
Dis ‘n stil Sondag more en ek is besig om skottelgoed te was en middagete te berei. So alles in een aksie. Sommer lekker saam geneurie deur Magdaleen Kruger se “Loof die Here” program. Seëninge getel en reënboë in die seepborrels van die opwas water gesien. Die oggenddiens op RSG begin. Die dominee se stem kom oor die eter:” Moed is nie die afwesigheid van vrees nie. Dit is die bemeestering daarvan. Moed is die bereidheid om die makliker weg prys te gee vir die moeilike weg.”
Om sy stelling te illustreer vertel hy dat die beroemde gedoemde Titanic was in omte van drie skepe toe die ysberg haar tref. 10km ver hoor die Samson se bemanning die noodroep. Hulle wou nie help want hulle was besig om skelm robbe te jag. Dertig kilometer ver hoor die Californian se kaptein ook die SOS-boodskap. Hy was bang om yssee in die donker aan te pak. Hy en sy bemanning besluit om eerder teen daglig te gaan hulp verleen.
Die Carpathia en sy bemanning was 100km ver, besig om in teenoorgestelde rigting te vaar toe die angswekkende hulproep hulle bereik. Die kaptein het dadelik omgedraai, die donker en gevaar trotseer.
Hulle het 705 passasiers gered. Moed in aksie. Dink net as ander twee skepe vreesloos was.
Ek dink aan Josua, Abraham, Moses, Dawid, Paulus en soveel voor ons se voorbeeld. Moedige geloofsvertroue in aksie. Ek staan stil in dankbaarheid vir Jesus se koms, Sy leiding en voorbeeld, Sy lyding en sterwe en Sy ewige genade geskenk aan ons tydelike wesens.
Maandag ontvang ek ‘n WhatsApp video met verse om vrees in moed te omskep.
Verstom oor hoe die los verse ‘n bemoedigende gesprek uit God se hart is.
“Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!”
Deuteronomium 31:6 DBOnthou, dit is Ek self wat jou hierdie opdrag gee: wees sterk en vertrou My met alles in jou! Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou waar jy ook al gaan.”
Josua 1:9 DB
Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm. Jesaja 41:10 DBAs ek begin bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou.
Psalms 56:4 DBEk wil die Here heeltyd prys; ek sal Hom dag en nag met lofliedere loof. Ek sal liedere oor die Here sing om Hom te eer. Almal wat hulp nodig het, sal dit raaksien en saam met my bly wees. Kom, julle, kom maak die Here se Naam saam met my groot. Kom laat ons Hom vereer. In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen. Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig. Mense wat swak is en hulp nodig het, sien dit raak. Hulle gesigte straal van blydskap. As hulle die Here se hand styf vashou, sal Hy hulle nooit teleurstel nie. Kyk maar na my. Ek was swak en hulpeloos. Toe het ek gebid en die Here het my gehelp. Hy het my uit al my krisisse gehelp. Die Here stuur sy engele om mense te beskerm wat Hom dien. Hy verlos hulle wat Hom aanbid. Julle moet self kom ervaar hoe goed die Here is. Jy is baie gelukkig as jy van die Here afhanklik is om jou op te pas. Julle almal wat aan die Here behoort, kom dien Hom. Onthou, die Here voorsien in elke behoefte van mense wat Hom dien. Jy sal niks nodig hê nie.
Psalms 34:2-10 DBMoenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie. Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.
Filippense 4:6-7 DBPlaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg.
1 Petrus 5:6-7 DBChristus het presies dit kom doen toe Hy op aarde was. Hy het nie na sy eie belange omgesien nie, maar na dié van ander. Dit is soos die Bybel sê: “Al die beledigings wat die mense na u kant toe gegooi het, het Ek gedra. Dit het alles op My afgekom.”
Romeine 15:3 DBDie Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.
2 Timoteus 1:7 DB
Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.
1 Johannes 4:18 DBEk bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil.
Verse uit Die Boodskap
Romeine 15:13 DB
Dis nou weke later en wraggies vanmore op die Bybel toep is Psalm 56:4 die oordenking teks. “As ek bang word Here, besluit ek net daar om op U te vertrou.”
Skrik en vrees kan mens verskeie opsies laat kies. Jy kan paniek, of erger geweld kies. Of na drank gryp of sommer net stoepid besluite neem. Stry.
Onsekerheid, twyfel, bang, angs en al hulle verwarde maatjies het al menige verkeerde tuinpaadjie se hekslot oop gesluit.
As ek nou doodeerlik moet wees, is my lewens tuin nie omhein met netjiese palissade nie. Nee, my tuin is omhein deur al die verkeerde tuin hekkies wat ek in angs en vrees en koppigheid sommer oopgeskop het. Dankie tog om nou terug te kyk en al die hekke se slotte is mooi gesluit, want soos Koos Doep sing: “Elke afdraai paadjie ken ek, elke keer het ek verdwaal, maar elke keer het U my iewers kom haal,” het ek gevind dat God my nooit verlaat het nie, Sy getrouheid en liefde vir my gevolg en ek is gaan haal op my dwaal pad, en terug gebring tot hier waar ek niks hoef te doen behalwe vashou aan die Vader se trou nie.
“Elke afdraai paadjie ken ek
Koos du Plessis – Gebed
Elke keer het ek verdwaal
Maar elke keer het U my iewers kom haal”
Bang en ontstel gaan ek nie meer nie. Moed gaan ek hou. Max du Preez pleit op 5 Julie op Vuisboek so mooi dat ons moet vasbyt. Dana Snyman kyk meer na moedige en empatiese medeburgers en na wat werk as hy moedeloos voel oor ons land. Hy skrywe in Beeld: “Open my oë, laat ek dit nie sal miskyk en vergeet elke keer wanneer ek dink of sê of skryf daar is geen hoop meer vir hierdie land nie.”
“Open my oë, laat ek dit nie sal miskyk en vergeet elke keer wanneer ek dink of sê of skryf daar is geen hoop meer vir hierdie land nie.”
Dana Snyman
Hier is iets waarna ons moet oplet. Die moed hou, die vasbyt en die moeiliker keuses maak want alles sal oukei wees. Dit sal. My hart en siel vertel dit. Ons Pa belowe dit.
Stap oral in asof God jou gestuur het, staan vas en seker en sterk. Dis hoe ons op die lewe se stormsee, soos Carpathia se bemanning, Titanic passasiers sal red, onsself ook. Selfs al word ons verplig om op kerskrag staat te maak.

Dis ‘n baie mooi vertolking van “Gebed” – dankie vir die bekendstelling, Erna. “Moenie bang wees nie” is ‘n wonderlike leuse.
LikeLiked by 1 person
Genoeg keer in die Woord herhaal dat daar vir 365 dae die blye opdrag is.
LikeLiked by 1 person
Ek staan telkens verstom oor hoe mens soms met ‘n bepaalde boodskap “gebombardeer” word wanneer dit by jou moet ingang vind.
LikeLiked by 1 person
Amen ja.
LikeLike
Reblogged this on YAHWEH-NISSI.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die herblog.
LikeLiked by 1 person