Genugtig. My Oscar brakkie, tandloos en in hondejare Metusaleg oud is verwoed verward en sommer net vol klutskwyterriggeite. Hy pik verward rond en kerm en kla or alles, vergeet dat honde buite moet piepie, weet nie wanneer hy laas geëet het nie, loop en bedel en dan as hy tot rus kom lê hy sommer ongeskik oopketel en slaap in geselskap.


Hy laat my dink aan die stand van die omtes om my en ook ons land en die wêreld in die algemeen. Skoon klutskwyterig.
Terwyl ons oral nog worstel met Covid-19 se nagevolge en verwoesting op ons lewens, sekerheid en asems, is dit al meer as 100 dae wat die mense van Oekraïne se lewens ontwrig is ontwortel is deur ‘n malmok wat onder die vlerke van ‘n kerkman reken hy mag maar ‘n militere oefening op mense ontketen. Rararaspoetin lover of the russian queen…so herhaal geskiedenis. Klutskwytererige egoisme.
Nogal naïef het ek gereken dat die globale pandemie-skrik die ondermaanse ‘n sagter, meer empatiese plek sal maak. Aweh, hoe kon ek so mistas. Oorloë, selfsug, materialisme, mangelliefde het net ‘n sesde rat bygekry. Helaas.
Terwyl gewone mense hul lewens aan skerwe sien spat daar ver in Oekraïne, en hier by die huis, kom ‘n banale Hollywood huismoles om die aandag af te lei. Jack Sparrow en Amber Turd. Bewerings van misbruik, slanery, en poef in die bed. Jô. Ja nee. Nè. Vanmore lees ek die volgende ‘men too’ is Brad vs. Angelina. Siestog.
Dit terwyl mense in Soedan vergaan aan hongerte. Myle agter gerugte van reën met hulle bokke loop, om te hoor die reën het nie gekom nie. Daar is nie weiding nie. Hulle manier van lewe is nie meer volhoubaar nie.
In die ‘land of the free and the brave’ hou hulle verhore na die kakste weergawe van ‘LesMisrables’ en daar is sprake dat Trompie wragtig weer gaan probeer om brekfis in die Withuis te eet. MFM. Dit terwyl hulle regte weekliks mense die reg gee om ander met aanvalsgewere uit te wis. Amerika het sielsondersoek nodig. Miskien ons almal. Klutskwyteriggeit is groter as enige pandemie.
Klutskwyteriggeite het baie te maak met ekkiggeite. Met ek-regte. Wragtig, die hemel ween.
Hier aan eie bodem sit ons ademloos en wag vir die Guptas om oranje pakke te kom dra. Maar of dit nie genoeg is nie, het iemand nou wragtig miljoene uit ‘n stoel in Ramaposiedoringrosie se wildsplaashuis gegaps….aweh.
So terwyl ek sit en skryf, fok my brein links. Skoon klutswyterig. Waarheid is vreemder as fiksie. Ons leef in magtelose en woedende skreeu ten hemele geite wat ons self veroorsaak.
Die engele kyk liewer annerpad oor ons mensies wat plek by hulle kan kry. Vergewe ons ons klutskwyteriggeite. Sela.
Joe, jy laat mens dink! Puik skrywe, Erna!!
LikeLiked by 1 person
Weke lank klutskwyt wroeg ek, en toe onthou ek van blog en snoer en sê.
LikeLiked by 1 person
Ja mens vergeet van blog. Dis mos die plek om mond uit te spoel en verligting te kry vir jou stres!
LikeLiked by 1 person
Hier is jy!! Ek het al begin wonder oor jou en die mense en diere van Waterval. “Klutskwyteriggeite” – watter wonderlike woord!
LikeLiked by 1 person
Frannie, die ondermaanse en mensgoete het my al ‘n ruk laer as slangsleepsel, en toe onthou ek ek mag vertel. Want iewers voel iemand anders ook só.
LikeLiked by 1 person
Ek was nog altyd so half-en-half die kluts kwyt, maar ek stem volkome saam met jou stelling oor ekkiggeite. Wat het geword van die dae toe ons die samelewing in ag geneem het? In die drein af die oomblik toe ons ook bewus geraak het van hoeman raaits – die individu se reg om oor alles wat nie sy eie siening weerspieël nie te kak-en-kerm. Ek is so gatvol vir snowflakes en boelies.
LikeLiked by 1 person
Snowflakes en boelies….rararaspoetin, ek staan saam met Selensky en sy mense. Genoeg is genoeg. Veg ten bloede vir wat saak maak.
LikeLiked by 1 person
You are spot on – and I have learned a wonderful new word 🙂
LikeLiked by 1 person
discombobulated is the English word…
LikeLiked by 1 person
Klutskwyteriggeit … dit moet een van die mooiste woorde wees wat ek nog gehoor het! Maar hoe gaan ek dit ooit onthou? Ja, ek skud my kop waaroor die mense (media?) op hol gaan … dit, terwyl daar veel ander belangriker dinge is wat mens se aandag (en bid krag) nodig het!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly my woord vind aanklank.
LikeLiked by 1 person
Oe lala hier is ou Luigi dieselfde. Hy het darem nog paar tande. Maar hy snork vreeslik as hy slaap. Van die wereld wat telkens weer in sirkels verby kom maak nie saak wanneer. Altyd dieselfde sirkels. Bly om iets van jou te lees. Sterkte doerdie kant van die wereld.
LikeLiked by 1 person
Hallo Scrapy. Dankie dat jy kom inloer. Groetnis van ysige Waterval.
LikeLike
Jong jy moenie nog praat van die weer nie. Ons het storms, reën, donderweer, hael, wind wat skrik vir niks hele verlede week gehad. Hul noem dit ‘n weather train, een kort op die hakke van verbygegaande een. Koue het ook toegeslaan. Ski-oorde is reeds vol gesneeu. Brrr, vandag het sonnetjie bietjie geskyn(dis nou Dinsdag gewees.) Sooo bly jyhet weergeskryf. Het selfs dele vir my skoondogter gelees( sy weet en ken mos alles, jy’t egter haar voete onder haar uitgeklits met jou pittige skrywe)
LikeLiked by 1 person
Ag hoe lekker om te weer my griffels gee plesier! Daai weertrein gedoente klink ekstreem. Is julle nou al op die plaas? Ek kan nou nie onthou nie.
LikeLike
Ja op plaas. Kindes is al 5 weke hier en ek het voorverlede Sondag ingetre in my kamer. Kry toe maagvirus en is weer terug in ou huis omdate ek nie water en toilet in my kamer het nie. Ek kamp omtrent hier uit. Sal nog als neerskryf en vertel. Alles het te vinnig beweeg vir my om tyd te hou. Die wwertrein was baie ongewoon gewees. Warm lug van Australie af wat gebots het met koue lug van Antarktika. Erge botsing veroorsaak in die lug.
LikeLiked by 1 person
Dit klink woelig daar by jou. Hoop jy is sommer gou tuis en gerieflik. Die weer is oral angswekkend. In Amerika was daar brand plus so botsing van weerstelsels. Dink dis in Houston. Die nense het geen krag vir lugversorging en vreeslike hitte.
LikeLike
Dis sleg van lugversorging. Mens besef nie hoe belangrik krag in ons lewens geword het nie. Het ‘n lekker flitslig by my seun gekry want die lopery in die donker om badkamer te besoek is maar gevaarlik vir ‘n ouer mens wat nie meer so vas op haar voete is nie.
LikeLiked by 1 person
Ag jinne, Oscar het die skattigste gesiggie. Is hy al beter Vuurtjie? Ek dink jy het ‘n formidabele woord daar beet. Ek dink dit beskryf perfek wat in die wereld (en kerk) aangaan… As elkeen maar sy eie ekkigheid kan laat staan en meer vir ander omgee. Knap gedaan met hierdie skrywe
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels. Oscar is kronies vol klutskwyteriggeite.😉
LikeLike
Klink baie soos ek daai
LikeLiked by 1 person
Bwaha. Jy is g’n so oud dat jy daai vlak van klutskwyeriggeite kan hê nie.🤪😉
LikeLike
bhahaha, I hope…
LikeLiked by 1 person
Mooiste hond. Gelukkig vir mooi dinge in die lewe wat mens se aandag van die sirkus daarbuite kan aflaai.
LikeLiked by 1 person
Hallo Daisy. My mooi Oscar is poetinraspoetin mallerig klutskwyterig van ouderdom. Mooi is hy, lief is ek, maar ek hou nie altyd baie van sy nuwe maniere nie.🤪
LikeLiked by 1 person
‘n Lekker lees met baie waarheid, hoor!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom kuier en my griffels geniet.👋
LikeLiked by 1 person