoklits van vreugde en so kom afstand tussen my elke verbygaande eina, skrik en onlekker. So tree mens saggies vorentoe- vorentoe.
My lied gaan ek aanhou sing, deur lag en snotterhuil. Sing bly sing maak nie saak of dit vrolik of skorseer is nie.
Vier Aardedag…kyk om jou rond en staan verstom oor die Skepper se wonders.
Groetnis en allesbeste.
You can (and you WILL) do this thing.
LikeLiked by 1 person
I actually got up. Had a shower. Dressed as if I have an important appointment. Life is to precious for ugly and nonchalance. I will accommodate the blue in me but not allow it to colour my whole being. Thank you my cheerleader friend. You have walked more challenging roads than I, and you find time to motivate and support me. Love an appreciate you very much.
LikeLiked by 1 person
Somehow we get through the thick swamps of disappointment, regret and their related gloom to rise and look around tot see the world has continued to turn. Your sunsets act as a constant reminder that life is worth living even if we have to work harder at making it so. What a fortunate family you have – I can imagine the aroma of baking filling your house and turning your nose up at Eskom’s shenanigans. No, we will work around them if we have to, but they won’t darken our world!
LikeLiked by 1 person
Dear Anne. Thank you for your regular visits and wonderful wisdom and kindness. I appreciate you dear blog friend.
LikeLiked by 1 person
Sjoe Erna, mater, jy skryf wonderskoon! Ek is so bly jy vind vrede na al die trauma.
LikeLiked by 1 person
Ai Dina. Julle klomp bly my rasieleispan. Dankie maat.💝🌻
LikeLiked by 1 person
Jou skrywe is so mooi – uit die hart en soms laat jy my mondhoeke omkrul met jou kwinkslae. Jy het ‘n slag met woorde, weet jy 🌟.
Jy inspireer my sommer ook om nou iets te doen … maar gaats, dis aand en donker, rerig donker, dankie Mr (No) Electricity. Maar more gaan ek dalk vensters was, want ek kan nie brood bak nie (al is dit nie-kniebrood).
LikeLiked by 1 person
💝🙌😊
LikeLiked by 1 person