Maandag van week 5 van 2023. Dinge verander binne oomblikke. Vanmore leef ek knus tussen gevlerktes in ‘n paradyslike tuin. Leef ek waar ek die langste in my lewe ooit was. Op Waterval.

‘n Halfuur later hoor ek ons moet trek, weg, want die huis het nou nuwe eienaars. Eintlik al drie jaar nuwe eienaars, maar hulle het nou eers besluit dat my nes ‘n naweekhuis moet word. Ce Sera, sera.

My man en kind laat my die nuus weet. Ek hoor hulle ry. Ons het klaar ‘n ander blyplek gekry.

Dinsdag van week 5 word ek geruk deur die klank van hout wat knak en ‘n swaar werktuig se gedreun. Die mooie bosveld landskap neffens die huis word gestroop. Om plek te maak vir oesskade bestande boerdery praktyk. My hart ween oor veldbewoners wat skielik sans skuiling moet aangaan.

Dit reën op Waterval. Die hemel huil saam met my. Ons tyd hier is klaar. Die volgende geslag moet hulle staning maak. Dis hulle grond. Die huis was vir my en my liefies geleen. Dit donder en bliksem spieël toemaak sterkte.

Huis Waterval my nes tussen die berge word aans verruil vir omtes nader aan die stad. Kaal en oop. Almiskie het ek nodig om ver en wyer te kyk.

Ek moet nou vreesloos voort soos ‘n rivier na die see. Soos Kalil Gibran wyslik skrywe:

It is said that before entering the sea
a river trembles with fear.

She looks back at the path she has traveled,
from the peaks of the mountains,
the long winding road crossing forests and villages.

And in front of her,
she sees an ocean so vast,
that to enter
there seems nothing more than to disappear forever.

But there is no other way.
The river can not go back.

Nobody can go back.
To go back is impossible in existence.

The river needs to take the risk
of entering the ocean
because only then will fear disappear,
because that’s where the river will know
it’s not about disappearing into the ocean,
but of becoming the ocean.

Khalil Gibran

Ek lees raak om vas te byt en veerkragtig te wees is nie genoeg nie. Jy moet jou vasbyt kies, jou vlak van veerkragtigheid bepaal.

Die sleutel is om jou kennetjie te lig en te onthou jy is nie sukkelend en struikelend nie, jy is meermale midde in oorwinning of naby ‘n deurbraak

Jy kan kies om swaarkry Stienie te wees of jy kan kies om op jou innerlike kaalvoet oor die Drakensberge in te tap.

Soos Gary Player tereg oor sukses gesê het: “Hoe meer ek oefen, hoe gelukkiger raak ek.” Hoe beter ek my sterk vlak kies hoe veerkragtiger is ek.

So van krygers gepraat, ek laaik die: Gooi my met jou haat en nyd, jou afkeuring en kwaad, ek sal dit soos oorlog verf dra. Kry vir jou wrede wêreld vol eksug en onnadenke.

Dit is Sondag week 6 van 2023. Wat more inhou die weet ek nie. Op Waterval sous dit en die swembad is millimeters van oorloop. Wat week 7 sal bring ‘n verrassing of teleurstelling – die weet ons ondermaanses nie een nie.

My troos en reddingsboei is soos die dominee vanoggend so mooi beskrywe. Die Bybel is ons kaart deur die lewe, die Psalms die plek waar ons met God in gesprek kan tree. Rou en volkome mens soos Dawid. Die boek waar ons vrede kan vind as die kontoere van ons padkaart ons onverhoeds oorweldig. Ons bootjie as ons rivier af die grote see van verandering nader.

God, U is my God! Ek soek U! Ek verlang na U soos iemand wat baie dors is. Met alles wat ek het, begeer ek om by U te wees. Soos iemand wat water in die woestyn soek, soek ek na U. Ek verlang met my hele wese om U te aanbid. Ek wil u krag en u grootheid beleef. Dit is beter om u groot liefde te ervaar as om baie oud te word sonder U. Ek loof U daarvoor. Ek sal U met my hele lewe prys. Ek sal my hande in die lug steek om U groot te maak. Om U te prys maak my lewe vol en ryk. Ek loof U vir die goeie geskenke wat U vir my gee. Ek is bly oor U. Ek sal u Naam vrolik besing as ek gaan slaap of as ek in die nag oor U dink. U het my gehelp. U beskerm my en ek is baie bly daaroor. Met alles binne-in my wil ek aan U vashou. U dra my deur die lewe.
Psalms 63:2‭-‬9 DB
https://bible.com/af/bible/50/psa.63.2-9.DB