
Dis Kersdag. Vroeg. Sonopkomtyd. Die Watervalbende hol uitbundig die huis uit. Buite pêrelskulp die nuwe dag te mooi.
Die kakelaars klink soos ‘n alternatiewe jazz band wat ‘Die Heiland is gebore’ aweregs pleeg. Lieflike loflike nuwe dag. Die dag wat ons die koms van die Lig na die wêreld gedenk.
Ons Bron van krag en wysheid en vrede in ‘n wrede, woedende en ekkige wêreld.
Gister op Oukersaand sak die son. Deur die blinders val ‘n skag lig op ons Advent aftel blikboom. #ToeValLig. Ons harte klop warm. Dis so gepas. Die Lig van altyd en ewig se koms ons terwille is mos wat ons vier. Wat ookal ons omstandigheid.
Vandag is daar eerste en laaste Kersdae. Daar is afstand tussen geliefdes, daar is hartseer en pyn. Woorde wat ongesê bly, vergifnis wat weerhou word. Iewers wag ‘n ma alleen op die klop aan die deur wat nie sal kom nie.
In ‘n sinkhuis grom honger magies. ‘n Vrou kyk na haar stukkende gesig in die spieël. ‘n Dogter lê beangs en bid dat die deurknop nie sal draai nie. In Kherson maai Russiese bomme mense by ‘n kersmark af. Mag ons Heiland en Redder oral troos, uitkoms en vrede bring
Mag daar waar jy is Lig skyn. Ek bid vir liefde en vrede en vreugde. Mag dit deur klomp #ToeValLig oomblikke om jou skitter.
Geseënde Kersfees en allesbeste vorentoe.

Mag jy en joune vandag heerlik bewus wees van Die Lig
LikeLiked by 1 person
Seënwense aan jou huis. Allesbeste.
LikeLike
Mooi geskryf Vuurtjie. Mag Die Lig Alle duisternis verdring. Vrede
LikeLiked by 1 person
💐🤗💖
LikeLike
Lig en vrede in jou hart ook. Geniet elke oomblik van die God gegewe dag. Mooi loop.
LikeLiked by 1 person
Seënwense liewe Ineke.💝🌻
LikeLike
Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Mooi geschreven Erna. Ik wens jullie vredige dagen!
LikeLiked by 1 person
Vir julle ook seënwense en allesbeste.
LikeLiked by 1 person
Ek hou baie van julle blikboom (gemaak/gekoop?) – is eenvoudig, maar tog so mooi! Jou kerswens is pragtig en selfs nou, hier in die 3de week van die nuwe jaar, maak ek dit my eie!
LikeLiked by 1 person
Ek het dit jare gekede in ‘n geskenkwinkel raakgeloop. Made in China 😉. Hoe dankbaar dat my woorde vir jou iets beteken.
LikeLiked by 1 person