Dis weer daardie Saterdag….die stil een met Jesus in die graf.
EK sit lekker op die groot stoep en luister vir die reën en die rammeling van die donderwolke. Dis net die reën, alles is verder stil.
Hoe was dit daardie eerste Saterdag na Jesus begrawe is vir Sy geliefdes en volgelinge? Kan jy jou die rou en seer en skok indink? Die Messias is weg. Ek verbeel my hoe die mense rondom Pilatus en die Joodse Sanhedrin die Jesus volgelinge bespot het.
Het die dissipels onthou om brood te breek en wyn te drink soos Jesus hulle geleer het? Het Martha almal bly dien en Jesus se ma, Maria? Was haar trane op?
Ag, dink jou in. Daardie eerste stil Saterdag voor Jesus die dood oorwin het. Terwyl almal in rou gedompel is, moes Hy volkome verlate, selfs aan Sy Vader ontdaan, deur hel gaan vir ons almal.
Die storm hier op Waterval het bedaar, die reën ruis nou sag…
View original post 35 more words
Mens wonder nogal hoe dit was. Baie in rou en baie ongelowig tog was daar die wat vas geglo het. Baie bly Waterval het reen gekry. Elke druppel help om deur die winter te kom.l
LikeLiked by 1 person
Scrapy, jy gaan jie glo nie. Ek het die blog in 2019 geplaas, toe het dit gereën, en sowaar hier waar ek sit en skrywe, 09h00 op Waterval het die reën pas uitgesak. Salig op 2022 se Stil Saterdag.
LikeLike
Dis te heerlik en wonderlik ook. Ek het bv toe ek skool gehou het elke jaar in Februarie vir twee weke oor die weer gesels met kinders. Elke jaar dieselfde twee weke was daar oorstromings in Natal wat dit lekker gemaak het omdat daar baie berigte oor vloede en die weer was daardie tyd. Dit was in tagtiger jare.
LikeLiked by 1 person
En op ‘n ligter dog ernstige noot.
Dit is dan nou 6 uur in Diereland al is dit later in menseland en hier volg Paashaasdas se nuuskas. Sekretarisvoël het bekend gemaak:
DIE HEER, DIE HEER HET OPGESTAAN – DIE HEER HET WAARLIK OPGESTAAN.
LikeLiked by 1 person
Hallelujah sing al die diere luidkeels, tot die 🐃😇. Geseënd Abri. Het jy lekker gereis en gerus?
LikeLike
Jy laat mens dink. Was hul verslae? So verslae dat hul niks onthou het van Jesus wat gesê het dit gaan gebeur nie? Ek kan dink ek sou vergeet het… veral as mens rou oor jou Meester wat skielik weg is.
LikeLiked by 1 person