“If there is a heaven, it’s certain our animals are to be there. Their lives become so interwoven with our own, it would take more than an archangel to detangle them.” – Pam Brown

Sestien volronde jare saam. Oscar en my huis. Van klein bondeltjie aan my hakskeen vas soos Peter Pan se skaduwee. Jy het my mooi leer stap om jou nie raak te trap nie.
Sal ek jou mis. Geweldig en vreeslik. Jou liefdevolle ogies en kwispelstert. Daai kuifie en snotneusie. Hoe kwaad was ek as Bab terg dat jy liewer Snottie moet heet.
Ek sal mis om jou duisend keer op die bed te tel. Jammer vir die ongeduld die laaste tyd. Ons albei was moeg en verskrik oor die trekkery.
Jou ou lyf kon nie die teëls en trappe en gruisklippers buite hanteer nir. Jou halfblinde ogies wou nie die nuwe omte sien nie.
Daar waar jy gaan sê liefde vir Koda, Toto, Rufus en Seuntjie. Gaan speel weer laduma soos julle altyd het. Ek sal julle in die sterre soek.
Dankie dat jy lief en getrou was en altyd ongelukvry gebly het. Ek hoop jy kry jou tande terug. Tot ons weer saam kan wees. Tata my Oscar en mooi reis.Ek weet die rigting is opwaarts. Hemel toe.



Ag jinne Erna, nou huil ek snot en trane!
LikeLike
Liewe Dina. Dis wraggies nou die rugbreek hou van al die omwentelinge. Hy het rêrig net swaar gekry die laaste sewe dae sedert ons intrek. Ons het geweet 16 jaar is ‘n groot geskenk en dat hy op leen tyd was maar tog is dit steeds flippen eina. My ander drie voel natuurlik aan iets is aan die gang. Hulle laat my nie buite sig nie. Liefdegroete.
LikeLiked by 1 person
Vir ‘n mens is trek en verandering traumaties. Soveel te meer vir so ‘n ou hondjie. Hy het seker nie verstaan wat aangaan nie. Sterkte en huil jou huile… dit sal help met al die spanning van die afgelope tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek is so dankbaar om op jou meelewing te kan staatmaak. Dankie geliefde blogmaat .
LikeLiked by 1 person
Liefde is al wat hulle vra en altyd bereid is om terug te gee. Jammer vir die verlies mater 💓
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Hy was so lank deel van my daaglikse bestaan. Reken sy afwesigheid gaan baie na die spookervaring van ‘n amputasie wees. Teenwoordig maar nie.
LikeLiked by 1 person
Ai my liewe blog vriendin … wat ‘n seer 😥. Jy onthou hom so mooi – 16 jaar is ‘n lang tyd en so ‘n afskeid is erg. Dra hom in jou hart saam (daar sal hy altyd wees). En mag ek hier ‘n boodskap vir Oscar los: “Liefste Oscar, noudat jy daar in die hemel is, soek tog vir Stoffel en Juliet – Stoffel is die mooiste spanjoel wat hierdie aarde nog bewandel het (hy’s die een wat dalk die hardste geblaf het toe jy daar kom, maar moenie laat dit jou afsit nie, dis maar net om jou welkom te heet) en Juliet sal jy naby die kos kaste vind, sy was altyd lus vir ‘n eetdingetjie (en wees tog gewaarsku, sy’s baie liefdevol en mag jou dalk oorval met soentjies). Stuur vir hulle liefde en se ons dink nog steeds aan hulle. Tot weersiens Oscar.” ❤️🐾
LikeLiked by 1 person
Liewe Blogmaat. Dankie, ek is seker Oscar en sy bende sal vir Stoffel en Juliet raak baljaar! Liefgroete en dankie. Ek s nou by daai “Dis nou genoeg. Basta”- oomblik in hierdie woeste omwenteling en ontworteling tyd. Ek gaan aspris my lewenstuimel, op ‘n sagter stadiger siklus stel, ek is gedaan.
LikeLiked by 1 person
Ja ne … mens voel net wanneer dit nou genoeg is. Ek bid vir rustigheid vir jou en tyd om asem te skep en net te wees 🌸.
LikeLiked by 1 person
Ouch! What a sadness in your lives … my heart goes out to you all. Oscar’s ‘place’ will always be there and don’t be surprised to find yourself still looking out for him as you walk. Precious memories abound – may you find some comfort in them.
LikeLiked by 1 person
Anne. Thank you. Ibthink his absence will be much like an amputee ghost limb for a long time. He lived through muchv with me. Thank you for your kind words.
LikeLike
Ek moes ook hierdie week vir my 15 jaar oue Jessie kat groet. Sy is op ‘n beter plek maar my hart huil vir haar. Ek mis haar lyfie en trippel spoortjies deur my huis. Dis nie lekker nie.
Ek dink aan jou!
LikeLiked by 1 person
Ag jinne. Ons klomp is omtrent saam in seer toegedraai. Ek dink aan jou ook. 💝👋
LikeLike
Ek ken daardie seer, daardie leemte. Sterkte
LikeLiked by 1 person
Jammer vir julle verlies 🤲
LikeLiked by 1 person
Dankie baie.
LikeLike
Ach Erna, wat verdrietig! Na zo lang samen te zijn geweest voelt een afscheid van een vierpotig familielid inderdaad als een amputatie. Oscar heeft alle verandering dus niet meer aan gekund… ik snap dat. Het maakt het des te moeilijker voor jou nu. Onze Odin wordt dit jaar 15… dat is voor zijn ras al stokoud. Ik weet dat we over niet al te lange tijd ook afscheid van hem zullen moeten nemen, maar daar wil ik nog even niet aan denken… Heel veel sterkte met het missen van Oscar 🐾❤️ 🐾
LikeLiked by 1 person
Hartseer hier in die lewe maar vredig bo in die wolke. Sommer aangedaan as ek die fotos so sien. Voel saam en met jou.
LikeLiked by 1 person
Liewe Ineke, dankie. Oscar en Trompie sal mekaar nou swaaistert ontmoet.
LikeLike
Hul gaan hul gate uit geniet sonder enige pyne.
LikeLiked by 1 person
Dis tog so hartseer
LikeLiked by 1 person
Swaar dra in die omwentelinge. 👋💝
LikeLiked by 1 person
Ai, woorde ontbreek! Dit is so baie seer
LikeLike
Ons mis hom. 💝
LikeLike