
Op 25 Januarie 2021 het ek my gesin, en my eie sieleheil, ter wille ‘n kers aangesteek. Gister besef ek dis 365 dae later. Die bidboom het plek vir ‘n kers en blikengele plek gemaak. My redes nog net dieselfde as ‘n jaar gelede. Die kers het nog nie ophou om in my wakker tye te brand nie. 365 maal twee kersies per dag. Twee keer elke dag sedert 25 Januarie 2021 het ek stil gestaan en my asseblief en dankie hemelwaarts gestuur vir vreemdes en geliefdes.
Daar het nou reeds 671 Corona dae verby getik. My huishouding se begin draai nou om die stil oomblik by die kers. Om dankie te sê vir genade, en asem en ‘n nuwe dag. Nog nie ‘n onderbreking aan die ritueel nie. Dis heilige, versterkende oomblikke.
Julle onthou hoe ek oor die bidboom, en die swartsak vir die swaweltjies vertel het. Die arme swaweltjies se beskermde nes is mos toe anderdag in ‘n haelstorm verwoes, Rots se sinkplaat beskerming ten spyt.
Wel, hulle het nie gevlug nie. Verwoeste nes, gebreekte eiers, verpletterde toekoms ten spyt. Die twee het oor begin. Hulle het ‘n paleis gebou. Bekkie vir bekkie modder. Vanmore met die wakkerword, hoor ek hulle regmaak om hulle pasgebore kroos te begin kosgee.
In stil vertroue het hulle uit puin ‘n nuwe lewe gebou.
Vanmore toe ek op dag 671 se kers aansteek kon ek bly dankie sê, dat ons tot hier gekom het, drome kon aanpas en elke dag rede vir lof en dank met die kers na die hemelse wierookbak van versugtinge en gebede kon stuur.
Pema Chodron se wyse woorde vind in hierdie nie-weet-wat-wag-tye by my aanklank. Dat ons in alle omstandighede spasie moet laat om nie ten alle koste te moet weet wat die resultaat sal wees nie.
Things falling apart is a kind of testing and also a kind of healing. We think that the point is to pass the test or to overcome the problem, but the truth is that things don’t really get solved. They come together and they fall apart. Then they come together again and fall apart again. It’s just like that. The healing comes from letting there be room for all this to happen; room for grief, for relief, for misery, for joy. When we think something is going to bring us pleasure, we don’t know what’s really going to happen. When we think something is going to give us misery, we don’t know.Letting there be room for not knowing is the most important thing of all. We try to do what we think is going to help. But we don’t know. We never know if we’re going to fall flat or sit up tall.When there’s a big disappointment, we don’t know if that’s the end of the story. It may just be the beginning of a great adventure.
Vanmore kom ek met ‘n bedelhart na die kers toe.
Ek het net my leë hande om uit te steek.
Ek weet nie wat more inhou nie.
Ek weet gister is verby.
Dis net hier en nou.
Gaan ons die vele daaglikse uitdagings die hoof bied?
Sal ons die pes oorwin?
Sal ons sekereheid wat verlore is herwin, of wag iets nuut op ons?
Dankie vir die voorbeeld van die swaeltjies se aanhouer aard, dat seer en ongeluk hulle nie stuit nie. Dat hulle iets beter as voorheen kon bou.
My oggend boodskap na die hemelwierookbak is vol dankie en asseblief. Dat ons in eindes en nuwe beginne sal weet ons kan vertrou dat ons Vir Altyd Pa saam met ons is.
Die swaweltjies is vir my ‘n kosbare voeltjie – hulle deursettingsvermoe is wonderlik om te aanskou. En jou bidkers is ‘n groot inspirasie 💌.
LikeLiked by 1 person
‘n Kosbare boek, A single Swallow, deur Horatio Clare se inleiding lees so: ‘ I am Inkonjani, the lightining bird, the breaker of cliffs; I am the bird that brings the rain. My name is Nyankalema, the one who never gets tired; I am Tififiliste, I am Ifelis, you have heard me say my names. I am Giri Giri, a magical charm: if you catch and eat me you will be protected from car sashes, plane crashes, boating accidents and train wrecks, proofed against the perils of the road – but only for five years! For I am the snapper-upper, the here-not-there. Through me Isis crossed from life to death to visit her murdered beloved, Osiris. (One night several thousand years ago I fluttered arounf his remains, walled up his column in Byblos) I am sacred, holy, a sign of God’s grace. I put out the fire in the Temple in Jerusalem – have you not seen me scoop up water as I go? My name is Sisampempa (in KWangali) and Lefokotsane, and Malinkama, as they know me in South Sotho. Swawel is my Afrikaner name. The Shona people say ‘Nyanganyena!’ when they see me(you have nearly heard that before), like ‘Nyenga’, which the Tsonga people say. ( The Tsonga people also call me Mbwalana – in many languages I am called two things.) The Xhosa call out ‘Udilhashe!’, ‘Ulelizapholo!’, and they are very fond of me, or knoow me well, because they also know me as the Lightining Bird and say ‘Inkonjani!’ which is my Zulu name. Here in South Africa I am intaka zomzi, bird of the home. None of the Nguni people would ever harm me, because I bear a message from their ancestors: “Life in the next world is richer, better: None who honour me should despair.”
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dis so mooi … een klein voeltjie met baie name (en soveel betekenisse)!
LikeLiked by 1 person
Geliefd oral.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou boodskap van hoop. Ons moet net deursien dit wat ons kan hanteer, en hoop dat die res vanself in plek sal val. Moedeloos en desperaat moenie in ons gemoedere nesskop nie.
LikeLiked by 1 person
Dis die beste strategie, mater. 😘
LikeLiked by 1 person
Time is that fleeting moment when the future passes into the past. Grasp it. Embrace it. Make it your own. – Unknown.
Die swaweltjies kom elke jaar hier om hulle modder huis te bou. Elke jaar moet hulle dit meer as een keer bou en elke jaar besef ek dat hulle vir ons ‘n les leer. Dankie dat jy vandag jou gedagtes met ons gedeel het.
LikeLiked by 1 person
Ek het vyf gesinne se modderhuisies wat jaarliks herbetrek word en een stel wat herbou. Dis aaneenlopende vreugde en lesse.
LikeLiked by 1 person
Liewe maters. Moet nou met julle deel. Die stoepswaweltjie het verkeerd gemik en het nou in die voorhuis oor my kop kom swiep. Rustig. Ek het die skuifdeur sag oopgemaak en woerts, uit is hy lig toe. Dit voel of hy kom sê het my vertel van hulle is goed so. 😇
LikeLiked by 1 person
Pragtig geskryf, soos net jy kan!
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Dina. Jy en joune staan dikwels saam met my in die kers aansteek oomblikke.
LikeLiked by 1 person
Dankie ek waardeer dit baie!
LikeLiked by 1 person
Daar is altyd tye wat ons nie sal weet of dit is of gaan wees nie. Uiteinde is tog altyd die beste.
LikeLiked by 1 person
Dis altyd so lekker om by jou te lees, jy het net daai manier om goeters raak te skryf
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy nog kom kuier. Ek is dankbaar as my warrelgedagtes iewers ‘n verskil maak.
LikeLiked by 1 person
Ek kuier deesdae min op die blogs en skryf nog minder, maar so af en toe lees ek sommer ‘n hele klompie. Altyd lekker as ek iets van jou raaklees
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLike
Pragtige skrywe, Vurige. En buitegewone beelde. Is die “Things falling apart” jou skrywe? Laat weet. Dankie vir die steun met “Politiek” – groetnis, willem
LikeLike
Dankie Willem. Die “Falling apart…” is Pema Chodron se wyse woorde. Groete
LikeLike