Die blog inskrywing moet eintlik heet: Die in-seksies-bereide-ete of Kosmaak ala loadshitting

Eishkom bedonner my hele herdenking spyskaart vir vanaand met ‘n loadshitting aankondiging wat douvoordag op my foon arriveer: Fase 2 (hier by ons van 09h00 tot 11h30) en dan Fase 4 (hier by ons van 17h00 tot 19h30).
Ek vlieg soos ‘n besetene en soen vir Rots so skrams, want my spyskaart!
Dis ons huweliksherdenking. Augustus se mannetjieswind waai sewe soorte waks uit ons uit. Loei om die Waterval opstal se hoeke, noop my om sommer vroeg die kaggel weer aan te steek dat die huis kan warm bly.
Hoe en wat gaan ek maak? Dis so net voor 07h00.
Sal maar in seksies kook en berei. ‘n Seksie hier en ‘n seksie daar.
- Sout skof in die stoompot, tiek . Sal na 12h30 hom verbruin en sous maak.
- Aartappel vir loadshitting bak in die lugbraaier gou skil en stoom in die mikrogolf. Tiek.
- Bone stoom vir Kombuistee-bone. Sal Suurroom sousie ook na 12h30 maak.
- Hubbard Skorsie pampoen gou gaarmaak en 12h30 Biebs se pampoenpaai met die taai sous maak.
En toe…alles gedoen, gebad, hare gewas, kom 09h00. Die krag bly aan.
Sowaar voel ek nes die meisie van TikTok wat vertel die land breek ons. Hier is ek. My te pletter gekook en berei en die blerrie krag is aan.
Is dit nou selfhelp loadshitting? Amper rêrig lus om die hoofskakelaar te gaan afsit. Net toe ek begin lag oor die absurditeit van ons lewe met Eishkom, meld die ou wat ons lyn se krag afsit om 09h25 aan.
Verlengkoorde word aangelê, yskas proppe word ingeprop, wifi se kraglyn aangelê en die ou generatortjie poef-poef wyl die wind die klank nader en dan weer ver laat trek.
Ek skryf my liefbrief vir Rots en dokter vir Tante wat effe onder die pomp voel. Hoop sy voel gou beter dat ons almal vanaand saam kan aansit. Oudste tante kom ook kuier.
11h15 kom Elisa om die skryfkamer se deur loer. Eskom is back. Mmf. Etlike minute vroeër as 11h30!Daai een wat ons lyn aan en af skakel het ‘n gawe streep.
Ek begin voorbereidings vir prei- en aartappelsop wat ek donkertyd in die mikrogolf kan warm maak, met Herman Lensing Ciabatta broodjie.
Lekker kan ons dit geniet om die kaggel en darem nie omkap voor die krag weer aangaan nie. Het jy geweet ciabatta beteken “slipper.” Pantoffelbroodjies. Hehe.
Net na 12h00 arriveer Bab, sy het Amarula poeding en kaaskoek by nommer 13 by die tuisnywerheid gekoop. My spyskaart is voltooi!
Wela kepêla Eishkom. Onderkry die sal julle nie. Ons is kaalvoet-oor-die-Drakensberg planmakers.
Kom ek deel die Kombuistee-boontjie resep met julle. Dit kom uit my Huisgenoot Wenresepte 3. (Klaarblyklik word moord en oorloë oor die edisie in baie families beplan, die boek is skaars verneem ek.) Die boek is vol meel, stroop, botter merke, want in sy blaaie is klomp gunstelinge wat oor jare op my tafel verskyn het.
Die paragrafie bokant die Gebakte Bone resep vertel van ‘n Doulina van Pongola wat die resep by haar skoonsus Mavi gekry het met haar kombuistee. Ek sê dankie Mavi, en noem dit Kombuistee-boontjies.

Ek voel soos ‘n kampioen.
Gaan netnou ‘n mooi tafel dek en my man en familie verras met lipstiek en van my mooi-moois wat ek bitter selde aantrek.
Jy is ‘n kampioen!!! Knap gedaan
LikeLiked by 1 person
Dankie Someone….
LikeLike
Eishkom maak van ons planmakers duisend!Jou spyskaart sal enige gas se hart verbly. Geniet julle vieringe en samesyn met die familie.
LikeLiked by 1 person
🤩
LikeLiked by 1 person
Jinne maar jy was vandag ‘n besige bytjie en jy het sowaar vir EISHKOM gefnuik! Geniet julle partytjie en lyk mooi met jou rooi lippies.
LikeLiked by 1 person
🤩
LikeLike
Oooo, hoe lus ek nou daai boontjies! Julle moet lekker kuier vanaand.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie. Die ligte is pas af. Dankbaar vir die seksiegeite vandag.🌻
LikeLiked by 1 person
Hmm, ek hou van daai homonieme…
LikeLiked by 1 person
☺️
LikeLiked by 1 person
Eksdom het jou nie gefnuik nie! Daardie boontjie resep lyk baie lekker … vir nou, sal ek maar eers net wegle aan die pak chips (annerdag, sal ek die boontjies byvoeg, want die het ek nie nou nie). Geniet die (kerslig) ete!
LikeLiked by 1 person
Dankie!🌻
LikeLiked by 1 person
Ons Eishkom ‘af-tyd’ was dieselfde asjule s’n vandag. Ons is nou al gewoond om planne te beraam om die ‘load-shedding’ in ag te neem. Ek is bly julle kan tog lekker kos eet en die spesiaale dag saam geniet.
LikeLiked by 1 person
Wouw jy is ń planmaker duisend. Klink na ń feesmaal.
LikeLiked by 1 person