Na ‘n jakkals trou met wolf se vrou bui reën sien ek in die sakkende son die papierdun roos. Op haar einde, maar steeds broos mooi.Foto: Erna Maré 2022
My dierbare waghond sonder tande, Oscar (14 mens jare oud) het laat my glimlag toe hy die klouende delicious monsters se foto betree. Ek dink aan Psalm 62:2-3: Net by God vind ek rus,van Hom kom my redding.3Net Hy is my rots en my redding,my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. Al wankel ons sal ons bly vashou aan Sy troue liefde.Foto: Erna Maré 2022
Soos die ontluikende sonneblom, so vou nuwe hoofstukke in ons lewe oop. Elkeen op Sy tyd, planmatig en mooi. Foto: Erna Maré 2022
Blom waar jy geplant is. Foto: Erna Maré 2022