
Strome van seën wat sag op die sinkdak pittepatte maak my vroeg wakker.
Die wêreld om my slaap, my geliefdes en viervoetige kinders elkeen met hulle drome besig.
Met sonopkom giet daar 5mm uit die reënmeter. Ek bid vir Anne se Oos-Kaap en oral waar reën na gesmag word.
Dis koel bewolk en luivrou skons voel net reg om die liefies mee te bederf.
Wyl ek bak en die verrassing berei, bid ek dankie vir huise waar mense so saam sal wees soos hier op Waterval. Geborge, geliefd en geseën.
Ook dink ek met seer aan die wat vandag honger, seer, bang en alleen moet deur. Ag Heer, maak alle eina mense van U liefde en genade bewus.
My huismense kom soek koffie en die honde kaperjol en hol van blywees almal is wakker vreugde.
Die huis is deurspoel met RSG en Magdaleen Kruger se puik speellys vir vanmore se Loof die Heer.
Sir Harry Secombe sing Ode to Joy. Ek gooi sommer uit pure vrolike vreugde my arms in die lug en dans om die tafel. Luister saam en mag julle ook vreugde in klein dinge en in julle lewens en om julle tafels beleef. Groetnis
Pragtige lied! Die skons lyk heerlik … en so bly vir die vroegoggend reentjie. Alles wat mens se hart van dankbaarheid laat oorloop 💌.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Die dankiebeker loop oorstromend hier by ons. 💖
LikeLiked by 1 person
Nou is ek in met nuwe rekenaar… Dankie
LikeLiked by 1 person
Hallo liewe Tina. Dankie dat jy kom kuier!🌻
LikeLike
Dankie vir die gebede! Ons hoop om Dinsdag ‘n bietjie reën te kry 🙂 Dankie ook vir Ode to Joy!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n mooie weergawe. 💖
LikeLike
Dit bly maar ‘n pragtige lied. En ek is bly jy klink so vol blydskap en lebensfreude. Lwkker dag vir jou en joune.
LikeLiked by 1 person
Jy moet nou gesond word. 🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n opdraande stryd in hierdie weer. Dalk het ek nog meer slaap nodig?
LikeLiked by 1 person
‘n Wyse omie het my vertel dat as ons kranklik raak, vertel ons lywe en siele dat hulle uit sinchronisme is, en die enigste kuur is rus. Wees goed vir jouself.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n vrolike oggend kombuis so vol vreugde.
LikeLiked by 1 person
Geniet ek nou die lied. Dankie.
LikeLiked by 1 person
🤗🌻
LikeLike
Klink na ń veugdevolle oggend op Waterval. Pragtige opname
LikeLiked by 1 person
Dit was ‘n lieflike Sondag op Waterval.
LikeLike
ek kan jou sien vreugdes kaperjolle gooi en woefe wat saam bly tol. Eendag kom sit e aan vir daai liefdes gebak en heerlike koffie op die stoep
LikeLiked by 1 person