“If there is a heaven, it’s certain our animals are to be there. Their lives become so interwoven with our own, it would take more than an archangel to detangle them.” – Pam Brown

Sestien volronde jare saam. Oscar en my huis. Van klein bondeltjie aan my hakskeen vas soos Peter Pan se skaduwee. Jy het my mooi leer stap om jou nie raak te trap nie.

Sal ek jou mis. Geweldig en vreeslik. Jou liefdevolle ogies en kwispelstert. Daai kuifie en snotneusie. Hoe kwaad was ek as Bab terg dat jy liewer Snottie moet heet.

Ek sal mis om jou duisend keer op die bed te tel. Jammer vir die ongeduld die laaste tyd. Ons albei was moeg en verskrik oor die trekkery.

Jou ou lyf kon nie die teëls en trappe en gruisklippers buite hanteer nir. Jou halfblinde ogies wou nie die nuwe omte sien nie.

Daar waar jy gaan sê liefde vir Koda, Toto, Rufus en Seuntjie. Gaan speel weer laduma soos julle altyd het. Ek sal julle in die sterre soek.

Dankie dat jy lief en getrou was en altyd ongelukvry gebly het. Ek hoop jy kry jou tande terug. Tot ons weer saam kan wees. Tata my Oscar en mooi reis.Ek weet die rigting is opwaarts. Hemel toe.